Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 196 -

SATAN ANTWOORD MARTIN EN VERWYT HOM MET ARROGANSIE.

(Satan): "Vriend, ten minste bied jy jou blindheid oor my in `n mooi en rustige manier aan, andersins is jou begrip van hierdie dinge en omstandighede nog steeds baie agterlik. Ek sien nou dat jy regtig nie `n woord verstaan van wat Ek vir jou gesê het nie. Daarom sal dit nutteloos wees om te poog om die dieper verhouding tussen God en my in meer detail aan jou te openbaar. Jy sal dit nog minder verstaan as wat ek jou sover vertel het. Ek dink dus dat ons in vrede uitmekaar moet gaan en dat elkeen aandag sal gee aan sy eie belangrike sake. Want, sonder om mekaar te verstaan, sal ons tevergeefse besprekings nooit resultate lewer nie. Ek verstaan wat jy wil hê, maar jy verstaan nie en jy kan nie verstaan wat moontlik is en wat nie. Maar omdat jy `n baie mooi gesindheid het, sal ek jou iets vertel wat jy baie nuttig sal vind. Jy, soos jou hele wêreld, sien my as die basis vir alle groot kwaad wat uit my uiterste arrogansie ontstaan. As selfvertroue, die bewustheid van bestaan, vasberadenheid van vermoë en die aktiwiteite as gevolg daarvan hierdie beledigende term verdien, aanvaar ek dit. Maar wat is dit binne-in jou, vriend Martin, as jy my bekering wil bereik ten einde deur die Meester geloof te word en vir jouself die grootste naam in al die hemele te maak? Met jou tong het jy `n oorwinning oor die inwoners van hierdie wêreld behaal en die Meester het jou hoog geprys daarvoor. Hy het jou met lof voor al jou broers van gelyke of selfs groter meriete behandel en nou, deur my te oorwin, wil jy waarskynlik vir jouself die grootste roem in die hemel behaal. Jy wil jouself so geprys hoor word: "Kyk, wat tienduisende van die magtigste geeste en selfs, God nie kon bereik nie, daarin het die swak Martin roemryk geslaag!" Dink jy Martin, dat so `n begeerte niks anders is as die grootste verborge arrogansie nie, en in vergelyking daarmee is myne niks nie? Verwerp dit van diep binne-in jou en slegs dan kan ons in staat wees om ons gesprek voort te sit, want in my ware vorm is ek lig en ons kan net met mekaar praat as jy baie suiwer is. Gaan dus en reinig jouself van alle onreinheid en kom dan terug om met my te praat, die oorspronklike lig van die ewigheid! " 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205