Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 17 -

 IN DIE LOODS SE HUT. DIE HEERLIKE ONTBYT EN MARTIN SE DANK. SY NUWE WERK MET DIE VISSERS.

So ver was dit nogal donker binne die hut, die lig skyn te vermeerder en `n aangename oggendlig verdryf die donkerte van die nag geleidelik. Dit gebeur natuurlik net voor die oë van die biskop, want dit is altyd die helderste, ewige en onveranderlike dag vir die Meester, asook vir die engel Petrus. Die rede waarom die dag begin aanbreek vir die biskop, is dat die liefde begin het om na vore te kom in sy hart, want deur My barmhartigheid het hy uit sy eie vrye wil, baie wêreldse vuiligheid uitgegooi en was nog steeds in die proses.

Nadat hy my brood van die lewe as versterking geneem het, sal Ek sy pligte aan hom opdra. Tog is dit verstaanbaar dat hierdie man baie honger moet wees, want hy het nog nooit voorheen van hierdie werklik voedende voedsel geproe nie. Kyk hoe eet hy die een stuk brood na die ander gedring tot trane!

(Biskop Martin): "Ag, my liefste vriend en van nou af my werkgewer, hoe goed dit is om met jou te wees. Aanvaar my opregte dank, en stuur dit deur jou rein hart tot God, die Meester. Want my tong is te onwaardig om die Meester te dank, want ek is `n te groot sondaar voor Hom. Ek dink aan my eindelose tyd van honger, dors, en ononderbroke nag, ek wil die Meester met my hele hart dank, dat Hy jou toegelaat het om my te red en te voed, sodat ek nou voel soos `n wedergeborene. En kyk, dit raak ligter en ligter, soos `n lente-oggend met die son wat begin opkom! O, hoe heerlik het hierdie plek nou geword! My beste vriend, en jy ook, my eerste gids, gee my nou werk sodat ek my groot liefde kan wys vir jou, ten minste met die werk van my hande!"

(Die Skipper): "Stap saam met ons na buite en daar sal genoeg werk vir jou wees. Ons is weer buite by die see. Daar is die visnette. Gaan saam met die broer en bring dit hier na die boot toe. Die see is vandag kalm en ons sal `n goeie vangs hê."

Die twee kry die nette gou en sit dit in die boot, en die biskop sê vrolik: "Wat `n aangename taak! Ek hou van die see soos dit nou is, maar dit het alles so vreeslik anders gelyk toe ek nog op die verkrummelende strand van my mislukking gewag het. Maar is daar ook vis in die geesteswêreld? Ek het dit nooit op die aarde gedink nie"

(Die Skipper): "En wat se vis! Jy sal verbaas wees, en meer so, omdat ons veronderstel is om al die visse van die see te vang. Maar moenie moed opgee nie, ons sal regkom. Dit is net `n kwessie van geduld en moed en baie manhaftige volharding. Daar sal baie gevare voorkom en dikwels sal jy vrees jy is verlore. Maar in sulke oomblikke, kyk net na my en doen wat ek doen en dan sal alles in jou guns draai. Want elke daad wat die moeite werd is verdien inspanning, geduld en bestendige werk! Nou, laat ons die boot losmaak en uitvaar in die see." Die twee maak die boot los en `n oostelike wind dra dit so vinnig soos `n pyl uit `n boog na die see.

(Biskop Martin): "O, vriende, dit moet vreeslik diep wees hier. Die water lyk baie swart! Wat sal met ons gebeur as die skip sink?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205