Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 150 -

DIE NEERDRUKKENDE UITWERKING VAN DIE DRIE SONMEISIES SE WYSHEID OP MARTIN SE TRIOMF.

(Martin wat vir `n lang tyd op hete kole was, draai na My en sê): "O Meester, o Vader, nou het ons regtig `n perdebynes wakker gemaak. Dit oortref alles wat ek tot dusver gehoor het! Broer Petrus en broer Johannes, julle het my moed en oorwinning veels te vroeg geprys met die gee van `n heldekroon. Nou het dit duidelik geword wat `n oorwinning ek bereik het en hoe ons genot kan put uit die drie sonforelle! O Meester, as ek nou my vorige ongelukkige visvang ervaring herroep, so lief soos wat ek U het, het dit my meer krediet gegee as hierdie een. U liefde en genade het my reeds benoem as `n meestervisser in die son se water van die lewe, maar nou moet ek U smeek om my weer te verlos van my amp, want hierdie visse sal my sekerlik insluk voordat ek selfs kan dink aan die visvangery. Wat `n situasie! Hierdie drie het ons werklik deeglik onderrig en die ergste is dat daar nie baie besware is wat ons kan lig nie. Hulle is goed, edele, vriendelik, welwillend en onvoorstelbaar lieflik en mooi. En steeds kan ek van woede ontplof dat hulle so `n gek van my gemaak het. En hulle verwag dat ons hulle moet volg! Nie ek nie! Dink net om deur hulle geleer te word! U ook, Meester en ook Petrus en Johannes! Wat sê U daaroor, my Meester, my alles?"

(Ek sê): "Kalmeer jouself! Ons sal doen wat hulle wil hê ons moet doen! Hulle volg! En sien wat daarvan kom. Hoe meer ingewikkeld die komedie, hoe meer bevredigend is die oplossing. En julle as my leierkinders, broers en vriende, moet bekend word met alles, of julle sal nie geskik wees vir my diens nie. Daarom, laat ons nou die drie sonmeisies geduldig volg."

(Martin): "Meester, U weet dat nou, soos altyd, sê ek: "Laat U heilige wil geskied!" Want ek weet dat U alleen vertroud is met al die weë wat ons lei na die doel wat U, ons God, Vader, Meester, sowel as liefde en wysheid, vir ewig vir ons gestel het. En nog steeds staan ek hier soos `n bees voor `n nuwe hek, nie op hierdie oomblik in staat om al die teenstrydighede wat uit die monde van die songodinne gevloei het, te herken nie. Ek besef nou dat hulle woorde vol teenstrydighede moet wees, maar ek is nie in staat om enigiets wat hulle gesê het, te weerlê nie, want dit was feitelik korrek, Maar U het self gesien hoe gelukkig hulle aan my hart was en hoe hulle geleer wou word hoe om lief te hê. Hulle het so baie lof vir sy soetheid gehad dat hul metgeselle `n dreigende houding ingeneem het en selfs hulle geeste geroep het, wat hulle gewaarsku het teen geweld. En liefde was alles vir die drie, maar nou beskryf hulle dit as `n stomme, vegetatiewe mag, bykans `n ding wat op sigself niks is nie, maar slegs dien vir die vryer wesens as `n soort van onbewustelike motief vir voortplanting, waarskynlik bestaande in `n verbygaande elektromagnetiese, heel onweegbare vloeistof of invloed. Hoe mooi en liries was hul taal toe U hulle wink om na U te kom! Ek het by myself gedink: "Wel, daar is ons! Hulle moes Hom reeds herken het, of ten minste `n sterk vermoede hê ten opsigte van wie Hy is. Maar hoe het ek my nie met hulle misreken nie! Die manier waarop hulle gepraat het toe hulle U voete omhels het en hoe hulle spraak verander het nadat U aan hulle die moeilike omstandighede beskryf het waaronder die mens sy lewe op aarde moet leef as hy `n kind van God wil word en, om seker te wees, in U beskrywing was daar nie veel gesê oor U oneindige liefde, barmhartigheid en genade nie. As dit die tendens met die soninwoners is, sal ons `n baie swak oes maai. Ek sal meer vertroue hê om `n bietjie resultate met Satan te bereik as met die drie mooiste songodinne. Hulle skoonheid is ondenkbaar vir die menslike verbeelding, maar aan die ander kant, hulle is meer geslepe as die badgaste wat ons agtergelaat het, Lucifer se aanhangers wat van hom geskei is. Ek glo dat `n monsterduiwel aansienlik minder gevaarlik is as `n wese van hemelse skoonheid wat beskik oor soveel helse geslepenheid. Maar hoe dit ookal sy, ek en geen twyfel, almal van ons, sal doen soos U wil en hulle na hul huis volg. Maar laat my een ding toe, o Meester, dat ek hulle vertel wat ek van hulle dink as `n geskikte geleentheid hom voordoen. Hulle skoonheid sal my nie meer verwar nie. Julle kan uitsien daarna, julle sagte wesens van hierdie wêreld. Nou sal julle die regte Martin leer ken, sodat julle groot wysheid vir julle sal lyk soos `n myt in vergelyking met `n berg! Vir U heerlikheid, o Meester en ter wille van U Naam, sal ek `n leeu word en ek sal veg met `n duisend gloeiende swaarde! Maar, natuurlik, moet U my nie verlaat nie, want dan sal my groot moed my slegs in die sop laat beland! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205