Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 173 -

MARTIN SE PREEK AAN DIE VERGADERDE SONBEWONERS. SWAAR LEWE OP AARDE AS VOORWAARDE VIR KINDSKAP VAN GOD.

(Na hierdie woorde kyk Martin na die gemeente en praat): "Almal van julle wat op hierdie besondere geleentheid vergader het om woorde van lewe uit my mond te hoor en uiteindelik, van die Meester self, moet nie toelaat dat julle versteur word as `n geweldige storm ons bedreig nie. Want God, die hoogste, almagtige Gees is Self hier sigbaar teenwoordig. Dit is Hy met wie julle my `n ruk gelede sien praat het, maar julle kon ons nie hoor nie. Hy, die enigste ware, ewige Meester en Skepper van alle oneindigheid, het my verseker, om julle ontwil, dat Hy die bose gees ernstig voor julle oë sal straf as hy dit sou waag om voort te gaan met sy goddelose spel. Na ontvangs van so `n versekering van die Meester self, laat ons geduldig en sonder vrees wag op wat die Meester genadiglik sal skenk aan ons. Ek wat nou met julle praat, is nie wys uit myself nie en alles wat ek vir julle met die eenvoudigste woorde sê, sal van die Meester kom. Verwag niks om hoogklinkend of goddelik te wees nie, maar verwag meer waarheid en geestelike kennis. Ek sal julle gee wat ek het. Luister dus! My liewe vennote in die genade van my en julle God, my God en Vader en julle God en nou ook julle Vader. Die Almagtige wil van hierdie Vader het sedert die begin van tyd, julle in jul wonderlike wêreld met soveel voorregte geseën, wat in vergelyking met die inwoners van my wêreld tevergeefs sou wees. Julle is so mooi in julle voorkoms dat ons aardbewoners nie eers kan dink dat die suiwerste engel van lig so mooi is nie. Die duur van julle fisiese lewe is nie beperk nie, sodat elkeen van julle kan lewe so lank as wat hy kies om te lewe. Die verskil tussen julle natuurlike lewe en die van julle afgestorwe geeste is eintlik so klein dat dit nie baie saak maak of julle met hierdie liggaam of daarsonder leef nie. Julle kan julle oorledenes sien en met hulle praat wanneer julle wil en julle kan selfs ook assosieer met ons suiwer geeste asof julle reeds julle liggame verlaat het. Dit is alles baie verskillend in daardie harde wêreld waar ek en almal wat saam met my is, in die vlees geleef het. Daar is die duur van die natuurlike lewe onbepaald, maar baie kort. As een van julle sou sê. "Ek is jonk," sou hy van `n baie ou ouderdom op ons aarde wees. Ek weet dat in hierdie vergadering daar baie mense is wat volgens ons aardse chronologie, `n paar honderd jaar oud is, maar hier word hulle as jong mense beskou, terwyl dit op ons aarde geweldig oud is. Julle het ook mense hier wat nou al so oud is, dat volgens ons chronologie, hulle ouer is as die hele mensdom op my klein aarde, dalk selfs `n duisend maal ouer. Watter groot, belangrike en gewyde ervarings kon sulke mense opgebou het! Aan die sy van sulke ervare onderwysers, moes julle geestelike opvoeding baie hoog gewees het en julle wysheid moet wonderlik diep gewortel wees. In ons wêreld het mens amper net besef waaroor die lewe gaan, dan moet `n mens al die ellendige vlees op `n baie pynlike manier verlaat, gewoonlik onseker van die ewige lewe of dood. Alles waarvoor mens gewerk het, moet agtergelaat word, is dit eer, roem, prag en praal, deugde, wetenskaplike prestasies, of wysheid. Al hierdie word heeltemal buite rekening gelaat deur die Meester en as die heimlike engel van die dood kom en sy swaard in `n mens se hart druk, lyk dit asof alles tot `n einde gekom het en `n mens sterf sonder `n definitiewe vooruitsig van `n beloning, want geloof en hoop is al onderrig wat ons gehad het oor die lewe na die dood. Daar is amper niemand wat, soos julle hier, reeds in die vlees `n vaste oortuiging het met betrekking tot die ewige lewe nie. Dink wat `n voorreg dit is vir `n vry man om heer oor sy eie lewe te wees, soos dit die geval is met julle in hierdie wêreld. Hy kan alles wat hy bereik het, vrylik geniet, asook die talle ander voorregte van so `n lewe. Julle kan praat met die geeste van julle heengegane broers en hulle sien asof hulle nie gesterf het nie. In ons wêreld, weet miskien een uit tienduisend oor die lewe na die fisiese dood en hoe dit kan wees. En tog word van ons verwag om alles op te offer vir `n toekomstige lewe, wat ons nie weet of dit bestaan nie. En diegene wat daarin glo, het nie die geringste idee, behalwe vir `n paar fabels, hoe dit sal wees nie. Julle kan besef wat `n onberekenbare voorreg dit vir `n mens is om `n meester van sy eie lewe van die begin af te wees."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205