Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 176 -

EINDE VAN MARTIN SE PREEK EN 'N WENK OOR DIE DOEL DAARVAN. VOORWAARDES OM 'N KIND VAN GOD TE WORD. WOORDE VAN DANK EN WAARDERING VAN DIE WYSE.


(Martin): "Ten spyte van die baie slegte lewensomstandighede op aarde, waarvan ek maar net `n rowwe uiteensetting gegee het, wil ek nie te enige tyd sê dat die Meester nie regverdig is nie. Ek wil ook nie beweer dat dit bykans onmoontlik is om `n lewe op aarde te lei wat vir Hom goed is nie. Ek wil net julle gedagtes meer ontvanklik maak en dit kan net bereik word deur julle te wys op die talle voordele van julle lewensomstandighede. Vir julle wat daarin gebore is, is dit onmoontlik om dit te oordeel, tensy julle `n vergelyking met die lewensomstandighede op `n ander wêrelde het, veral myne, waarmee ek maar al te bekend is en baie daarmee te doen gehad het. Ek het nie die minste plan om die Meester voor julle en jul wysheid te beskuldig nie en ook wil ek julle nie teen Hom opmaak nie, wat onuitspreeklik dwaas van my sou wees. Maar in die lig van die feit dat julle ook geroep is om kinders van God te word en dat julle wysheid dit aan julle bekend gemaak het dat die ware kinders van God slegs voortgebring kan word op ons wêreld, is dit noodsaaklik vir julle om ook te weet onder watter omstandighede `n mens hierdie waardevolle en mees verhewe posisie van eer kan bereik. Sover was julle lewens niks anders as `n tydverdryf vir God se engele nie, wie se eiendom julle was en dit was heeltemal ongeskik vir die bereiking van God se kindskap, want dit is geen spel nie, maar `n heilige erns en moet nagestreef word, dikwels in die mees bittere werklikheid van die lewe. Daarom sal julle ook wette gegee word, soortgelyk aan ons s’n en ook hier sal die woord van God van toepassing wees: "Elkeen van julle moet sy kruis opneem en My volg, of hy kan nie wees waar Ek is nie en woon en optree, omring deur my kinders wat my regterhand vir ewig sal wees en doen wat Ek doen en leef soos Ek leef nie." Om hierdie rede het die Meester self as `n mens in my wêreld kom woon en al die denkbare ontberinge van die menslike lewe op aarde gely en uiteindelik selfs toegelaat dat die blinde mensdom Sy liggaam tot die dood toe aan `n kruis hang op die mees vernederende en pynlikste wyse. En dit alles net sodat die mense van my wêreld gode kan word, - as hulle dit wil, natuurlik.

Maar die feit dat iemand gebore word in die wêreld waar die Meester self die vlees aangeneem het, sal alleen nie voldoende wees om die kindsverhouding met God te bereik nie, hy moet vrywillig voldoen aan al die voorwaardes soos voorgeskryf deur die Meester self. Almal van julle het my beskrywing van die ellende op aarde gehoor, wat byna die indruk gee asof die Meester nie geïnteresseerd is in die wêreld wat Hy self die belangrikste en heiligste in die hele heelal gemaak het deur Sy vleeswording daar nie. Maar dit is nie so nie. Mense op die aarde is vry in die volste sin van die woord en hulle kan doen wat hulle wil: Goed in ooreenstemming met God se wet, of sleg daarteen. Niks trek hulle na goed of sleg nie, dit alles hang van hul eie vrye wil af. Dit is ook die rede waarom die lewensomstandighede in daardie wêreld so karig is, dat die mens se vrye wil nie daardeur beïnvloed en bedorwe word nie. Aan die ander kant is die hemelse dinge ook bedek, sodat dit nie die besluit van die vrye wil na die goeie dwing, omdat die mens duidelik kan sien watse saligheid in die hiernamaals op hulle wag nie. Alhoewel God se onderrig dit duidelik maak aan almal wat die gevolge sal wees van óf `n goeie óf `n slegte lewe, kan hy nog doen wat hy wil, want daar is aan weerskante geen versekering vir hom om sy besluit af te dwing nie. Alles op aarde is dus gerangskik op so `n wyse dat die mens se wil vry is en bly. Want sonder `n vrye wil sou dit onmoontlik wees om kindskap van God vrylik te bereik sonder enige dwang. In die lig hiervan is dit nie moeilik om te verstaan dat die meeste mense op my aarde op die een of ander manier dwaal nie. Dat julle ook, as julle ernstig kinders van God wil word, oorgedra sal word aan heel ander lewensomstandighede, is `n heel ander saak. Hoe, sal my opvolger julle vertel. Luister dus na Hom!" 

(Uron): "Ek en almal hier vergader, dank jou vir jou preek en onderrig aan ons gegee deur die genade van jou en ons God en Meester. Ek vind die laaste deel besonder waardevol, want dit het my duidelik die rede gewys waarom lewe op jou wêreld soveel swaarder is as op ons s'n. Verder het dit my geloof wat ek vroeër uitgespreek het, bevestig dat geen intelligente wese die goedheid van die Skepper kan betwyfel nie, want Sy oneindige almag, met Sy ontelbare werke van die wonderlikste soort en orde, is onbetwisbare bewys van Sy onbeperkte wysheid. En sulke wysheid kan net vloei van die groot orde in die mees volmaakte, ewige lewe van die Skepper self. Waar lewe op die hoogste, suiwerste en mees diepgaande orde gebaseer is, in so `n volmaakte lewe moet daar `n goedheid woon wat selfs buite die begrip van die mees vrye geskape gees is. Dankie geliefde vriend, van myself sowel as van al die ander wat hier vergader is en nou sien ek uit na wat broer Petrus ons gaan vertel. Mag die Meester sy tong lei. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205