Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 174

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 174 -

VOORTSETTING VAN BISKOP MARTIN SE PREEK. VERSKILLENDE LEWENSOMSTANDIGHEDE OP DIE SON EN OP DIE AARDE.

(Martin): "Julle wêreld is `n son vir ons, waarsonder ons geen lewe kan hê nie, want dit gee vir ons lig en warmte. Julle wat daarop lewe ken nie winter of nag nie. Weet julle werklik wat `n son is? Met al julle wysheid weet julle, sy inwoners, skaars wat `n son is. Julle is skaars bewus van die voorreg om synde `n inwoner van `n son te wees. Toe ek nog soos `n wurm op my ellendige planeet rondgekruip het, het ek dit ook nie geweet nie. Maar nou weet ek dit en ek as `n gees wat nou `n bietjie wyser geword het, het moeite om die regte woorde te kry om aan julle die voorreg wat julle geniet, te beskryf. In vergelyking met julle het `n inwoner op my aarde `n miserabele bestaan in alle omstandighede van sy natuurlike lewe. Daar is slegs vlietende oomblikke van wat hy kan sê dat hy dit geniet het. Die harde en armoedige grond op aarde dwing die arme sterflike om sy bestaan te verdien in die sweet van sy voorhoof. Manne van `n swakker natuur, wat nie van sulke werk hou nie, word bedelaars. Of, as hulle sterk genoeg is, beroof hulle die meer aktiewes van hul produkte om dit self te gebruik. Uiteindelik kan sulke manne `n groot aantal eendersdenkendes huur wat nie meer werk nie, maar wat leef van roof. Hulle sal die vlytige werkers verdruk op baie verskillende maniere. Met baie voorgee wat hul optrede `n skynsel van wettigheid gee, sal hulle betaling van sekere belastings vra, maar sal neerkyk op die werkers wat hulle betaal, as minderwaardig.

Geleidelik word hierdie lamsakke magtige tiranne wat heers oor die werkers en broodprodusente en hulle maak met hulle net soos hulle wil. Verder gee hulle aan die werkers wet op wet, wat gewoonlik tot die voordeel is van die wat dit gee. Daarom word `n oortreding van sulke wette ernstig gestraf en maak die harde lewe van so `n broodprodusent nog meer ellendig. Wanneer die onderdrukking van die werkers te ver gaan, rebelleer die werkers dikwels, hulle kom saam in groot getalle en staan verwoed op teen hulle verdrukkers en maak dikwels baie van hulle dood, maar verloor gewoonlik ook hul eie lewens. Sulke woedende bewegings word 'oorloë' genoem op aarde. Wanneer `n oorlog begin is, hou dit gewoonlik aan totdat een van die groepe wat betrokke is, heeltemal vernietig is, of totdat die swakker een tydens die moord besef dat dit nutteloos is om te veg teen `n magtiger vyand en so onvoorwaardelik oorgee, waarna daar weer vrede is. Maar wat `n vrede! Dit is `n helse vrede, nie `n hemelse een nie! Die verowerdes word slawe en moet dikwels wetgewing aanvaar wat nie net hul arme, verdwaalde liggame in swaar kettings hou nie, maar hou ook hul gedagtes gevange. So `n toestand kan aanhou vir duisende aardse jare, maar die aard van die aarde verander nie en die nag word altyd gou gevolg deur `n treurige dag van lyding, `n vriesende koue winter deur `n warm somer. Gebrek aan voedsel veroorsaak pyn in die maag, wat ons honger noem. In jare met `n slegte oes, sterf baie hieraan.

O vriende, vergelyk hierdie lewe van julle met hulle s’n en sê vir my of julle wysheid woorde kan vind wat die groot voorregte kan uitdruk wat julle geniet. Julle sê: "Dit kan nie `n lewe genoem word nie, maar slegs `n verskriklike pyniging! Hoe kan mense so lewe en nog steeds hulle Skepper prys?" Hoewel julle vraag geregverdig is, kan ek julle verseker dat daar baie mense is wat hulle Skepper liefhet en prys, hoe erger hulle moet ly. Wat dink julle daarvan? Julle sê: "Vriend, dit is onmoontlik! Hoe kan `n goeie Skepper Sy skepsels so `n slegte lewe gee en dan nog verwag dat hulle Hom moet prys en liefhê? Sekerlik het die arme aardbewoners nooit hulle ware Skepper leer ken nie. Of as hulle Hom ken, is hulle dwase om Hom te bedank vir so `n lewe, wat nog Hom liefhê!" Oorweeg julle so baie bevoorregte lewe, ook hierdie vraag is geregverdig. Maar wat sal julle hiervan sê: Dat die Skepper dit baie duidelik aan die mense op my planeet gemaak het dat indien, ondanks die swaar van die lewe op aarde, as hulle Hom nie bo alles liefhet nie, hulle vyande en die pynigers nie seën en bid vir diegene wat hulle vloek nie, hulle die ergste ewige straf in die vure van die hel kan verwag? En dat hulle God, die Skepper, met hul hele hart vir alles wat Hy aan hulle stuur, of dit seëninge of lyding is, moet dank? Sê my, wat dink julle daarvan?

