Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 156 -

CHANCHAH SE WYSE WOORDE. BOSE EN WARE WETTE. GEEN TRIOMF SONDER ‘N GEVEG. WAAROM DIE MEESTER NOU EERS NA DIE SONDOGTERS KOM.


Hierdie woorde van My, het die sondogters laat skrik, maar het Chanchah aangemoedig en sy het sag begin praat:

(Chanchah): Julle mooiste dogters van hierdie wonderlike wêreld wat nog nooit nag ervaar het of die harde verandering van die seisoene nie, julle is baie gelukkig sover dit julle liggame aangaan om nie siekte te ken nie, of nooit die dood te gesien het nie! Julle wette, hoewel erger as ons grootste ondeugde, ondersteun julle vryheid en tot nou toe ook julle onsterflikheid. Op hierdie manier is julle vry, want julle kan nooit julle wette oortree nie, selfs as julle wil, want hulle maak so `n oortreding bykans onmoontlik. Hoekom is dit so? Hoe moet wette wees sodat hulle nie gebreek kan word nie? Dankie aan die genade en liefde van my heilige Vader, sal ek julle die rede wys: Die bose Ahriman (Satan), verskyn aan julle wysgere in die vorm van `n engel en het aan hulle verskillende eienskappe en behoeftes van julle geaardheid uitgewys en hulle deeglik daarmee vertroud gemaak. Hy het hulle opdrag gegee om `n wet te maak vir elke vesel van julle lewe wat `n begeerte daarvoor uitspreek, met die byvoeging van die klousule: "As `n persoon voel om iets te doen, laat hom. Indien hy verkies om dit nie te doen nie, begaan hy geen oortreding nie." Dink nou vir julleself, julle wyses, of sulke wette die moeite werd is en tot watse nut kan hulle vir julle wees. Of het julle ooit gehoor van `n straf vir die oortreding van `n wet? Ware wette moet op so `n manier gemaak word dat hulle groot selfopoffering verg, sodat dit vervul kan word deur die drange van die natuur te onderdruk. As hy aan hulle voldoen uit sy eie vrye wil, met verontagsaming van alle wesenlike voordele, slegs dan sal hy opstaan as `n vrye gees bo sy stoflike en bederfbare materie. Hy seëvier dan oor sy eie dood, wat deel uitmaak van sy natuur. En hy kan dan ingaan in die hoër orde van die ewige, geestelike lewe en word `n kind van die Allerhoogste Gees, danksy Sy genade. Maar watse oorwinning kan deur die leë wette van julle hoogste wysheid verkry word? Niksnie, kan ek julle verseker! Want sonder `n geveg, kan daar geen triomf wees nie! En sonder `n oorwinning is daar geen prys nie! Wat is `n mens wat geen prys gewen het nie? Hy is meer waardeloos as die eenvoudigste plant waarop hy trap, want die plant sal sy doel bereik het in die groot spektrum van evolusie. Maar die man sonder `n prys het tevergeefs geleef. Hy het net geleef omdat hy bestaan het, maar sy lewe was doelloos en daarom kon hy nooit `n bestemming bereik nie, wat die geval is met julle. Na aflegging van julle eksterne liggaam, leef julle as `n soort gees van die lig, maar ook sonder `n doel, net soos hier in julle liggame, die buitenste voorkoms het wat ooreenstem met julle wêreld. Dit is waar dat hierdie wêreld se buitenste vlak bestaan uit suiwer lig van groot krag en heerlikheid, maar binne is dit donkerder as die donkerste planeet. Ek kan julle verseker, julle wysheid is niks anders as misleiding nie en jou skoonheid `n leë illusie.

Dit is die rede waarom die Meester nou Self kom om `n ware lig te gee aan julle kinders van die son en julle `n nuwe weg te toon wat julle in alle waarheid ook na ons kan lei. Dit is ons ware wysheid en as julle, julleself wil vervolmaak, moet dit effektief word met julle ook. Anders sou julle, ondanks julle groot skoonheid, die mees miserabele mense wees in al die skeppings van God, my Vader."

(Die drie is regtig geskud deur Chanchah se wysheid en na `n ruk sê hulle): Heerlike een, indien dit die situasie is en ons wette is werklik van so `n aard soos beskryf deur jou, hoekom het jou Heer en Meester, die hoofboodskapper van die Allerhoogste, ons nie eerder kom help nie? Hoekom het hy ons vir so `n lang tyd in ons foute gelos?"

(Chanchah): "Liewe susters, die Meester weet die beste wanneer die vrugte ryp is, want Hy het die saad berei en die lewende kiem van die vrugte en ook die tyd vir die rypwording daar ingesluit. Dit is dieselfde geval met julle. Julle het ryp geword, maar nie in die waarheid nie, slegs in valsheid. En om te verhoed dat julle deur die leuens in boosheid kom, het Hy self gekom om julle te red."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205