Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 186

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 186 -

DIE WYSE BETUIG SY VREUGDE EN DANKBAARHEID. DIE OORSTROOMDE BOORDE. SATAN SE UITSETTING DEUR JOHANNES EN MARTIN.

(Na hierdie woorde van My, sê die wyse, vol vreugdevolle opwinding): "O Meester, o Vader, vol van liefde, vriendelikheid, eer, mag, krag en heiligheid, dit gee ons die beste waarborg dat U ons nooit sal verlaat nie. Want hy wat saam met ons eet, maak dit duidelik dat hy by ons sal bly. En so sal U, soos U ons vroeër belowe het, - daarom lof en eer aan U vir ewig en ons diepste dankbaarheid!" Nou haas hulle almal na buite om voedsel te gaan haal uit die tuine om voor My uit te stal. Maar toe hulle buite kom, wag `n groot teleurstelling op hulle, want die water wat deur die groot vurige swelling uitgedwing is, bedek al die ryk boorde. Hulle is dus nie in staat om enigiets van die gewone oorvloed van die groot tuine in te samel nie en hulle kom baie depressief terug na My toe, waarna die wyse praat:

(Die wyse): "O Meester, vergewe ons, soos U kan sien, die bose vurige borrel het ons boorde met vuil seewater oorstroom, sodat ons gladnie iets daarvan kon kry nie. Dryf hierdie onheilige vloed asseblief weg en dan sal ons in staat wees om dadelik aan U wil te voldoen."

(Nou roep Ek vir Martin en Petrus en sê): "My broer Petrus en ook jy, Martin: Gaan buite, beveg die vloed en vernietig die bose vurige borrel sodat hulle nie hier vertraag word om My wense uit te voer nie. Sou die bose een julle eerste aanmaning ignoreer, beveel hom dan in My Naam vir `n tweede en derde keer. As hy nog steeds koppig is, maak dan kragtig gebruik van die hemelse mag wat julle besit. Laat dit so wees!" Petrus en Martin buig voor My en haas hulle saam met die wyse na buite. Daarbuite staan Martin verbaas oor die spektakel wat hy sien en sê:

(Martin): Ag, die lae berugte deugniet! Sê vir my, broer Petrus, sal hierdie semi-ewige aardsdier nooit ophou om kwaad te doen en skandelikhede te pleeg nie? Jy trek jou skouers op broer, asof om te sê: "Die Meester alleen weet dit." Ja, ja, jy is reg, maar as daardie deugniet ons nie onmiddellik gehoorsaam nie, sal hy duur betaal vir sy eiesinnigheid. Die hemelse krag deur die Meester aan ons verleen sal hom leer waar hy in die toekoms nie sy kwajongstreke moet uithaal nie. Sal ons saam uitroep, broer, of sal jy dit alleen doen? Of sal ek dit vir beide van ons in die Naam van die Meester doen?"

(Petrus): "Doen jy dit vir beide van ons in die Naam van die Meester."

(Martin): "Goed ek sal probeer! En nou luister, jou bose vloed en jy, berugte vuurborrel, maar veral jy, ou mees goddelose Satan: Keer onmiddellik terug na die orde deur die Meester , of jy kan `n regverdige en baie ernstige goddelike oordeel verwag! Amen! Drie keer!: Amen! amen! Amen!" Hierdie bevel word beantwoord deur `n snerpende sarsie gelag en hierdie woorde:

(Satan): "Jou ellendige brommer van `n biskop! Jy wat tien duisend keer minder as niks is nie, wil my beveel om te onttrek! Nie God of al Sy hemele, sal my kry om terug te trek nie, veel minder jy, ellendige onding! Maar uit suiwer grootmoedigheid waarsku ek jou en die res van die brommergespuis om gate te vind om in weg te kruip, anders sal julle `n smaak kry van die gereg wat op die oomblik baie warm in my groot pot gekook word. Nie dat ek wil wraak neem op julle ondinge nie, want `n magtige leeu vang nie vlieë nie. Wat ek hier doen, is nodig vir die behoud van my skepping. Maar sodat julle onbenulliges nie omkom nie, vlug van hier af en waag dit nooit weer om my te dreig nie! Moenie my groot geduld tot die uiterste beproef nie, want wee jou as dit tot `n einde kom!" Martin is woedend oor Satan se opstand en kan nie inderhaas dink wat om te antwoord nie.

(Petrus vermaan hom egter en sê): "Jy moet jou op geen manier vererg nie, want dit is presies wat hy wil hê jy moet doen. Daardie een moet `n mens op `n heel ander manier behandel. Kyk, ek sal hom kry om onmiddellik te onttrek en dit baie rustig! Ek sal net vir hom saggies sê: 'Satana, die Meester Jesus Christus sy met jou ook!’ En kyk, die vloed blaas al die aftog en die vuurborrel krimp tot niks en hy is stil en moet my hemelse krag gehoorsaam, selfs al doen hy dit woedend!"

(Martin): "Ek het nie kon dink dat daardie monster so gou sou ingee nie. Is dit die uitwerking van die hemelse krag? Ek het gedink dat dit heel anders sou wees. Ek dank jou broer, want dit is werklik `n hemelse wyse les. Dit het my aansienlik wyser gemaak. Kyk, die water het heeltemal teruggetrek en daar is ook geen spoor van die vurige swelling oor nie. Eer en glorie aan die Meester vir ewig! Ek dink dat die bose deugniet van `n Satana, of `n Satan, nie gou weer sal waag om ons aan te vat nie."

(Petrus): "Dit is niks, hy was al baie erger lesse as dit geleer, maar sommer gou is hy terug met `n nuwe streek. Dit sal nie lank wees voordat hy meer moeilikheid vir ons wil veroorsaak nie. Maar as daar niks anders is om hom weg te dryf nie, sal ons weer `n beroep op die krag uit die hemel doen en die oorwinning sal ons s'n wees. Onthou dit goed, broer en tree volgende keer dienooreenkomstig op!"

(Petrus draai na die wyse, wat nog uiters verbaas voor hulle staan en sê vir hom): "Jou tuin is weer vry. Nou kan julle aan die Meester se versoek voldoen." Die wyse buig diep en haas dan na die boorde om kos en drank te gaan haal.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205