Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 175

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 175 -

ROERENDE UITWERKING VAN MARTIN SE PREEK OP DIE SONBEWONERS. DIALOOG TUSSEN URON EN MARTIN.

(Hier tree die wyse Uron na vore en sê): "Vriend, ek kan sien dat jy die waarheid praat, maar wat hoop jy om daardeur te bereik? Wil jy hierdie mense teen God opmaak? Hier is my wysheid werklik tot `n einde en ek kan jou nie verstaan nie en God nog minder! Watse orde is dit veronderstel om te wees? Om die hemele en helle van baie wêrelde te ken, maar geen hel is erger as jou aarde nie. Daarom wil ek jou vra om oor iets anders te praat, of jy sal my volk teen God opwek, Wie hulle so ver bo alles geprys en eerbiedig het."

(Martin): "Vriend, elke mens en wese is deur die Meester `n bepaalde taak gegee om uit te voer, openlik of heimlik, met die enigste verskil dat die dinge uitgevoer moet word, maar ons vrye wesens kan en wil dit doen. Daarom, ongeag wat die resultaat van my preek ookal mag wees, ek doen niks behalwe die Meester se wil nie. Julle kan dus aanhou luister na my, want ek is nog nie heeltemal klaar nie."

(Uron): "Jy kan voortgaan met jou toespraak, maar die vraag bly steeds: Wie sal baat deur jou openbaring. Jy kan niks verloor of baat deur ons suiwerder inwoners van hierdie wêreld te vertel oor hoe die lewe op joune is nie. En ons kan seker niks baat deur beter bekend te wees met die boosheid van jou wêreld nie, wat dit nie tot so `n mate openbaar is deur ons wysheid nie. Maar jou beskrywing van die verskriklike toestande op jou wêreld kan baie skade aan ons doen, wat dalk onherstelbaar is. Ons het reeds `n baie gedetailleerde beskrywing deur jou van die swak toestande op jou wêreld en ons kan ons maklik voorstel dat daar nog erger dinge kan gebeur. Daarom kan ek nie enige punt sien om ons langer te pla met hierdie sake wat van min belang vir ons is nie, want ons kan nie die ongelukkige omstandighede op jou wêreld verander nie. Buitendien sou ons nooit instem om die baie slegte toestand van jou wêreld aan te neem nie. Dus dink ek dat jy nou jou broer Petrus moet laat praat, want hy mag iets beter hê om ons te vertel. Indien dit jou bedoeling is om God, jou Skepper en ons s’n voor ons te beskuldig en ons te laat besluit of Hy reg of verkeerd is, is ek baie jammer vir jou. Wat kan ons magtelose wesens bereik teen die oneindige almag van die Skepper, selfs al is ons oortuig dat Hy onregverdig handel met die inwoners van jou aarde, want Hy is nog steeds die enigste Meester en die hele oneindigheid lê in sy hand en is afhanklik van Sy wil. Kom ons neem aan dat tussen die ontelbare wêrelde Hy inderdaad een besondere wêreld bestem tot `n speelding vir Sy grille: Wie kan Hom daarvoor tot verantwoording roep? En as jy sou waag om dit te doen, kan jy `n antwoord van Hom afdwing? Hy is en bly vir ewig die enigste Heer en doen wat Hom behaag. Hy kan Sy genade skenk aan mense of hulle veroordeel, ongeag of ons dit geregverdig vind of andersins. Wie kan Hom verhinder om hierdie wêreld binne `n oomblik te vernietig as Hy dit wil doen, of as Hy tienduisende verskriklike geeste stuur om ons te straf vir eons van tye, wat kan ons doen om so `n oordeel te voorkom?

Ek glo dat God, Wie nou sigbaar onder ons teenwoordig is, die enigste Meester van al die wêrelde, hemele en helle is. Sy almag bevestig ook Sy oneindige wysheid! Hy sal die beste weet waarom Hy soms dinge laat gebeur wat ons waarskynlik nooit sal begryp nie. En ek is daarvan oortuig dat as ons, ons gewillig aan Sy wil en orde onderwerp, ons nie verkeerd sal gaan nie. Stem jy saam met my?"

(Martin): "Natuurlik Maar omdat dit die wil van die Meester is, moet ek voortgaan met my preek. Jy sal Sy wil in hierdie saak ook moet respekteer."

(Uron): "As dit so is, praat dan verder in Sy Naam ons sal na jou luister."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205