Hoe hou julle van die feit dat die Meester op daardie planeet die grootste lyding stuur aan dié wat Hom liefhet met hulle hele hart? En dat dié wat Hom die meeste bespot, gewoonlik in die beste omstandighede woon, dit wil sê, wat julle kan noem "goed" op aarde? Praat, vriende en gee my julle mening daaroor, julle gelukkig wesens! Julle is stil? Ek sal julle meer moet vertel dat julle makliker `n opinie kan vorm. Luister dus. Ek hoef nie die hele tyd julle wonderlike bestaan te beklemtoon, sodat julle `n baie duidelike beeld van die ellendige status van my wêreld kan kry nie. Julle weet beter as ek hoe julle wêreld is. Dus sal ek dit oorlaat aan julle gesonde verstand en duidelike oordeel om die omstandighede in my wêreld met dié van julle s’n te vergelyk. Aangesien julle reeds verstom is oor dit wat ek julle tot dusver vertel het, wonder ek wat julle sal sê oor die volgende? Ek het reeds voorheen vir julle gesê dat my wêreld vol swaarkry is, of dit natuurlik, geestelik, of moreel is. Die grond kan net met groot moeite bewerk word en voordat sodanige werk kan begin, moet baie gereedskap gemaak word wat noodsaaklik is vir die bereiking van resultate. 

Met verloop van tyd, het die situasie van die mens in my wêreld op so `n manier ontwikkel dat slegs `n minderheid nog grond besit. Die oorgrote meerderheid van die aardbewoners besit niks nie en is slawe vir die grondeienaars vir `n karige loon en dikwels net vir `n skrale ete. Baie van hierdie grondeienaars vergader `n duisend keer meer as wat hulle en hul kinders in eeue kan gebruik. Wanneer die harde winter kom, het die rykes `n goeie, stewig geboude huis, waarin hulle in gemak kan warm kry deur middel van kunsmatige vuur en in hulle kamers het hulle sagte warm beddens vir rus. Maar die groot aantal arm mense woon in miserabele wonings, dra karige klere en is dikwels honger en siek. En selfs as daar tye kom wanneer duisende in `n wanhopige verknorsing sterf van die honger, bekommer die rykes hulle nie daaroor nie. Hulle kyk rustig daarna en sê: "Dit is goed dat die nuttelose bedelaargespuis uitsterf en ons nie langer lastig val nie." Die armoede en hongersnood word gewoonlik deur die rykes veroorsaak, tot hulle verdere voordeel. Hulle woeker met die voorraad wat hulle versamel het en wie nie betaal wat hulle vra nie, kan by hulle deure sterf van die honger, maar dit versag gladnie hulle harte nie. Ten spyte van die onreg hiervan, doen die Skepper so te sê niks daaraan nie. Elke dag word gevolg deur `n nag, die reën val en dit seën die lande van die rykes meer as dié van die armes wat nie oor die middele beskik ter voorbereiding van sy arm grond vir die beste resultate nie. Die vrugtebome van die ryke is gewoonlik vol vrugte, terwyl dié van die armes dikwels byna onvrugbaar is. Die ryke het genoeg van alles, terwyl die armes dikwels in groot ellende moet omkom. Soos reeds gesê, so `n weersinwekkende en helse stand van sake bestaan dikwels vir `n baie lang tyd, waartydens die Skepper heeltemal onverskillig blyk te wees. As nou en dan, miskien as gevolg van die betraande pleidooie van die armes, `n oordeel oor die aarde gestuur word wat lyk asof dit van Hom kom, is die slagoffers meestal die wat arm en swak is. Die rykes kom gewoonlik ongedeerd weg en terwyl hierdie oordeel duur, word sommige van hulle selfs ryker en gelukkiger in hulle materiële lewe.

In `n oorlog, moet die armes gewoonlik sterf op die slagveld vir die rykes en dit vir `n baie karige loon. Maar dit beskerm weer die eiendom van die rykes. En die armes wat uiteindelik terugkom van die slagvelde, is dikwels kreupel gelaat met die verlies van ledemate of verwond en hulle moet gaan bedel vir `n stukkie brood. By die deure van die rykes word hulle dikwels soos diere weggejaag met die mees skandelike misbruik. En tog is hulle nie toegelaat om hul folteraars te verwens nie, maar hulle moet hulle seën en vergeef uit die diepte van hulle hart, of God mag hulle straf met `n ewige hel. Te alle tye moet die armes en ongelukkiges die meeste ly, of dit in die oorlog as `n oordeel van God is, of enige ander oordeel, terwyl die verharde rykes en bevoorregtes gewoonlik ongedeerd wegkom. Ten spyte hiervan, is dit meestal die armes wat die Meester liefhet, in Hom glo en tot Hom bid so goed as wat hulle kan. Die gelukkige rykes het meer dikwels as nie geen geloof nie. Hulle verharde harte hou baie min liefde vir God, hulle bid min of gladnie en dikwels bespot hulle Hom en Sy wet. Sommige verkies goud, goeie kos en `n jong, wulpse vrou met wie hulle die vieslikste wellustigste dade pleeg, `n duisend keer bo God, wat skaars vir hulle bestaan en baie duisende keer bo diegene wat vir hulle sweet en waghou oor hul veiligheid met hulle eie swak lewens, dag en nag, somer en winter. Maar met al hulle goddeloosheid, is hulle gelukkig in hulle materiële lewe en dit is nooit die armes, maar hulle gelykes wat hulle soms uit hul oorvloed beroof. Maar selfs wanneer hulle slegte geluk gehad het, is die rykes nog steeds veel beter af as die gelukkigste armes, wat nooit iets beters gehad het as baie ellende nie. Sê vir my vriende, hoe hou julle van die lewe van die mense op die planeet wat julle noem die "Heilige Planeet"?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205