Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 189

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 189 -

OOR DIE EWIGE SEËN AAN DIE MEESTER SE TAFEL. SKIELIKE TRANSMUTASIE VAN DIE DRIE SON-DOGTERS. WENK OOR DIE KRAG VAN LIEFDE EN HAAR WONDERS.

Die maaltyd het spoedig tot `n einde gekom en almal is verfris en loof die wonderlike smaak van die geregte. Toe al die kos geëet is, word Ek nederig deur die twee wysgere gevra:

(Uron en Shonel): "O liewe Vader, as dit U heilige wil is, wil ons graag meer voedsel vir die tafel gaan haal."

(Ek sê): "Dit sou heeltemal onnodig wees, as `n mens eenkeer aan My tafel geëet het, is hy versadig met die ewige lewe. As hy My net eenkeer geabsorbeer het, is hy in volle besit van My vir alle ewigheid. Maar nou, My kinders, is daar iets waarna ons moet omsien. Dit sal ook `n gereg wees. Maar `n geestelike en nie `n wesenlike een nie. Hierdie drie dogters, wat die eerste was om My te ontmoet en ook te herken deur die gloeiende liefde in hul harte en wat sedertdien `n ernstige toets suksesvol geslaag het, wil Ek aanneem as My kinders. Maar Ek sal dit slegs doen as julle saamstem, want julle sal nie die voorreg verloor om op julle aarde te leef so lank as wat julle wil nie. Daarom, laat my julle begeerte weet, of dit goed is met julle dat Ek hulle lewens verkort in hierdie wêreld en hulle aanneem."

(Uron en Shonel): "Meester, U geliefde, heilige Vader, omdat U vir ewig heilige wil ons lewe is en ons vorm en inhoud gegee het en aangesien ons almal U s’n is en nie ons eie nie, hoe kan ons dan ons wil bekend maak, of dit goed is vir ons of nie? O Meester, met ons hele hart is ons dit eens met wat U wil doen, want U allerheiligste wil is ons liefde en ons lewe. U het oorspronklik hierdie drie geliefde dogters aan ons gegee en so is hulle U s’n, nie ons s'n nie en U kan hulle neem wanneer U wil. U heilige wil word vir ewig geprys!"

(Ek sê): "Liewe kinders julle woorde maak My bly, want dit kom uit julle harte, nie uit julle monde nie. En hierdie drie, soos julle hulle hier aan My sy sien, is dus nou nie meer in hulle sterflike, maar reeds in suiwer geestelike liggame. Hulle was op daardie oomblik verander toe julle in julle harte waarlik en in blydskap saamgestem het. Het julle enige verskil agtergekom tussen hulle vorige en huidige state?"

(Uron en Shonel): "O, Vader, ons kan geen verskil sien nie! Hoe het dit gebeur en hoe moet ons dit verstaan? Ons heengegane geeste lyk baie ligter en meer eteries, terwyl die drie lyk asof hulle nog steeds hulle fisiese liggame het. Boonop laat ons heengegane geeste altyd hulle liggame agter, wat dan na `n sekere plek geneem word, waar hulle vinnig ten volle disintegreer. Maar die drie het nie hulle liggame agtergelaat nie. Hoe is dit moontlik?"

(Ek sê): "Begryp dit, my kinders: As iemand se liefde vir my net so vurig en magtig is soos die liefde van hierdie drie, sal hy reeds in sy liggaam verander word deur daardie vurige liefde. Sy vlees word ontbind en gesuiwer deur die vuur van sy gees en word deel van sy gees se eie lewe en wese, sonder dat die liggaam heeltemal geskei word van die wese van die gees. As julle die voorbeeld van hierdie drie volg in julle liefde vir My, sal julle transmutasie dieselfde wees en so sal dit vir almal wees wat lief genoeg vir My is om alles te verlaat ter wille van die liefde!"

(Martin): "O Meester en liefste Vader Jesus, dit sou wonderlik wees as dit ook op ons klein aarde kan gebeur, maar waarskynlik is die liggame van my broers op aarde te grof in sy materiële substansie vir so `n transmutasie."

(Ek sê): "Martin, die aarde is nie wat die son is nie, ook is die son nie wat die aarde is nie. Maar Ek is dieselfde in die hemel, op die son en op die aarde en dus is die regte liefde in sy krag en effek ook oral dieselfde. Daar is genoeg voorbeelde van sulke transmutasies, ook op die aarde, in die ou, sowel as in die huidige tyd. Maar hierdie effek moet voorafgegaan word deur die nodige oorsaak! Te min hitte smelt nie eens was nie, hoe kan dit dus verwag word om metaal te smelt? Is dit duidelik vir jou?"

(Martin): "O Meester, dit is baie duidelik vir my, want ekself was so `n was of metaal. My warmte was selfs nie voldoende om `n bietjie was te versag nie en kon natuurlik onmoontlik nie die harde metaal smelt nie. En daar is waarskynlik baie broers op die aarde wie se materie nie net metaal, maar selfs so hard soos diamante is. Daar is natuurlik nie veel kans vir sulke materie om net soos die van hierdie drie hemelse dogters opgelos te word nie."

(Ek sê): "Dit is nie nou die tyd om daarop in te gaan nie Martin, maar jy moet weet dat daar baie dinge vir My moontlik is, wat vir jou lyk asof dit onmoontlik is. Ek verseker jou dat wonderwerke plaasvind, selfs in die graf, ongesiens deur die sterflike oë van `n mens. Maar nou, niks meer daaroor nie. Ons het iets heeltemal anders om te doen. `n Belangrike taak wag vir ons, want ons vyand is weer besig met iets!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205