Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 191

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 191 -

MARTIN EN SY METGESELLE OP DIE PLEK VAN VERNIETIGING. SATAN WORD VEROORDEEL DEUR MARTIN. MARTIN BEJAMMER DIE HUILENDE SATAN EN BEVRY HOM.

Toe Martin na alle kante kyk, sien hy nie meer die huis of die Meester nie en daar is niemand behalwe sy hierbo vermelde metgeselle nie. Hy sien `n toneel van verwoesting. Rook en kolomme van vuur styg op van die verwoeste grond. Hier en daar het enorme kraters van donderende vuur gevorm, waaruit van tyd tot tyd, wêreld grootte gloeiende massas in die eindelose ruimte gegooi word. Baie van hulle val terug met `n donderende lawaai en stoot water in die groot, gloeiende kraters wat geweldige ontploffings van stoom veroorsaak. En dit alles het genoeg krag om te bewerkstellig dat `n wêreld soos die aarde miljoene kilometers in die ruimte ingeskiet word.

(Toe Martin sien hoe hierdie krag van die vuurkrater met massas, die grootte van die aarde, speel soos die wind op die aarde met sneeu vlokkies, sê hy in verbasing): "Broers, dit is buite die begrip van `n swak menslike gees! Wat `n ondenkbare manifestasie van krag! Sê vir my, is dit alles die werk van die aardsvyand, die Satan?"

(Petrus): "Dit is so! Ons help om hom verseker nie, ook nie ander van ons soort nie. Dus kan ons net aanvaar dat Hy alleen verantwoordelik is."

(Martin): "Maar waar is hy dat ons soontoe kan gaan en `n einde aan sy aktiwiteite maak?"

(Petrus): "Jy hoef nie daaroor bekommerd te wees nie, broer, hy sal jou vereer met sy teenwoordigheid! Kyk, daar styg hy al bo die enorme krater, gloeiend soos vloeibare erts wat uit `n oond vloei. Berei jouself gerus voor vir sy ontvangs, maar maak seker dat hy nie te naby aan jou kom nie, of jy mag dit dalk `n bietjie te warm vind!"

(Martin): "Goed dan, broer, hy sal nie te ver kom nie." (Hier spreek Martin Satan aan met magtige woorde van oordeel): "Die mag van die Meester in my verban jou vir ewig op die see van vuur, ter wille om ewige vrede te kry vir alle geskape wesens en om dit heeltemal onmoontlik vir jou te maak om verdere bose skemas te inspireer, sal wêreldgrootte berge, so hard soos diamant, jou dig verseël. Laat dit so wees, in die Naam van die Meester."

(Martin het skaars hierdie woorde gespreek, toe is dit reeds vervul, maar na `n kort rukkie vra hy vir Johannes): "Broer, jy het in jou tyd die openbaring gehad wat jy vir die wêreld neergeskryf het en wat geïnspireer was deur die Gees van die Meester. Sê my nou of dit wat ek aan hierdie kwaaddoener gedoen het, reg is of nie."

(Johannes): "Vra jou eie hart en daardeur, die orde van God. Jy is ook so oud soos hierdie een wie jy nou verban het en totdat die Meester jou onder hande geneem het, was jy niks anders as boos nie. As die Meester met jou gedoen het wat jy nou met hierdie bose gees gedoen het, wat voor jou geskape was, sou jy bly gewees het daaroor?"

(Martin): "O broer, dit sou die mees verskriklikste ding wees wat met my kon gebeur. Sê my, voel hy ook pyn in hierdie toestand?"

(Johannes): "Ek kan jou verseker, die ergste, onbeskryflikste pyn! Is dit nou `n verligting vir jou dat hierdie een so gepynig word?"

(Martin): "O, broers, nee, nee, hy mag nie pyn ly nie. Dit is slegs bedoel dat hy nie aktief moet wees nie! Weg met hierdie dekking en hitte!" Wat Martin beveel, gebeur onmiddellik en Satan styg pynlik op uit die nog stomende as van wat die vurige krater was en ween bejammerenswaardig.

(Toe Martin dit sien, sê hy): "Broers, ondanks sy goddeloosheid van die vroegste tye af, is ek nou baie jammer vir die arme drommel. Hoe sou dit wees as ons hom nou na ons roep en maniere voorstel hoe hy sy lot kan verbeter? Hy het beslis geen gebrek aan intelligensie nie, slegs die wil. En sou dit nie moontlik wees om dit met die hulp van sy eie intelligensie te buig nie? Wat dink julle daarvan, liewe broers?"

(Johannes): "Jy is heeltemal reg, want dit is ook die Meester se onveranderlike wil. Maar jy sal binnekort jouself oortuig dat daar geen ander manier is om hom te hanteer as die van die lang, volgehoue vonnis, wat bestaan uit die eksterne, materiële skepping. Dit verswak hom meer en meer en bewus van sy swakheid en onvermoë, moet hy hom aan baie dinge onderwerp wat hy nooit sou doen terwyl hy nog in volle besit van sy krag was nie, vry en ongeoordeel. Maar jy mag jou kans vat om jouself te oortuig met betrekking tot die toestand van sy intelligensie en wil. Roep hom en hy sal dadelik hier wees."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205