Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 193 -

MARTIN SE SLIM ANTWOORD AAN DIE SATAN. SATAN SE ARROGANTE ANTWOORD TEEN MARTIN SE VOORSTEL.

(Martin): "Jou arme drommel, soos ek geduldig na jou geluister het voor al hierdie liewe vriende en getuies, verwag ek dat jy nou geduldig na my sal luister. Ek sê vir jou in die Naam van die Meester dat ons eintlik gekom het om jou te help, of om jou vir ewig te oordeel. Jy het baie gepraat oor jou mees ongelukkige posisie waarin jy vir eons van groot siklusse van die skepping gewees het, maar aangesien ek nie `n goedgelowige tipe is nie, sê ek vir jou eerlik dat ek nie eers `n derde glo van wat jy gesê het nie. Dat jy ongelukkig is, soms selfs onvoorstelbaar ellendig, glo ek goed. Wat die redes vir jou groot ellende is, dit glo ek glad nie! Ek is baie goed vertroud met die Meester se oneindige goedheid, liefde, lydsaamheid, sagmoedigheid en Sy ondenkbare inskiklikheid vir ons, Sy skepping. Hoe dan, kan ek glo dat Hy jou geskape het vir die ergste ellende in alle oneindigheid, terwyl daar nêrens `n wese is wat Hom kan beskuldig van so `n verskriklike hardheid nie? Toe ek in hierdie wêreld aankom, was ek baie ongelukkig en ek het honger en dors gely en was verskriklik vervelig wat minute in millenniums verander het, maar dit alles was slegs bedoel om my te vorm en te berei vir die koninkryk van die ewige heerlikheid van God. In hierdie koninkryk, het ek meer en meer besef dat al hierdie oënskynlike toestande van ellende niks anders was as `n uitdrukking van die Meester se groot liefde nie en het slegs gedien om my te reinig om dit vir my moontlik te maak om die liefde van die Vader in sy volheid te absorbeer. Dinge sou baie vinniger verbeter het vir my as ek my biskop arrogansie vroeër kon afskud. Ek kon dit maklik gedoen het, soos ek nou besef, maar ek was verhard en het daaraan vasgehou, want dit het my uiterste sinlikheid gestimuleer. En gevolglik moes ek ly, nie as gevolg van die Meester se wil nie, maar net vir my eie. Daarvoor sal ek jou nooit verantwoordelik hou nie en nog minder die Meester se wil. Daarom is ek vas oortuig daarvan dat niemand behalwe jy self verantwoordelik is vir jou ellende nie. As jy op hierdie oomblik bereid is om terug te keer na die Meester soos `n ware berouvolle seun na sy heilige, ewige Vader, is ek gewillig om in jou plek die mees ongelukkige wese in alle oneindigheid te wees as Hy nie onmiddellik na jou kom om jou te omhels met liefde en jou van harte te verwelkom as Sy geliefde seun met die grootste fees in al die hemele nie. Doen dit, my armste broer en jou ellende sal binne `n oomblik tot `n einde kom! Ek vra jou ook om vergifnis, omdat ek dikwels hard was en jou verantwoordelik gehou het vir al my sondes. Ek neem nou die volle verantwoordelikheid en sal jou ewige vriend wees as jy my voorstel aanvaar en daarvolgens optree. Ek aanvaar my onwaardigheid om so `n voorstel aan jou, die eerste en grootste gees van God te maak, wetende dat selfs nou in jou oordeel, jy eindeloos meer wysheid en krag besit as wat ek, `n blote niks in vergelyking met jou, ooit in staat sal wees om te begryp. Maar omdat ek jou soveel respekteer vir jou grootheid as God se eerste skepsel, wil ek graag soos al die hemele, dat jy uiteindelik sal terugkeer na God, jou Vader.

