Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 164 -

PETRUS GEE INFORMASIE OOR DIE GROEP EN DIE DOEL VAN HULLE BESOEK. DIE WYSE SE TWYFEL OOR DIE SIGBARE TEENWOORDIGHEID VAN GOD.

(Petrus): "Wel luister dan: Almal van ons, soos jy ons hier sien, is kinders van God; dit is in ooreenstemming met jou konsepte, kinders van die Allerhoogste Gees. By dit is sommige van ons ook hoofdienaars van die Allerhoogste, wat hulle persoonlik aangewys het as hoofpilare van Sy kerk in die hele oneindigheid. Oorspronklik net op aarde, naamlik die planeet wat jy heilig noem; wanneer hulle hul taak daar met vreugde en toewyding verrig het, word hulle na `n pynlike verwydering van hul liggame, na Hom geneem in die hoogste hemele, om daar te geniet van alles wat Hy het en so die grootste onbeperkte saligheid vir ewig te ondervind. Terselfdertyd is hulle in staat om dieselfde diens op die grootste moontlike skaal uit te voer, wat hulle op die aarde op `n klein skaal uitgevoer het. Ek, Petrus en daardie een daar, Johannes, is sulke dienaars. Die ander is min of meer beginners in hierdie wêreld en in die diens wat ek nou net genoem het. Ons doel met ons koms hierheen is dat ons in die eerste plek ons nuwe aankomelinge in hierdie wêreld inwy in die hoër diens van liefde en dan wil ons sommige gemeenskappe van die inwoners van hierdie wêreld van lig wat van die ware weg afgedwaal het, reghelp.

Maar aangesien die laaste taak so moeilik is, dat ons krag nie voldoende mag wees nie, is God, die Meester self, in die volheid van Sy krag en mag ook hier teenwoordig. En Hy is ook sigbaar in menslike vorm, wat eintlik die goddelike vorm is, want God het die mens na Sy beeld geskape, beide van buite en van binne. Vir Sy geliefde kinders het Hy die oorspronklike vorm van Sy ewige liefde gebruik. Daar is dus nie `n enkele wêreld in die hele oneindigheid, waar die mense ander vorms as ons s'n het nie. Hulle verskil net soms in grootte, kleur en nog `n paar dinge in hul uiterlike voorkoms. Die basiese vorm bly die goddelike te alle tye. Daarom moet jy nie verbaas wees as jy God, die Allerhoogste Gees, weldra in `n vorm en gestalte soos myne sien nie. Sy grenslose, oneindige mag en grootheid is nie afhanklik van sy gestalte nie, maar slegs van die grootheid van Sy Gees daarin, wat vir ewig woon in `n ontoeganklike heilige lig en sal nooit gesien of deur `n geskape gees begryp word nie.

Nou weet jy alles! Ek het niks uitgelaat wat noodsaaklik mag wees in die antwoord op jou vraag nie. Vertel my nou getrou en sonder skynheiligheid, wat is die mees algemene gevoel van julle mense, veral in hierdie gemeenskap, of julle alles glo wat ek nou net gesê het." 

(Die wyse): "Verhewe vriend, ek glo regtig alles, behalwe jou laaste stelling. dat God, die Allerhoogste, Oneindige, Oergees, hier onder julle is in jou vorm en gestalte. Dit is werklik moeilik om te glo. Jy sal dit verstaan as jy net `n bietjie bekend is met ons mees antieke profesieë en openbaringe. Miskien sal ek dit later verstaan, maar op hierdie oomblik, met die begrip wat ek van God, die Opperwese het, is dit bykans onmoontlik vir My. Jy weet dat God net in baie seldsame gevalle Sy engele na ons stuur, wat aan ons hoofwysgere die Allerhoogste Godheid openbaar, maar hulle sê altyd: "Niemand kan God sien en bly lewe nie!" Hulle beweer dat dit die rede is waarom Hy in `n onpeilbare diepte woon, sodat geen wese sy lewe sal verloor deur die Godheid te sien nie. Wat sou dan met ons gebeur as dit regtig waar is wat jy sê dat God hier in ons midde is? Ongetwyfeld sal dit moontlik wees vir God, maar wat van sy ewige, onveranderlike orde, wat so dikwels aan ons geopenbaar is?"

(Petrus): "Vriend, wees net `n bietjie geduldig! Jy sal binnekort uitvind dat wat nou so onmoontlik vir jou lyk, heel doenlik is, maar Hy sal self hierheen kom. En jy sal dit die beste verstaan deur Hom."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205