Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 140 -

MARTIN IN 'N DILEMMA. PETRUS SE BEMOEDIGENDE WOORDE. MARTIN SE GOEIE ANTWOORD.

(Met hierdie woorde, is Martin in die verleentheid en weet nie wat om te sê nie en hy sê saggies vir homself): "Nou is ek werklik in die knyp! Wat kan ek sê? Hulle is op elke punt reg en ek is `n esel en `n bees, met `n wysheidshoed op my kop. En nou kom hulle met `n tweede hoed!! Ag, liewe broers, help my uit hierdie dilemma."

(Petrus): "Wees geduldig broer en aanvaar hierdie beproewing en dinge sal binnekort verbeter. Bly net dink. Jy sal sekerlik `n paar antwoorde vind. Maar bly ernstig en laat geen plek vir argumente nie, maar dring aan op wat jy beweer. Praat met hulle soos `n onderwyser en jy sal binnekort in staat wees om hierdie voorhoede te beheer. Die agterhoede sal meer lastig wees, maar dan sal ons jou help, soveel as wat nodig is. Moet dus nie mismoedig word nie, alles sal reg uitwerk."

(Martin): "Broers, ek voel nie asof enige iets die moeite werd van my sal kom , want ek het al my houer van wysheid leeggemaak. Dat wysheid die liefde moet volg, is nou baie duidelik vir my. Die manier waarop hierdie drie wonderlike wesens verduidelik, laat my geen rede vir enige besware nie. Ek is dit volkome eens met hulle. Of het julle `n beter idee?"

(Petrus): "Wat reg is, is reg, of dit op aarde of in die hemel is, maar jy moet nog steeds nie te maklik ingee nie, want jou bewerings is ook verdedigbaar. Gaan redeneer dus vir `n rukkie daaroor en jy sal `n baie goeie antwoord vind."  

(Martin, nadat hy vir `n geruime tyd oor hierdie onderwerp gedink het, het nou `n bevredigende argument en hy sê): "Julle pragtige dogters van die groot son, julle toespraak is inderdaad baie wys en goed aangebied, maar daar is iets wat ontbreek wat nie vir julle belangrik mag lyk nie, maar vir my is dit. Aangesien julle deur julle wysgere weet dat die groot Gees van God `n onderwyser op my klein aarde was en omdat julle ook vertroud is met die aard van al sy mense, is ek verbaas om te vind dat julle nie weet wat die Meester Jesus, Wie julle oergroot Gees is, met ons Sy kinders, by ander geleenthede gepraat het nie. Eens het moeders hul kindertjies na Hom gebring. Aangesien dit in `n verdringing ontaard het, het die dissipels, wat reeds gedink het dat hulle wys is, die moeders bestraf in `n poging om hulle weg te hou van die Meester, maar toe die Meester dit opmerk, sê Hy vir die dissipels: "Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar, Ek sê vir julle, wie die koninkryk van God nie soos `n kindjie ontvang nie, hy sal nie daar ingaan nie." So het die Meester duidelik gestipuleer vir diegene wat reeds wyse mense was, dat hulle moet word soos kinders, wat nog geen wysheid het nie, as hulle in die Koninkryk van God wil ingaan. Daarom vra ek my af waarom julle wysheid so hoog ag en blyk oortuig daarvan te wees dat iemand die Koninkryk van God kan wen net na verkryging van julle wysheidsprys? Ek sou dink dat God se eie onderrig waar sal wees en meer verhewe as julle s’n? Dit is waar dat die Meester aan die wyse Nikodemus gesê het dat hy wedergebore moes word voordat hy kon ingaan in die koninkryk van God. Maar Hy het nie gedink aan julle soort wysheid nie, wat die Jood reeds besit het, maar van die onskuld van die kind, wat suiwer liefde is. En so interpreteer ek die Meester se woorde! Bly uitsluitlik by die liefde en laat alle wysheid aan die Meester oor. Dit is ook die rede waarom ek met Hom is en God alleen weet waar ek sou wees as die Meester net na my wysheid gekyk het, wat so goed as niebestaande is. Ek het ook geleer dat hy wat met sy wysheid voor God spog, `n sonde pleeg. Maar as `n mens se hart, al het hy `n gebrek aan wysheid, gevul is met liefde vir God, dit reeds die hoogste toekenning van die lewe hou en jou help om `n kind van God te word. Met hierdie toekenning reeds in my besit, watter doel kan julle s’n dien? Laat ek julle weer sê: Ek het nie julle wysheidsprys nodig nie, want ek het al vir `n lang tyd wat ek nodig het. Ek stel voor dat julle almal ook streef na my prys en as `n resultaat sal julle baie gelukkiger wees as wat julle op die oomblik is, in die lig van julle wysheid alleen, wat, ondanks julle ongekende skoonheid, maar baie min liefde toon. Praat nou, indien daar nog iets is wat julle wil sê, maar reken nie op `n verdere antwoord uit my nie. Want net een ding is nodig en dit is liefde. Al die ander word deur die Meester voorsien, soos en wanneer benodig."  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205