Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 146 -

DIE MEESTER EN DIE DRIE LIEFDESRYP SONMEISIES.

(Nou draai Martin na die drie sonmeisies en sê): "My geliefde dogters, ons is nou op die regte plek en julle kan julle harte ligter maak soos ek julle geleer het en soos die vuur van julle hart eis." Met hierdie woorde steek die drie hulle pragtige arms uit en wil hê Ek moet hulle omhels.

(Maar Ek sê vir hulle): "My geliefde kinders, moet My nog nie aanraak nie, want julle is nog steeds in julle vlees, dit sal julle liggame vernietig. Julle sal in staat wees om My sonder skade aan te raak wanneer julle dit verlaat het. Ek is `n volmaakte Gees en daarom mag slegs volmaakte geeste My aanraak."

(Die drie): "Is hierdie broer van jou nie ook `n gees nie? En tog het ons aan sy hart die liefde leer ken en dit het ons geen skade gedoen nie! As U, wonderlike Heer en Meester van U broers, `n nog meer volmaakte Gees is, sal dit ons nog minder skade aandoen as ons, ons liefde teen U hart ontlug, sal dit nie? En wat as dit sou veroorsaak dat ons, ons liggame sou verloor! Is dit nie beter om lief te hê sonder `n liggaam, as wat dit is om uitgesluit te word van die liefde met `n liggaam nie. O, kyk na ons en voel hoe ons ly, noudat ons U nie mag liefhê soos ons harte vra nie.?"

(Ek sê): "My liefste klein kinders, julle kan my liefhê met al julle krag, want liefde word nie van julle weerhou nie. Dit is net dat julle My nie moet aanraak nie, want dit sal julle skaad. Maar aangesien julle liefde al so sterk is dat dit julle liggame byna wil vernietig, kan julle my voete aanraak; my hart sal nog te warm wees vir julle."

(Met hierdie woorde, val die drie by My voete, omvou hulle met hulle sagte hande en sê, in hul mees sag en harmonieuse stemme): "O, wat `n oneindige soetheid! As ons broers van baie eons net geweet het hoe oneindig lieflik liefde is, sou hulle al hulle wysheid gee vir `n doudruppel daarvan. Heerlike Heer en Meester, hoekom is dit dat ons inwoners van hierdie groot, pragtige wêreld, niks weet van die liefde nie? Hoekom moet ons altyd soek in die ondeurdringbare wysheid van die hemel van die ewige Oergees, sonder om ooit uit te vind wat die liefde, die soetste liefde is?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205