Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 159

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 159 -

MARTIN SE BLINDE YWER TEEN DIE SEREMONIES VAN DIE SONBEWONERS. DIE MEESTER SE WYSE TOESPRAAK OOR VERDRAAGSAAMHEID. MARTIN SE GESPREK MET PETRUS AANGAANDE DIE MEESTER SE VERMANINGS.

(Martin het My reeds bereik en sê): "O Meester, o Vader, dit is `n heerlikheid wat geen gees van `n ander wêreld ooit kan voorstel nie! Selfs U mees goddelike broers vryf hulle oë asof hulle skaars in staat is om die glans te verdra. Maar, hoe vreemd is dit dat daar niemand kom om ons te ontmoet nie. Petrus dink dat ons by die ingang moet wag tot die oudstes van die huis ons kom ontmoet met hulle gewone seremonies, soos dit die gewoonte in hierdie wêreld is. Ek het egter my deel van seremonies in die wêreld gehad. Dit maak my siek en ek dink dat ons nie moet wag vir sulke dwaasheid nie, maar eerder ingaan sonder om te veel te klop. U het sekerlik genoeg krag daarvoor!"

(Ek sê): "Maar, My liewe Martin, ons kom nie as vyande nie, net as ware vriende. Ons wil help en opbou, nie slaan en vernietig nie. Watse heerlikheid sou daar vir ons wees as ons die hele gebied in `n oomblik vernietig? Dit sal nie tot krediet van `n sterk arm wees om `n muggie se kop af te breek nie. Dit is beter om die kop van `n muggie te herstel, as om dit te verwoes. Daarom sal ons hier gebruik moet maak van die korrekte gebruik van ons geduld en liefde en nie van ons krag nie. Hoe sou jy daarvan gehou het as Ek jou gegryp het en jou onmiddellik in die hel gegooi het, in plaas van My geduld en liefde aan jou te geskenk het wat jy glad nie verdien het nie? Is daar enige argument wat jy daarteen kan inbring. Ek het dit nie aan jou gedoen nie, want Ek sien geen meriete daarin vir My, die Almagtige, om jou, die magtelose, te vernietig nie. Inteendeel, Ek het jou My geduld en liefde gegee om jou te red en reg te kry. Sal dit dan reg van ons wees om hier op `n vyandige wyse op te tree?"

(Martin, vol berou, sê): "O, mea culpa, mea culpa, mea maxima culpa!" [My skuld, my skuld, my groot skuld!]

(Ek sê): "Jy is lankal vergewe. Maar as jy in die toekoms altyd die ware eerste beginsel vir al ons aksies in gedagte hou, sal jy nie maklik in so `n dwaasheid terugval nie. Ons wil te alle tye bewaar en nooit, selfs vir `n sekonde vernietig nie, dit is net die hel wat dors na vernietiging. Verstaan dit en nou terug na jou plek!" Martin soen my voete en gaan vinnig terug na die twee broers, Petrus en Johannes.

(Petrus en Johannes vra hom): "Wel, wat moet ons doen? Sal ons wag, of sal ons ingaan?"

(Martin): "Soos julle weet, dwase is altyd die minste geduldig, want hulle het geen verstand nie. Maar as hulle te dom geword het, is dit goed vir hulle om weer in vorm geklop te word, soos nou net met my gebeur het. Die Meester het my tereggewys en nou is ek weer in orde. Hy het weer `n man uit `n dier gemaak!"

(Petrus): "Ja, jy is reg in wat jy sê. In die wêreld het ek ook `n paar magtige rapse van die Meester ontvang en dit was goed. Selfs broer Paulus het my `n hou op die rug met sy geestelike vuis gegee en dit was ook goed, maar ons weet nog steeds nie of ons moet wag en vir `n rukkie verveeld moet wees nie, of moet ons hierdie pragtige huis binnegaan! Vertel dit vir ons, liewe broer Martin."

(Martin): "Dit lyk vir my asof julle my ook `n bietjie begin knyp. Natuurlik moet ons wag in ooreenstemming met die Meester se wil, totdat diegene wat ons gaan ontmoet, klaar is met hulle seremonies. Julle weet waarskynlik wie hulle is."

(Sê Petrus): "Maar, liewe broer, jy moenie so maklik aanstoot neem nie. Ek is bewus daarvan dat `n berisping van die Meester minder lekker is as `n streling. Maar dit is net soveel `n uitdrukking van liefde. Onthou jy toe die Meester met my en my broers gepraat het oor sy naderende lyding en ek in my diep liefde vir Hom, Hom gewaarsku het teen Jerusalem en gesê het: "Meester, dit mag nie met U gebeur nie. Wat het die Meester toe aan my gesê?"

(Martin): "O broer, herhaal nie daardie verskriklike frase nie! Ek was nog nooit in staat om te verstaan hoe die Meester jou Satan, die hoof van die hel, kon noem nie, nadat hy slegs `n kort rukkie tevore jou tot `n pilaar van Sy kerk verklaar het, wat die "die poorte van die hel nie sal oorweldig nie." Dit is nog steeds `n raaisel vir my. Hoe interpreteer jy dit?"

(Petrus): "Toe die Meester my as `n pilaar van Sy kerk aangewys het, het Hy met my gepraat uit sy wysheid, maar toe Hy my `n Satan genoem het, het Hy met my gepraat uit Sy oneindige liefde vir my, want met daardie woorde, het Hy al my wêreldsheid wat die werklike Satan in my binneste was kragtig uitgedryf, asof met een hou. Verstaan jy nou daardie magtige berisping?"

(Martin): "Nog nie heeltemal nie, maar ek het `n goeie idee waarheen dit lei. Die Meester is liefde, inderdaad!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205