Ewighede het verbygegaan waartydens jy alle middele tot die beskikking van jou groot wysheid en groot mag gebruik het om die ewige, almagtige God te uitoorlê, maar jy het nie alleen gefaal nie, maar jou pogings het jou net meer ongelukkig, swakker en armer gemaak. Jy het niks meer gewen nie, behalwe `n steeds meer verterende woede teen God. Sonder twyfel het jy talle aanbiedinge soos myne gehad en waarskynlik beteres, maar dit was vrugteloos, as gevolg van jou onbegryplike koppigheid. Maar nog nooit het `n meer onbeduidende boodskapper voor jou gestaan met hierdie pleidooi nie, maak dus hierdie keer `n uitsondering en gaan saam met my terug!"

(Satan): "Jy het nou regtig baie mooi gepraat en daarom vergewe ek jou al jou onbeskoftheid en hardheid teenoor my. Maar met betrekking tot jou pleidooi, wat nou maar alte bekend is aan my, sal ek slegs in staat wees om te antwoord wanneer, in al die oneindige ruimtes, geen son of aarde my wese gevange hou nie. My ego is die groot heelal en dit is onder `n oordeel. Hoe kan ek myself in geheel uit die oordeel bevry? Wat jy hier voor jou sien is net die innerlike lewende kern van my, vir jou begrip, eindelose wese. As jy aan my kan teruggee wat ek verloor het, dan sal ek jou onmiddellik volg."

(Martin staar vir `n rukkie na Satan en sê dan ernstig): "Ja, alles daarvan verseker, jou arme eersgeskapene van God, dus volg my!"

(Satan): "Watter waarborg kan jy my gee vir die waarheid van jou belofte?"

(Martin):"Die oneindige liefde van God, jou Vader! Is dit nie genoeg vir jou nie?"

(Satan):"Vriend Martin, jy bedoel goed in ooreenstemming met jou beperkte begrip en jou waarborg is goed en aanvaarbaar vir die geeste wat soos jy, tydelik en beperk is. Maar of hierdie waarborg vir my, wat `n oneindige gees soos God is voldoen, selfs as dit van God kom, dit is `n heel ander vraag. Dit sou maklik wees om genoeg kos te vind vir `n muggie, maar nie so maklik vir `n olifant nie en veel moeiliker vir die groot Leviatan wat berggrootte stukke nodig het om sy honger te bevredig, Dus God se, vir jou oneindige liefde, is meer as voldoende om verganklike wesens vir altyd tevrede te stel, maar vir `n oneindige gees wat gelyk is aan God, is dit maar net genoeg as dit hom alleen tevrede moet stel. Maar om `n oneindige aantal mense te bevredig, wat elkeen uiteindelik `n oneindige hoeveelheid liefde nodig het, het selfs die oneindige liefde van die Godheid sy grense, want hoe kan dit twee oneindighede uit sy een oneindigheid in stand hou? Dit sou eenvoudig net onmoontlik wees, ek het selfs nou nog baie nodig, fisies en moreel, in die heelal wat `n harde gevangenis vir my is. Hoeveel meer sou ek nodig hê, nadat ek weer my vryheid teruggekry het. Ek kan jou en almal hier teenwoordig verseker dat julle om julle ontwil hoop dat ek nie terugkeer nie, want as ek dit doen, sal almal van julle vergaan. Ek alleen weet hoe groot God is, wat Hy besit en wat Hy kan gee. Ek besef dat dit onmoontlik is vir Hom om my en julle gelyktydig te hou. Daarom verkies ek om in hierdie miserabele toestand te bly, sodat julle as my kinders die heerlikheid kan geniet wat my alleen toekom, maar wat ek opreg aan julle gun. Ek besef dat God eindeloos goed is; maar dit is daardie eindelose goedheid wat Hom ook te vrygewig maak. As ek uit liefde vir julle, my kinders, Hom nie kontroleer of beperk in Sy buitensporig vrygewigheid nie, sal Hy spoedig moet terugkeer na die aarde toe om `n heenkome te vind onder sy gevoellose wesens. Julle sien dus dat God se oneindige liefde my nie kan dien as `n aanvaarbare waarborg nie. Julle sal my `n ander meer geskikte een as dit moet gee!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205