Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 197 -

MARTIN SE EERLIKHEID EN JOHANNES SE WYSHEID EN FERMHEID. SATAN SE GEES VAN TEËPRAAT EN KRITIEK TEEN JOHANNES. JOHANNES SE ANTWOORD.

(Hierdie woorde van die Satan het Martin baie laat skrik, des te meer so omdat hy eintlik `n bietjie skuldig voel. Toe hy `n bietjie bedaar het, draai hy na Johannes en sê): "Liewe broer wat die Meester met wysheid vervul het soos geen ander nie, wat dink jy hiervan? Moet ek Satan op hierdie een punt glo? Ek het wel `n innerlike gevoel dat hy nie heeltemal verkeerd is nie."

(Johannes): "Laat hierdie saak nou met rus, want waar ons nog nooit in staat was om iets te bereik nie, sal jou pogings ook tevergeefs wees. Beveel hom om in die Naam van die Meester die vrede te bewaar en laat ons dan huistoe gaan na die Vader. Laat Hom doen met die Satan soos Hy wil en dit sal die beste wees."

(Satan): "En net omdat jy my Martin sulke advies gegee het, sal ek nie deur hom vertel word om die vrede te bewaar nie. Ek sal hom die eer aandoen om saam met hom voor die Meester te gaan om hierdie saak, wat nie een van julle verstaan nie, met die Meester self te bespreek. Gaan nou huistoe en ek sal julle volg uit my eie vrye wil."

(Johannes): "Ongelukkig ken ons jou bedoelings en weet dat jy nooit meer gevaarlik is as wanneer jy die gewaad van edelmoedigheid aantrek nie. As jy dus die moed het, moet jy jou eie pad na die Meester vind. Ons het nie die opdrag om jou, die Meester se grootste vyand, saam met ons te neem nie. Dit sou heel anders wees natuurlik, as jy Martin se goeie advies gevolg het en dan teruggekeer het na die Vader as `n berouvolle, verlore seun. In daardie geval sou ons jou almal verwelkom het as `n metgesel. Maar jy is van geen nut vir ons soos wat jy is nie.

Maar as jy die Meester wil sien, ken jy die pad maar al te goed na Hom toe. Maar soos jy nou is, kan jy nooit ooit in ons geselskap loop nie. Laat dit so wees in die Naam van ons en jou God en Meester!" 

(Na hierdie woorde, frons Satan en sê): "As die Meester weer boodskappers soos jy na my stuur, sweer ek by alles wat heilig is vir my, dat ek in ewigheid nie sal terugkeer nie, selfs al het die Meester my veroordeel deur die vuur van al die sentrale sonne. Martin kan iets met my bereik, maar Johannes, Petrus en Paulus, nooit nie! Hou hierdie woorde in gedagte, jou harde, genadelose lummel van `n dissipel van Christus! Dink jy ek is bang of geïntimideer deur jou en jou woorde omdat jy Johannes, die skrywer van die Evangelie en die Openbaring is? Jy is heeltemal verkeerd as jy so dink! `n Brommer deur my geskep is baie meer werd vir my as `n duisend profete soos jy! Jy moet jou skaam vir jou hardheid teenoor diegene wat dieselfde Skepper se werk is, selfs al is hulle beklaenswaardig en ellendig! Die Meester self het jou baie gepas gekenmerk toe Hy in Sy groot gelykenis van die verlore seun, sê: "Toe die vader `n groot fees gee vir die arme verlore seun wat teruggekom het huis toe en die ander seuns en kinders dit hoor, het hulle gekom en kwaad gesê: U het nog nooit vir ons wat nog altyd getrou was `n fees gegee nie, maar toe hierdie bedorwe seun opdaag, hy wat so baie skade gedoen het, dat die hemel en die aarde geskud het van afgryse, gee u hom u seëlring en berei vir hom `n fees voor!" Ek hoef jou nie te herinner aan die pa se antwoord op die klagte nie, want jy sal onveranderd bly, hard en genadeloos soos die res van jou gespuis. Martin is egter `n uitsondering, maar, hoewel beïnvloed deur jou, was hy nogal vir `n rukkie onbeskof. Maar hy het verbeter en die praatjie met hom was die eerste salige oomblik vir my hart sedert ondenkbare eons. Daarom sal ek hom altyd met hoë agting bejeën en as daar ooit iemand is wat iets met my kan regkry, sal dit Martin wees. Julle ander kan julle die moeite vir ewig spaar! Gaan nou en ek sal hier bly!" 

