Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 138

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 138 -

MARTIN IN 'N TOETSWEDSTRYD TUSSEN WYSHEID EN LIEFDE MET DIE DRIE SON-MEISIES.

(Terwyl Martin nog steeds peins, het die drie meisies begin glimlag, want hulle het in sy oë en lippe gelees wat hy mompel. Nou praat hulle met hom): "Vriend, ons weet reeds waarom jy ons nie antwoord nie. Jy is swak, nog baie swak en jou inherente swakheid kreupel jou wysheid en jou tong. Vind jy ons regtig so mooi en aanloklik? Indien wel, vertel ons dit ten minste hardop."

(Martin is al by die punt om na die eerste van die drie te hardloop, maar hy ruk homself reg en sê): "Ja, heerlike kinders, julle is volmaak mooi. Maar julle is te wys, wat julle skoonheid tot `n sekere mate bedek en julle vir my draaglik maak. Ek is nie te dol oor buitensporige wysheid nie. As julle my wil hê as vriend, moet julle uit liefde met my praat en nie uit wysheid nie. Julle het `n prys gebring om aan my toe te ken as julle my van groot wysheid vind, maar ek moet julle vertel, dat ondanks julle groot wysheid, maak julle `n fout waar dit my aangaan. Ek sal nooit so `n prys aanvaar nie, want ek ken net een prys wat die moeite werd is om te hê en dit is liefde verpersoonlik in God die Meester, vir Wie julle ken as die Oergees wat alles geskape het. Dit alleen is my prys, wat ek reeds vir ewig aanvaar het en ek het geen nut vir julle wysheid-prys nie. Daarom, gee dit vir wie julle waardig ag, maar laat my alleen." 

(Die drie): "Luister goddelike vriend, sover het ons nog glad nie jou wysheid getoets nie en siende die gees in jou, sou dit in elk geval vergeefs wees. Dit sou sekerlik nie wys van ons wees as ons enige ander gees sou aanspreek buiten die een wat ons in jou bespeur het nie! Jy het die prys genoem wat jy reeds besit en jy is reg om dit bo alles te waardeer. Maar daarop moet ons die volgende uitwys: Die Oer, alles skeppende Gees is ondeelbaar. Sonder twyfel is liefde Sy kern, maar hierdie liefde sluit ook die oneindige wysheid in. Kan jy die liefde prys sonder om die wysheid in te sluit, die lig van alle ligte? Dink jy nie, vriend, dat jy `n fout maak met jou haastige gevolgtrekking nie. Of hoe kan jy die liggaam alleen wil hê, maar die kop verwerp? Verduidelik dit asseblief aan ons."

(Martin is nogal stomgeslaan hierdeur en sê vir homself): "Kyk net, hulle het my reeds! Maar nou, terug na volle erns! As hulle net nie heeltemal so lieflik was nie, sou dit baie makliker wees om met hulle te werk, maar met die oorweging van hulle lieftalligheid, verg dit uiterste kalmte om regtig in staat te wees om met hulle te praat, met ten minste `n bietjie erns. Hulle wag op my antwoord met die mees heerlike verwagting en soetste ongeduld. Maar wat sal ek hulle vertel? Hoe kan ek hulle die waarheid vertel sonder om aanstoot te gee aan hulle ore wat aan die harmonieë van die hemel gewoond is? A, ek weet wat ek hulle sal vertel, op die mees taktvolle wyse natuurlik, dit sal hulle laat dink. So, hou moed, in die Naam van die Meester!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205