Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 192

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 192 -

MARTIN ROEP SATAN. SATAN PROBEER HOMSELF REGVERDIG.

Martin doen soos voorgestel deur Johannes en met die krag van sy wil, roep hy vir Satan, wat onmiddellik voor hom staan in die vorm van `n ongelukkige mens, bedek met talle brandwonde en hy vra vir Martin:

(Satan): "Wat anders wil jy nog van my hê. Is dit nie genoeg dat jy my al so ellendig gemaak het, soos jy aan my voorkoms kan sien nie? Wil jy my nog meer ellendig maak? Wat het ek aan jou gedoen? Is jy nie so gelukkig soos wat `n gees maar kan wees nie en dit vir ewig? Hoop jy om jou saligheid te verhoog deur my tot groter straf te veroordeel? Ag, jou swak gees, hoe ver is jy nog steeds van volmaaktheid en begrip van God se ewige orde! Jy sien my as die mees bose van alle wesens en dus deur hemelse standaarde, as die mees vervloekte en afskuwelike een. Maar ek vra jou: Wanneer het ek jou ooit misbruik soos jy vir my? Wat se skade het ek ooit aan jou gedoen? Jy het God se wette op die aarde heeltemal onafhanklik geskend en het geen behoefte aan my verleiding gehad nie. As ek jou mislei het, sou die Meester my verantwoordelik gehou het met jou aankoms in die geestewêreld, nie vir jou nie! Toe jy met die hulp van die Meester die vis uit die see van jou eie boosheid gevang het en so jou sondes vernietig het, het jy ook die sogenaamde draak verwyder en gedink dat dit ek was. Maar daar was jy heeltemal verkeerd! Jy was self daardie draak in die volheid van jou sinlikheid, nie ek nie, ek is ook in jou, natuurlik, want ek is jou innerlike wese, behalwe vir jou gees. Want eens op jou aarde het die Meester die vrou uit Adam se rib gemaak, so is jy en die hele skepping geneem uit my, maar ek gee nie om oor alles wat uit my geneem is nie. En ek oordeel dit nie. In elk geval, die Woord van God is ingeplant in elke mens deur die Gees van God en oordeel die mens steeds. As dit so is, waarom bly jy my veroordeel en hoekom is jy gevul met so `n onuitbluslike haat teenoor my?

Miskien is jy nog steeds kwaad omdat ek jou in my transformasie weggestoot het in die teenwoordigheid van die Meester, toe jy my wou soen! As ek dit nie gedoen het nie, sou jy verlore gewees het in die diepte van jou vieslike sinlikheid. Maar omdat ek jou weggestoot het en jou verneder het en so aan jou die grootste moontlike diens bewys het, verdien ek nou sulke behandeling van jou? Wat hierdie aardbewings betref wat ek op die son veroorsaak het, dit was nodig, of die hele wêreld sou nutteloos geword het vir sy toekomstige bestemming, soos `n dier wat bly eet, maar nie sy liggaam kan skoonkry van die growwe, nuttelose uitwerpsel nie. Hoe lank kan dit in so `n geval leef en nog steeds van diens wees? 

Net soos jy, is ek ook `n dienaar van God, maar onder dwang en met `n baie beperkte vryheid. Ek moet doen wat ek doen! En as ek die minste misdryf enige plek in die hele oneindigheid pleeg, word ek erg gestraf. Van al die dienaars is ek die laagste en mees ongelukkigste een, veroordeel deur die Skepper. Ek kan niks doen nie, buiten wat ek uit dwang moet doen, al is ek in besit van die mees volmaakte intelligensie en sal dikwels anders wil optree. Dit maak my nog meer miserabel. Hoe sal jy daarvan hou om in my plek te wees en deur die Skepper gebruik te word vir dieselfde doel? Hoe sal jy daarvan hou as `n Martin aan jou doen wat jy nou net aan my gedoen het? Ek het genoeg gesê, maar nou is dit jou beurt om te praat!" 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205