(Johannes): "Jy het my `n groot onreg aangedoen, want dit was ek wat Martin bestraf het en gemaak het dat hy jou vrystel nadat hy jou deur sy magtige dade vir ewig verban het in die stomende krater van vuur en jou selfs met gloeiende berge bedek het. Inaggenome wat ek toe vir jou gedoen het, hoe kan ek `n harde en genadelose lummel wees?"

(Satan): "Vriend, moenie met my praat oor jou liefdadigheid nie! Wat Martin gedoen het, was uit onnadenkendheid. En toe hy besef dat dit verkeerd was, het hy dadelik sy gedagtelose optrede reggestel, maar jy is soos jy is en jy sal nooit jou uitkyk kan verander nie, of dit reg of verkeerd is! As gevolg daarvan haat en verag ek jou meer as my ergste lyding en marteling. Aan jou Martin, my respek, maar vir die res van julle, my ewige en diepste minagting! Gaan nou weg of ek sal `n oproer veroorsaak soos nog nooit gesien in alle oneindigheid nie!"

(Johannes): "Ons is nie hier om bevele van jou te neem nie, maar om jou bose werke te stop. Daarom sal ons gaan wanneer dit die Meester se wil is, nie wanneer dit jou pas nie! As jy `n oproer wil veroorsaak, kan jy probeer en jy sal gou vind dat ons mag oor jou groter is as joune oor ons. Aangesien jy ons beveel het om onmiddellik hier weg te gaan, kan ons jou `n heel ander bevel in die Naam van die Meester gee, maar ons wil nie kwaad met kwaad vergeld nie en ons raai jou aan om stil te bly, indien jy nie Martin se oproep kan of wil volg nie. Dit is die laaste kort periode van tyd wat jy oor het om jou te bekeer. As jy nie daarvan gebruik maak nie, sal jy onder die mees ernstigste oordeel vir alle ewigheid wees.

Jy verwys na die gelykenis van die verlore seun om ons te beskuldig van hardheid van hart. Maar ek kan jou verseker dat die verlore seun ook sal terugkeer sonder jou, naamlik in die baie vroom broers wat sal staan voor God met een gedagte, soos een man. Maar jy sal uitgedryf word in die ewige vuur van God se oordeel, soos die ryk spandabelrige as jy nie Martin se oproep baie binnekort volg nie."

(Satan): "Die Meester kan doen soos Hy wil, maar so sal ek. Ek sal aan Hom en almal van julle bewys dat die Meester alle oneindigheid kan verstrooi soos kaf met Sy krag, maar my hart sal Sy almag en wysheid vir ewig daag met die hardste, almagtige uitdaging. Nou doen wat jy wil en ek sal doen wat ek wil!"

(Martin): "O broer, soos ek nou kan sien, is al ons pogings tevergeefs, laat ons dus gaan. Ek besef nou bo alle twyfel dat daar niks meer bereik kan word met Satan nie."

(Johannes): "Beste Martin, as hy ons nie beveel het om huis toe te gaan nie, sou ons dit reeds gedoen het, maar sy wil moet nooit ons aksies bepaal nie. Daarom sal ons, ons vertrek vir `n rukkie uitstel. As ons nou gaan, net omdat hy ons beveel het, sou hy `n oorwinning behaal het oor ons en as dit gebeur, sal ons in die moeilikheid wees. Dus sal en moet ons vir `n rukkie wag en hierdie gebied netjies opruim. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205