Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 141 -

DIE DRIE SONMEISIES PLEIT BY MARTIN OM HULLE TE LEER HOE OM GOD LIEF TE HÊ. MARTIN SE KRITIESE FUNDAMENTELE VRAAG. DIE SMOORVERLIEFDE SONMEISIES AAN MARTIN SE HART.

(Na aanleiding van hierdie goeie antwoord deur Martin, buig die drie diep voor hom en sê): "U, goddelike seun van die Groot Gees, ons het nou herken dat jy `n ware seun van Hom is vir wie ons nie `n naam het nie. Omdat jy ons verslaan het, is ons nou joune en so is die prys. Laat ons toe om die laagste in jou huis te wees en leer ons hoe om die ewige God lief te hê."

(Martin, verbaas oor wat hy sien): "My huis kan duisende meer akkommodeer. Dus sal daar genoeg plek vir julle ook wees. Want my huis, wat die Meester, my oneindige heilige Vader, vir my vir altyd opgerig het, is groter as julle wêreld. Daarom, as julle na my huis wil kom, gooi weg julle wysheidsprys, wend julle na my prys van liefde en volg my, en as dit moontlik is, bedek julle `n bietjie meer, want vir my wat lewendig is in liefde en nie net in die wysheid nie, is julle aantreklikheid magtiger as julle woorde!"

(In antwoord op hierdie woorde van Martin, kom diegene wat agter die drie meisies staan na vore met drie ryk geplooide blou klede, waarmee hulle die drie sonmeisies klee. Wanneer hulle gereed is, sê hulle vir Martin): "Verhewe en goddelike seun van die Allerhoogste, vind jy ons klere nou verblydend in jou oë? Is ons nou soos jy ons wil sien?"

(Martin): "Dit is baie beter en geskik vir my huis, wat `n huis van die groot, heilige Vader is, wat Self ten volle gekleed is en nie half naak soos julle voorheen was nie. Julle is nog steeds oneindig mooi, maar ek kan dit verdra om na julle te kyk en so kan julle by my bly. Maar sê my dit: Ken julle die Groot Gees? Kan julle Hom in julle verbeelding voorstel? Wat sou julle doen as julle Hom van aangesig tot aangesig sien?"

(Die drie): "Ons weet, goddelike een, dat daar `n baie hoë, Oergees van die geeste is Wie alles geskape het uit Sy oneindige wysheid en almag. Maar hierdie Gees is so heilig dat ons nooit kan waag om Hom op enige manier voor te stel nie. Slegs ons grootste filosowe word toegelaat om dit te doen. Daarom, kan jy dink hoe ons sou voel as Hy enige vorm aanneem, dat ons Hom moet sien en te weet wie Hy is. O, dit sou verskriklik wees, die mees verskriklikste ding wat ooit met ons kan gebeur!" 

(Martin): "As dit so is, hoekom is julle nie bang vir ons, Sy kinders, nie? Kyk na die vrugte wat suiwer wysheid dra. Dit wat die grootste behoefte van ons harte is, word streng weerhou van julle. En wat ons grootste saligheid is, kan julle grootste pyniging word. Wat `n verskil is daar tussen ons en julle! Sê my, het julle nog nooit liefde in julle harte ervaar nie? Voel julle nie nou iets soos dit vir my, of vir een van my twee broers hier nie?"

(Die drie): "Wat bedoel jy daarmee? Ons weet dat liefde `n begerigheid van die hart is, `n aantrekkingskrag wat verwante voorwerpe gryp, Hulle aantrek en hulle verenig. Maar ons weet nie wat anders liefde is nie. Hierdie krag van die hart is slegs in staat om klein dingetjies te gryp, omdat dit self klein is! Hoe kan dit `n voorwerp gryp wat so groot soos jy is? Ons kan julle ons hoogste agting gee, maar julle is veels te groot om gegryp te word deur ons liefde."

(Martin): "Ag, julle wysheid is al op! Moenie bekommerd wees oor die grootte van julle harte wat binnekort groot genoeg sal wees vir `n groot hoeveelheid van die liefde nie. Wie van julle kan my omhels en my teen haar hart druk?"

(Al drie sê met vreugde): "O, ons kan dit doen en as jy, goddelike een, dit sal toelaat, sal ons jou `n vurige bewys van ons vermoë gee."

(Martin): "Gaan voort ek gee julle met die grootste plesier toestemming!!''

(Nou omhels al drie Martin en elkeen van hulle druk haar sagte boesem stewig teen syne en sê): "Ag, hoe lekker is dit! O, laat ons hier teen jou hart bly vir nog `n rukkie langer."

(Martin): "Ek het geweet dat julle liefde het en baie daarvan, bly vir `n rukkie teen my hart! Dit sal julle die beste leer hoe om lief te hê!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205