Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 198

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 198 -

SATAN SE WOEDE. MARTIN SE VREES EN JOHANNES SE VREDE. KINDERS VAN GOD IS ONAFHANKLIK VAN SATAN.

Toe Satan sien dat die groep nie weggaan soos deur hom beveel nie, word hy woedend diep binne in hom en hierdie woede maak ook sy uiterlike voorkoms baie skrikwekkend.

(Toe Martin dit sien, sê hy vir Johannes en sy ander partygenote): "Vriende, dinge lyk duidelik nie goed met die verlore seun nie. `n Verskriklike geheime woede flikker in sy oë, hy frons en die verwronge hoeke van sy mond voorspel sy voorneme om vreeslik wraak te neem. Was jy nie `n bietjie te hard met hom nie, broer Johannes? Ek moet erken dat, ondanks die krag van die Meester in my, ek `n bietjie bang word, alhoewel ek seker is dat hy ons nie op enige manier kan skaad nie. Kyk na die gesigte van Uron en Chorel, hulle is so bang as kan kom. Ter wille van die Meester, hoe sal dit eindig.?" 

(Johannes): "Dinge lyk baie dreigend. Maar julle moet nie bang wees vir hom nie. Vrees vir hom is `n soort van ondergeskiktheid van ons krag aan sy mag. Dit ook, sou `n oorwinning oor ons wees van sy kant, wat ons nooit mag toelaat nie. As ons dit doen, sal sy bose polariteit ons tot so `n mate aantrek dat dit baie moeilik vir ons sou wees om onsself van sy mag te bevry. Hy het jou op `n baie menslike manier behandel en groot beloftes aan jou gemaak. Maar hy het dit nie met die oog op die vervulling daarvan gedoen, terwille van jou beleefdheid nie, maar net om jou te vang as `n onervare nuweling op hierdie gebied. Maar ek het deur sy mooi skema gesien en dit verhoed en as gevolg daarvan is hy nou so woedend dat hy ons in sy woede sal vernietig as hy die mag gehad het. Maar hy weet net te goed hoe swak en magteloos hy is in vergelyking met ons, daarom het hy so vreeslik woedend geword. Ons moet geen notisie daarvan neem nie en jy sal binnekort `n ander gesig sien."

(Op hierdie oomblik stamp Satan sy voet met soveel krag op die grond dat die aarde in `n wye radius skud en dan sê hy dreigend aan Johannes): "Jou ellendeling! Het jy nie genoeg bevrediging in my ellende gevind nie? As ek niks en van geen waarde in die oneindige skepping is nie, vernietig my dan heeltemal met jou mag, as jy durf! Maar pasop dat jy met my vernietiging nie jouself ook vernietig nie! Maar ek kan maar al te duidelik sien hoe jy vir jou eie onthalwe, angstig is om my te bewaar. Jy is `n ongelukkige lafaard, verskriklik bang vir my, want jy sal my werk nie so aangenaam vind soos dié van die sagte hemele nie. Jy is bang vir my oorwinning oor julle en daarom vertel jy die ander om my nie te vrees nie.

"O, jou onnosel, watter vrees is erger: Nietige vrees vir my of die vrees van my oorwinning oor jou? Kan jy nie sien dat so `n vrees die grootste oorwinning vir my is nie. Sê my, is ek nie reg nie?"

(Johannes): "`n Duisend maal nee! Daar is `n groot verskil tussen vrees vir `n gedrag waardeur een so absurd sal word soos jy en `n onnosele vrees van jou individuele gees. Die eerste een kan baie nadelig wees vir `n suiwer gees, terwyl laasgenoemde geen invloed sal hê op `n gees wat sterk in die Meester is nie en dit kan swakker geeste nie kwaaddoen nie, want hulle word altyd omring deur magtige beskermgeeste. Daarom het ek Martin veral teen so `n ingee aan jou wil gewaarsku, want die resultaat sou jou oorwinning oor ons wees en dit kan selfs vir my in gevaar stel, maar ek het hom nie gewaarsku uit vrees vir jou nie, want jy het geen mag om ons teen te staan nie, behalwe die van bedrog en oortuiging. Dat jy in jou domheid en trots van opinie is dat ek bang moet wees vir jou en jou nie durf vernietig nie, uit vrees dat ek self saam met jou vernietig kan word, is een van jou magtige foute, Satan. My behoud, sowel as dié van almal van ons, is heeltemal onafhanklik van jou soos wat die Meester is, want ons lewe nou vir ewig in die Meester en die Meester deur Sy vaderlike liefde in ons. In die lig hiervan, sal jy verstaan dat ek jou heeltemal kan vernietig sonder die minste skade aan my eie bestaan. Dat ek dit nie doen nie, is dus nie as gevolg van my liefde of my vrees vir jou nie, maar slegs aan die Meester se oneindige liefde en geduld, wat ook in my hart woon. As dit van my afgehang het, sou die hele oneindigheid vrede hê van jou, want ek, Johannes, sou lankal `n einde aan jou gemaak het. Ek aanvaar dat jy my baie reguit woorde verstaan!"

(Satan): "Ja, ek doen! Maar, helaas, ek het weer tot my afgryse gevind dat julle, die sogenaamde suiwer hemelse geeste, die mees onreine en onwaardige begrippe en idees van God het!"

(Johannes): "Waarom so? Sê vir my. Dit lyk nogal na `n skelm lokval van jou. Ons wil graag jou argument hoor."

(Satan): "Jy vra waarom so. Klink dit vreemd en nuut vir jou sogenaamde suiwer hemelse ore? Wag net `n oomblik en ek sal jou `n lig gee wat jou vir ewig aan die wonder sal hou. Maar as jy `n verduideliking wil hê, wees so goed om eers die vraag wat ek jou nou sal vra, kortliks te antwoord. Ek gee jou vooraf die mees heilige versekering dat, as jy in staat is om my te beskuldig van `n onwaarheid, ek my vir ewig vrylik aan enigiets sal onderwerp wat jy van my eis, indien nie, bly ek soos ek is en jy en jou maats hier kan ongehinderd en ongedeerd deur my weggaan, sodat julle in julle hemelse vaderland `n helderder en waardiger konsep van God kan kry."

(Johannes): "Wel, vra! Maar moet nie weer kom met jou ou bekende vrae nie! Want dan sal ons gesprek vinnig tot `n einde kom."

(Satan): "Goed, dit sal beteken om te wees of nie te wees nie. Ek sal sien hoe ver jy met jou wysheid kan kom! Die vraag is: "Is God alomteenwoordig of nie?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205