Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 177

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 177 -

DIE DREIGENDE VLOED STYG. PETRUS SE GERUSSTELLENDE WOORDE. SY BETEKENISVOLLE VRAAG AAN DIE SONBEWONERS: "WIL JULLE KINDERS VAN GOD WORD OF NIE?" URON SE ANTWOORD.

Nou word `n teken gegee dat die waters van die groot see baie naby aan diegene in die onderste posisies is en sal enige oomblik aan hulle voete raak. Die Almagtige Gees moet hulle help, of hulle sal gedwing wees om te vlug.

(Petrus): "Vriend en broer, sê vir die mense om nie moed te verloor nie, want die Meester het hierdie gevaar doelbewus toegelaat, sodat die heerlikheid van God duideliker gedemonstreer kan word. Die water gaan hulle voete raak, maar hulle sal nie nat word nie! Die ondergrondse formasie sal uitgeforseer word en sal opswel totdat dit bars en groot massas vuur uitspoeg, maar sal heeltemal oplos soos dit terugval en die kors sal terugsak die oomblik wat dit gebars het. Daarom moet niemand bang wees nie en almal moet die dreigende gevaar heeltemal ignoreer, dan sal niemand iets oorkom nie. Vertel hulle dit onmiddellik."

Uron, die wyse, stuur hierdie boodskap aan met die hulp van die reedsgenoemde tekens en binne `n paar oomblikke kom tekens uit alle rigtings terug. Hulle sê dat die instruksies deur almal verstaan word en dat almal dankbaar en bereid is om dienooreenkomstig op te tree. Toe die wyse Petrus dit vertel, sê hy:

(Petrus): "Vertel hulle om my al hul aandag te gee, want ek gaan hulle baie belangrike dinge vertel." Die wyse doen dit en almal is gespanne met verwagting.

(Petrus): "My vriende en broers, my voorganger het aan julle die lewensomstandighede van die aardbewoners beskryf. Ek het ook daar gewoon ten tye die Meester self die vlees van die mens aangeneem het en alle denkbare swaarkry gely het van Sy kinderjare af, net soos enige ander lid van die armes wat nie enige eiendom besit het nie. Van die ware beskrywing van die lewensomstandighede wat Martin aan julle gegee het, kan julle maklik oordeel hoeveel beter julle in alle opsigte af is in julle groot wêreld van lig, maar julle sal nou ook verstaan wat nodig is om `n vrye kind van God uit sy skepsele te maak.

In die eerste plek kom die vraag op: "Wil julle of wil julle nie kinders van God word soos ons nie?" Julle sal al julle voorregte behou, so ver as wat hulle nie aan bande gelê word deur `n wet om vrywillig afstand te doen daarvan ter wille van die koninkryk van God nie. Oordink dit goed en slegs na julle volwasse oorweging, sê vir my Ja of Nee. Dink aan die voordeel van `n kind van God, of ten minste om in staat wees om een te word, maar dink ook aan wat gedoen moet word om so `n voordeel te verkry. Maar neem julle huidige voorregte en lewensomstandighede in ag, wat julle moet erken baie anders is as die ander. Maar vir `n feit sal alles wat julle afstand van doen `n duisend keer vir ewig vergoed word in die Koninkryk van God! Maar die feit moet nie verstaan word as `n sekerheid nie, maar slegs vaag tot die omvang van `n mens se krag van geloof. Op die oomblik sien julle voor julle duidelik geopenbaar, die geestelike, sowel as die natuurlike. Maar met die wat in alle erns kinders van God wil word, sal dit nie langer die geval wees nie. Daarom, oorweeg versigtig wat julle van plan is om te doen. Julle word `n groot ding aangebied, maar daar word baie van julle gevra om dit te bereik."

(Die wyse): "Vriend, jy is bewus daarvan dat ons intelligensie van so `n aard is dat ons nooit lank hoef te redeneer oor `n besluit nie en ons weet onmiddellik wat ons wil doen, of wat ons moet doen. Daarom het ek, sowel as al die mense teenwoordig, ook in hierdie geval geen twyfel oor wat ons verlang en natuurlik, wat ons in staat is om te doen nie. Elke aksie veronderstel die vermoë om dit uit te voer en waarlik, God self sal nie meer van enige wese verlang as wat hy in staat is om te doen nie, afhangende van sy aard en sterkte. Ek is dus daarvan oortuig dat die Meester ook nie meer van ons sal verlang as wat ons in staat is om te doen as gevolg van ons natuurlike en geestelike toestand van die ontwikkeling op hierdie wêreld nie. Hierdie beginsel maak dit baie duidelik dat ons net dit wil wat ons in staat is om te doen en dit is al wat tel, waar die kwessie van kindskap van God betrokke is. As ons in staat is om dit te bereik, begeer ons dit, maar as dit meer vra as ons grootste inspanning, dan kan ons dit nie begeer nie, want in so `n geval sal dit onbereikbaar vir ons wees. In kort, indien dit haalbaar is vir ons onder ons huidige lewensomstandighede, begeer ons dit; so nie vriend, moet jy verstaan dat ons dit onmoontlik kan begeer. Nou ken jy ons besluit! Doen wat jy wil, want ek glo dat ook ons vry is en so moet bly. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205