Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 190

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 190 -

MARTIN STEL VOOR HOE OM DIE SATAN SKADELOOS TE MAAK. DIE MEESTER SE WENK OOR DIE TOELAAT VAN SATAN SE BOSE WERKE. MARTIN WORD MAGTIGING GEGEE OM SATAN TE VERBAN.


(Martin): "Rus daardie kwaaddoener nog steeds nie? Meester, As ek net `n vonk van U almag gehad het, sal ek hom vir ewig aan `n ander wêreld bind. Solank as wat daardie bose wese nie vir ewig gebind is nie, sal sake nie op die arme wêrelde verbeter nie. Waarskynlik bestaan U materiële skepping reeds vir `n paar desiljoen van aardse jare, of selfs Sonjare, o Meester. En deur al die ondenkbare eons en selfs daarvoor, het die Satan net so boos soos op die oomblik bestaan. Al die eindelose verdrukkinge en straf het gefaal om hom te verbeter en ook in die toekoms sal niks hom verbeter nie. In die lig van hierdie feite, dink ek hy moet vir ewig verban word na `n onbewoonde wêreld, sodat die res van die skepping in vrede gelaat kan word. Want as U, o Meester, hom `n sekere, selfs al is dit die mees beperkte vryheid toelaat, sal sake nooit in die hele oneindigheid verbeter nie en ons sal altyd ons hande vol hê met hom. Natuurlik sien U, o Meester, die hele situasie veel beter as wat ons doen en weet waarom U so baie geduld en verdraagsaamheid met die Satan het. Ek het slegs hierdie saak uit my oogpunt beskryf en dit is wat ek sou doen. Ek besef dat U sal doen wat reg is in die lig van U ewige Liefde en Wysheid."

(Ek sê): "My liewe seun Martin, jy praat soos jou wysheid jou leer en `n ander een sal weer anders praat, maar hy wat sien in die dieptes van My orde sal praat soos Ek. Wat maak dit saak as hierdie wese iets vernietig, want ons kan dit weer heelmaak? Het jy nie op die aarde deur sy skool gegaan nie en was jy nie heeltemal vernietig nie? En kyk, jy is vir alle ewigheid herstel. Sê My, bekommer dit jou nog steeds hoe jy gevaar het toe jy nog in jou staat van vernietiging was? Jy sê nee, dit bekommer jou geensins nie. Wel, net so sal die saak met triljoene ander van jou soort wees. Baie is natuurlik siek en ly baie, maar ons is in staat om hulle te help en wanneer hulle genees is, sou hulle steeds ly as gevolg van hul vorige siekte? Dit is baie onwaarskynlik, want die een wie se gesondheid herstel is, vergeet gou hoe dit was om siek te wees en dan toon hy nie dikwels meegevoel met die ander wat siek is en ly nie. En dit is hoe dit nou met jou is. Jy is vir ewig genees en ken nie meer pyn, angs en vrees, soos hy, wat nog steeds baie siek is nie. Daarom moet ons gesonde en sterk geeste baie geduld hê met die baie siek Satan en dit al hoe meer so, omdat hy ons moet dien deur sy siekte, of dink jy regtig dat Satan, wat onder dwang is, onbelemmerd kan doen wat hy wil? Daar is jy baie verkeerd! Satan kan net soveel doen as wat hy toegelaat word om te doen. Alhoewel sy opset baie goddeloos is, kan hy dit nie sonder My toestemming doen nie. En hoekom Ek hom af en toe toelaat om sy planne uit te voer, is steeds buite jou begrip op hierdie stadium. Maar as jy meer ervaring opgedoen het deur die aktiwiteite van die liefde in al die hemele, sal baie dinge vir jou duidelik word, wat jy op die oomblik nie kan begryp nie. Maar Ek sal jou nie aflei van jou opinie nie. As jy die Satan wil verban om ewige rus vir almal in die oneindigheid te kry, gee Ek nie om nie. Ek sal jou ook met voldoende mag toerus sodat jy hom kan bemeester op die manier waarop jy dit voorstel. Jy sal jou wil ten volle verwesenlik vind, maar op die einde sal jyself vir Satan vrylaat uit die boeie waarin jy hom nou wil bind. Doen nou wat jy wil, Ek het alreeds die nodige krag en mag aan jou gegee."

(Martin): "O Meester, so lank as wat ek die krag het en U stem saam, sal ek in staat wees om die skurk te beheer. Maar ten minste moet een broer saam met my wees."

(Ek sê): "Nie net een nie, maar Petrus, Johannes, Borem, Chorel, Uron en Shonel sal saam met jou gaan. Gaan nou dadelik. Want op die sentrale streek van die son, oorkant ons voete, om so te spreek, op die onderste helfte van die son is Satan verantwoordelik vir aansienlike verwoesting en is nog steeds in groot woede en pyn daarmee besig en werk baie hard. Doen met hom wat jy dink reg is. Laat dit so wees!"

(Martin): "Ek dank U, O Meester en Vader en met U hulp sal ons slaag! Nou broers, laat ons dadelik op ons pad wees, of die skurk sal helfte van die son vernietig voordat ons hom bereik."

(Petrus): "Broer, as ons vinnig beweeg, is ons al by ons bestemming sonder om `n voet te verskuif, want in die gees is beweging hier en daar oombliklik;"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205