Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 155 -

OOR WARE WYSHEID EN DIE OËNSKYNLIKE WYSHEID VAN DIE SONWYSGERE. DIE WET VAN BLOEDSKANDE BY DIE SONBEWONERS, 'N STRIK VAN SATAN. DIE DOEL VAN DIE MEESTER SE KOMS.

Die hele groep begin nou beweeg en ons vorder stadig.

(Op pad vra die drie sondogters my): "Goeie en wysste Heer, Meester en Vader van jou kinders, waarom is jou twee mooi dogters so stil en vra jou nie enige vrae nie? Is dit omdat hulle reeds alles weet en groot wysheid besit? Ons groot wysgere praat ook baie min, maar as hulle praat, weeg een woord van hulle meer as tienduisend woorde van ons! Dit is waarskynlik die geval met jou twee mooi dogters."

(Ek sê): "Ja, julle is amper reg. Maar daar is `n verskil. Hierdie twee besit reeds in oorvloed wat julle hoofwysgere in hul mees diepgaande mistiek maar net vermoed, maar nouliks sou waag om uit te spreek. Want die tipe wysheid wat julle wyse manne besit, is nie ware wysheid nie. Dit is `n soort van geheimdoenery wat nie lei tot `n kennis wat Ek werklik kan goedkeur nie. Inteendeel, sommige van die wette van julle wysgere is sodanig dat dit julle heeltemal ongeskik vir My Koninkryk maak. Julle pleeg natuurlik nie `n sonde as julle streng onderhou wat julle wette vra nie. Maar dit het al afgewyk van die oorspronklike wette en is nou so ver van hulle as wat die hemel is van hierdie wêreld. Julle het nog julle oorspronklike vorm en `n magtige wil, maar julle sogenaamde hoofwysgere is oor die algemeen nou nie baie goed nie, maar daar is `n paar gemeenskappe wat getrou gebly het aan hul oorspronklike wette. En so is hierdie twee susters baie wyser as julle grootste wysgere. Want hulle is vol liefde en tydens hul lewe op die aarde het hulle nie seksuele omgang met hulle broers en vaders gehad nie, wat hulle beskou het as `n groot sonde wat Ek ernstig sonder verskoning straf in die ewigheid. Die aardbewoners sê: "Vervloek is die een wat bloedskande pleeg!" Maar met julle is bloedskande `n wet gegee deur julle wysgere. Sien watter groot foute maak hulle? Daarom is hulle nie so wys as wat hulle dink nie en die rede vir My koms na julle, is om hulle hul groot absurditeit te toon."

(Die drie): "Verhewe Heer en Meester van jou kinders, is jy ook `n heerser oor ons wysgere en ons groot, wonderlike wêreld, dat jy vir ons ander wette wil gee?"

(Ek sê): "Ja, my dogters wat nog ongeskonde deur bloedskande is, die Satan het ook `n weg in hierdie suiwer wêreld gevind en het reeds baie gemeenskappe verdorwe. Daarom moes Ek, as die Meester ook oor hierdie wêreld, kom om die vuil grond Self skoon te vee. Anders sal almal van julle gou julle oorspronklike adellikheid verloor en daarmee die ewige lewe van die gees, waarvoor die kanse reeds baie swak is in baie van julle gemeenskappe. As die duiwel `n man wil vang, doen hy dit deur middel van `n sekere arrogansie van wysheid en daarna deur ontug. Sy plan met julle was baie slim, maar ek verseker julle, niks ontsnap my oë nie! Almal van julle, insluitend julle wysgere, het baie siek geword en dit is die geval in baie van julle groot gemeenskappe. Julle voortplanting, wat oorspronklik suiwer geestelik was, het nou walglik materieel geword; dit het `n gruwel geword. Onder my kinders op die aarde, wat julle die “Heilige Planeet” noem, word bloedskande beskou as die mees goddelose misdaad en voor my is dit die mees verskriklike, soveel so dat ek die een wat bloedskande pleeg, onherroeplik en sonder barmhartigheid gestraf wil hê, met die tydelike en die ewige dood in die vuur. En hierdie vreeslike suiwer sataniese onsedelikheid het `n wet geword in julle wêreld! Dink julle dat ek, as die primêre bron van alle bestaan en die wese van orde, so `n wet kan vergewe? Dit is waarom ek nou na julle toe kom, om julle te red of te oordeel vir ewig. Geen wonder dat julle geeste uitgeroep het dat die Mees Verskriklike onder hierdie groep is nie! Hulle was nie goeie geeste nie, maar geeste wat deur Satan self mislei is. Ek is nie die Verskriklike nie, maar net liefde vir die onskuldige. Maar vir dié wat my woord en my wet het, maar dit ignoreer, is Ek die Ewige Oordeel!" 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205