Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 149 - 

DIE DRIE SONMEISIES SE KRITIEK VERVOLG.

(Die drie sonmeisies): "Ons het gesien dat veral hierdie broer, wie julle Martin noem, oor `n paar merkwaardige vonke van mistieke wysheid beskik wat soortgelyk is aan dié van ons wysgere van die hoë berg, wat ook soms na ons kom met dinge wat buite ons gebied van visie en begrip is, net soos hul wonings. Maar watter nut het so `n hoë mistiek vir hom of vir jou as julle `n heeltemal gebrek het aan die eerste beginsels van praktiese wysheid? Dit bestaan egter in behoorlike toegewing teenoor die swakkes, want waar die sterkere `n oorwinnaar oor die swakke wil wees, is daar nie meer `n orde in die wysheid nie, want elke krag moet oorwinning in sy verligte bewussyn soek en nie in die vernederende onderwerping van die een wat duidelik die swakke is nie. En dit is wat ons gedoen het toe ons julle sien, die aansienlik swakkeres op ons bodem. Ons het gedoen wat julle wou hê, sodat ons julle almal dieper kon ondersoek; en nou weet ons dat julle die mees ongelukkige wesens is. Daarom, alhoewel julle geeste is, nooi ons julle om van ons behoorlike wysheid te leer, wat julle dringend nodig het as julle uiteindelik `n beter idee en konsep oor die Allerhoogste Gees wil hê. Ons suiwer geeste van die drywende see van lig het ons gewaarsku om julle nie teen te staan nie, omdat die “Mees Verskriklike” in julle midde is. Ons het nie regtig die waarskuwing verstaan nie, maar nou verstaan ons dit! Dit is duidelik dat dit jou betrf en wat die “Mees verskriklike” is, is dat jy so dom is om jouself te verbeel dat jy die verste gevorderd is en werklik glo dat jy die hoof seun van die Allerhoogste is en probeer om die illusie in stand te hou by jou broers. En dit is vir ons, die mees verskriklikste ding: Iemand wat probeer om sy swakker broers te mislei! Hy wat magtig is, het nie nodig om sy krag te verberg nie, maar hy moet dit ook nie gebruik teen die swakkes nie. En wie swak is, moenie voorgee om sterk wees nie, maar moet sy swakheid toon. So sal die krag van die sterke en die swakheid van die swakke een krag in die sterke word. Dink na oor hierdie woorde! Hulle kom uit kinders van hierdie wonderlike wêreld wat byna nog minderjariges is, maar as almal van julle ons volg na die gasvrye wonings van ons ou mense, sal `n veel kragtiger lig aan julle gegee word. Dit is geen hindernis dat jy dink jy is al volmaak nie en dink dat ons kan seerkry as ons aan jou raak nie, O, wees nie bekommerd daaroor nie! Dankie vir die goeie wysheid, reeds as kinders in sterflike liggame van hierdie wêreld, besit ons baie meer geestelikheid as wat jy ooit sal hê! Sekerlik woon die geestelike nie in die liggaam as sulks nie, maar slegs in die werklike gees wat nooit verander nie, of dit nou in `n growwer of `n fyner eteriese liggaam is. Voorts, julle geeste moet nie ons liggame oordeel teen die wat julle op julle sogenaamde "Heilige Planeet" gehad het nie, want hulle was growwer, swaarder, lomper en donkerder as die grofste rotse in hierdie wêreld! Julle kan self sien dat ons liggame veel meer eteries en nader verwant aan die lig is as wat selfs julle geeste is, soos wat ons hulle hier sien. Te alle tye deurdring met die gees in hulle, verenig ons liggame veel groter suiwerheid met die regte orde. Daarom, volg ons veilig na ons huis en julle sal sonder twyfel baie suiwerder word as wat julle nou is. Maar geen krag sal teen julle swakheid gebruik word van ons aansienlike groter krag nie, waaroor ons nie roem nie, soos jy vroeër gedoen het nie, vriend Martin, Jy het belaglik gepraat van `n krag in jou wat jou in staat sou stel om ons groot wêreld met gemak te verwoes, selfs al is jy veronderstel om die swakste van jou groep te wees; jou 'krag' sou jou in staat stel om ons wêreld te vernietig, net soos die uitspruitsels van `n eteriese blom vergruis kan word tussen die duim en wysvinger. Dink jy nie nou dat jy jou krag `n bietjie oorskat het nie? Maar ons sal jou nie blameer hieroor nie, want jy het in jou blinde ywer gepraat en ons glad nie geken nie. Nou dat jy ons beter ken, hoop ons dat jy nie weer op hierdie manier van ons sal dink nie, of sulke dinge vir ons sal sê nie. Ons sal nou vooruit loop en julle kan ons volg as julle wil. Wees verseker dat julle op die vriendelikste manier in ons soliede huise ontvang sal word, wat werklik bestaan en gebou is met ons wil en ons hande - nie soos julle hemelse huise wat slegs in `n vaste verbeelding gebou is nie. En sodat jy Martin, kan sien hoe ver ons wysheid reik en dat ons jou en al die ander beter ken as wat jy dink, sal jy in die huis van ons oudstes `n glas vind waarin jy jouself sal herken in alle besonderhede van die eerste begin tot op hierdie oomblik. Jy dink jy is ver buite jou hoë hemelse huis, maar op hierdie oomblik is ons daarin en sien alles wat daar gebeur. So was ons getuies toe jy die vermomde draak passievol wou soen. Maar moenie nadink oor die krag van ons visie op hierdie stadium nie; met verloop van tyd sal jy die rede vir al hierdie in ware wysheid vind. Mag jy en jou hele groep gelei word deur julle vrye wil. Ons sal voor loop!" Na hierdie lang toespraak, vertrek die drie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205