Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 178

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 178 -

VERDERE VERDUIDELIKING DEUR PETRUS OOR DIE VRAAG VAN DIE KINDVERHOUDING MET GOD. SY KRITIEK OP DIE BLOEDSKANDE BY DIE SONBEWONERS.

(Petrus): "Liewe vriend, jy het my verduideliking in beginsel verkeerd verstaan. Die vraag is as volg. "Wil julle, of wil julle nie kinders van God word, soos ons nie?" Julle sal al julle voorregte behou sover as wat hulle nie aan bande gelê word deur wette wat julle nooi om vrywillig afstand te doen daarvan, ter wille van die koninkryk van God nie. (Dit geld natuurlik net vir die voorregte wat nie `n noodsaaklike deel van die lewe is nie.) Gepraat van die behoud van julle voorregte, ek aanvaar natuurlik dat julle dit verstaan soos verduidelik. Glo my, vriend, dat ons in die koninkryk van God wys genoeg is om te weet dat `n son nie verander kan word in `n gewone planeet as die eens gestigte orde van die heelal nie versteur moet word nie. Ook dat die aard van die sonbewoners aansienlik verskil van dié van die inwoners van `n klein planeet. Waarlik, ons weet dit net so goed soos julle!

Julle het egter ook sekere wette hier wat julleself gemaak het en wat eintlik glad nie oorweeg kan word om wette te wees nie, aangesien hulle niks vra buiten onbeteuelde vryheid in alles nie. Volgens hierdie wette word julle selfs toegelaat om van julle ou en wyse oorspronklike wette te verwyder en dit te vervang met leë nuwes. Nou is die vraag: "Is julle van mening dat die soort vryheid een van die werklike voorregte van julle lewe is?" Engele uit die hemel het aan julle riglyne gegee vir die huwelik, dit is die goeie vereniging tussen `n man en `n vrou. Hulle het ook die regte geestelike verwekking van kinders geleer, wat julle tot dusver behou het. Hoe is dit moontlik dat vaders nou op `n dierlike manier by hulle dogters slaap, terwyl hulle `n gebod het wat dit onder straf verbied dat `n vader selfs nie `n geestelike verwekking met sy dogter mag pleeg nie? Sê my, is julle van mening dat dit een van die onmisbare voorregte van julle lewe op die son is? Gee my julle mening." 

(Die wyse): "Ag vriend, dit is nie een van die voorregte van ons lewe nie, inteendeel, dit is die mees nadelige, beide vir ons natuurlike en ons geestelike lewe. In die lig hiervan, kan ons natuurlik afstand doen van sulke ware nadele. Die "voorregte" wat ek aan gedink het, bestaan hoofsaaklik in ons spesifieke aard wat ons tot `n groot mate heersers maak oor die aard en die wese van ons wêreld. Een van hierdie voorregte is dat ons uit die grond van hierdie aarde kan onttrek wat ons wil, ontelbare en onbeperkte prag en praal, sowel as alle denkbare noodsaaklikhede vir die instandhouding van ons liggame. Ek is seker dat ons pleidooi vir die behoud van sodanige regte nie `n sonde in die oë van die Meester sal wees nie en ook nie `n rede om ons kindskap te weier nie. Maar indien Hy so `n versoek as `n sonde beskou, dan moet ons aandring dat ons toegelaat word om te bly soos ons is, eerder as om hierdie sekuriteit te verruil vir iets wat baie onseker en moeilik is om te bereik. Dit is hoe ek daaroor dink vriend! As jy saamstem, sal almal van ons jou voorstel aanvaar, as jy nie saamstem nie, sal ons dit weier. Die Meester kan ons nie vra om die onmoontlike te doen nie, tensy Hy ons heeltemal verander en ons toerus met die eienskappe en vermoëns wat nog heeltemal onbekend is aan ons. Maar geen wese kan die Meester se almag teenstaan nie en dit geld ook vir ons."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205