Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 15 -

 DIE GODDELIKE SKIPPER SE BOETVAARDIGE PREEK AAN BISKOP MARTIN.

Nou praat Ek weer as die skipper: "Luister aandagtig na wat ek vir jou vertel, ek weet baie goed hoe die wêreld is, en as dit nie nog altyd so was nie, sou die Meester nie gekruisig gewees het nie. Daarom moet die Meester se woorde, soos aangehaal in die Evangelie, vir eens en altyd toegepas word waar die wêreld betrokke is, naamlik: In hierdie dae, dit wil sê, die tyd van hierdie wêreld - moet daar krag gebruik word vir die koninkryk van die hemele; slegs diegene wat krag gebruik sal dit in besit neem. Maar jy, my vriend, het nog nooit hierdie morele krag toegepas wat die koninkryk van die hemele betref nie. Daarom, moet nie die wêreld te veel beskuldig nie, want ek weet dat jy te alle tye meer betrokke met die wêreld was as met die gees. In daardie opsig, was jy een van die vernaamste teenstanders van die lig, `n vyand van die Protestante wie jy met bitter haat vervolg het vir beweerde kettery. Jou slagspreuk was nooit Si Mundus vult decipi! - maar net `n genadelose, Mundus decipi debet! (die wêreld moet verlei word) - en dit sinus exceptione (sonder uitsondering), ek kan jou vertel dat die wêreld nêrens so sleg is, as op die gebied van jou en jou soort nie, wat ten alle tye, vyande van die lig was. Daar was selfs tye toe jy diegene verbrand het op die brandstapel wat net `n bietjie meer verlig in hul denke was. Jy was een van die wat duisternis versprei het onder die nasies, en nie die wêreldse regeerders wie jy geëkskommunikeer het as hulle dit gewaag het om meer verlig te dink as wat vir jou donkerste tiranniese despotisme geskik was. As sommige regeerders onkundig is, is dit jou werk, maar nooit andersom.

Ek is heeltemal bewus van die feit dat in sommige lande dit besonder moeilik is om verligting te bevorder, maar daarvoor kan niemand blameer word nie, behalwe jou kerk. Wie het jou vertel om afgode tempels en altare op te rig? Wat jou geleer het om jou sogenaamde goddelike diens in Latyns te hou? Wie die religieë uitgevind het wat die Skrif verbied en vervang met die mees absurde en onwaar legendes van die sogenaamde heiliges? Wie die stoflike oorskot uitgevind het? Wie die miljoene heilige beelde uitgevind het? Nie `n keiser of prins nie, maar jou kerk, wat te alle tye duisternis versprei het om groter mag te kry. Meer vorste is gehoorsame gelowiges in julle leerstellings, maar watter geloof het jy gehad, jy wat vaardig was in die Skrif? En wie het jy gehoorsaam, of hoe dikwels het jy gebid, sonder dat hulle daarvoor betaal het? Aangesien jy `n slegte invloed op die wêreld om jou gehad het, en nie die wêreld op jou nie, hoe kan jy enige oorweging van die Meester verwag? En vir die marteldood wat jy genoem het, sou jy veel eerder gekruisig gewees het vir jou tiranniese liefde vir die donker as vir die suiwer lig van God. Jy het min te vrees gehad van die vorste, selfs minder van hul opsieners, want ek weet maar al te goed hoe jy gewerk het met die vorste as hulle jou absurde en vernederende eise teengestaan het.

Ek weet net van `n paar gevalle waar ware verligte priesters, wat die suiwer Woord van God onderrig het, tronk toe gestuur is, of selfs gedood was soos per jou baie ernstige beskuldigings. Maar ek weet van talle mense wat deur jou gely het, omdat hulle dit gewaag het om in ooreenstemming met die Woord van God te leef. Dink jy die ou God het swak geword sedert die tyd van die dissipels, en kan hom nie help wie "slim soos `n slang en sag soos `n duif is nie", moet hy deur die hele wêreld bedreig word?

Kyk, ek kan baie broers noem, naas Luther, wat in die donkerste van tye, nog steeds die moed gehad het om op te staan vir die ware Woord van God, voor die hele wêreld. Die vorste van die wêreld het nie een van hulle onthoof nie, maar as hulle in jou hande sou geval het, het hulle sleg genoeg gevaar. Ek hoop jy sal verstaan dat in hierdie wêreld niks tel nie, behalwe die suiwer waarheid, gekombineer met die ewige liefde, en al jou verskonings is nutteloos, behalwe jou Mea quam maxima culpa (my grootste moontlik skuld). Jy moet erken dat God alleen die wêreld ken in sy kleinste detail van ewigheid af. Daarom is dit absurd van jou om die wêreld aan die Meester te probeer beskryf, in die verdediging van jou houding, vir Sy oorweging, sonder om te besef dat jy een van dié was wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die wêreld se agteruitgang. Tot watter mate jy, as `n gevangene van die wêreld, oorweging verdien, sal aan jou gegun word. Wat die wêreld jou skuld voor God sal slegs `n geringe rekening wees. Maar, jou skuld sal onbeduidend wees, as jy jou bekeer en bely dat jy - wie altyd sleg was - absoluut niks kan doen nie, maar die Meester alleen kan jou verlos en vergewe. Jy het `n groot vrees vir die hel, omdat jou gewete jou vertel dat dit is waar jy hoort, en jy dink God sal jou in die hel gooi soos `n klip in die diepte. Maar jy besef nie dat jy net jou verbeeldingshel vrees nie, terwyl jy dit geniet binne-in die werklike een. Kyk, al jou gedagtes tot dusver verteenwoordig min of meer die letterlike hel. Want waar daar `n vonk is van selfsug, arrogansie, en om ander te beskuldig, daar is die hel, waar die vleeslike begeerte nie vrywillig afgeskaf word nie, is daar nog steeds hel. Omdat dit alles nog steeds deel van jou is, is jy nog baie in die hel. Kan jy sien hoe ydel jou vrees is?

Die Meester, wat genade het met alle wesens, wil jou red uit hierdie hel en jou nie dieper daarin veroordeel nie - soos per jou Roomse spreekwoord. Moet dus nie aanspraak maak dat die Meester mag sê aan diegene wat wil hel toe gaan: "As jy aandring om hel toe te gaan, laat dit so wees! Dit is `n heiligskennende eis! Alhoewel jy nie van die hel wil afstand doen nie, wanneer het jy al ooit gehoor dat die Meester jou veroordeel daarna?

Dink eers na oor my woorde, en verander jou houding dienooreenkomstig en ek sal dat hierdie boot jou wegneem van jou hel na die ryk van die lewe. Laat dit so wees!"

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205