Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 2 –

 BISKOP MARTIN SE VERVELING IN SY ISOLASIE. HY OORWEEG DIT OM `n KANS TE NEEM.

 Nadat hy op dieselfde plek gestaan het vir `n paar uur sonder dat enigiets gebeur, tyd (ook in die geestewêreld bestaan daar iets soos ons idee van tyd) blyk te sleep, en ons man begin `n monoloog: "Hoe vreemd, ek staan al hier vir `n halwe ewigheid en niks het verander nie. Niks beweeg nie, nog die mos nog `n haar op my kop of my mantel! Wat gaan gebeur? Kan dit moontlik wees dat ek veroordeel is en hier moet bly vir ewig? Nee, nee, dit kan net nie wees nie! Dit kan nie die hel wees nie! En as dit die geval was, dan moes die woedende horlosie van die hel sigbaar wees met sy verskriklike roep met elke swaai van die pendulum – ‘altyd’ en dan weer ‘nooit’. Ag, hoe vreeslik! Dank God dat ek nie hierdie verskriklike ding sien nie! Of, miskien sal dit verskyn slegs na die oordeelsdag. Ek wonder of die teken van die Seun van die mens sal verskyn op die horison? Hoeveel miljoene jare staan ek al hier, en hoe lank sal ek nog moet staan en wag vir die oordeelsdag? In die wêreld was daar geen teken van die benadering van die Oordeelsdag nie, en hier in die geesteswêreld is daar nog minder bewyse! As my geloof nie so sterk was nie, kon ek begin om te twyfel oor die koms van die Oordeelsdag, en daarmee saam die waarheid van die Evangelie!

Is dit nie vreemd dat dit lyk of al die ou profete dieselfde sê as die Orakel van Delphi nie, dit wil sê dat hierdie profesieë verskillend verstaan kan word, en geïnterpreteer kan word, soos vereis. En die Heilige Gees van die Evangelie moet `n seldsame voël wees, want dit is nie gesien sedert die tyd van die dissipels nie! My geloof is nog steeds baie sterk, maar of dit sal bly, onder die huidige omstandighede, kan ek eerlik nie sê nie.

Daar blyk selfs iets fout te wees met die veel geprysde Maria van my Kerk, sowel as die heiliges! Anders sou Maria, my gebede beantwoord het. Ek het die gevoel asof `n paar miljoen jaar verloop het sedert my fisiese dood, en daar is nie `n teken van die Moeder van God, of haar Seun of enige van die heiliges nie. Dit is nou goeie helpers in tyd van nood!

As ek nie so `n sterk geloof gehad het nie, sou ek nie nog steeds hier op hierdie verlate plek gestaan het nie, net my geloof hou my hier. Maar nie vir baie langer nie! Ek sou dwaas wees as ek hier bly staan vir nog `n miljoen jaar. Dit is genoeg dat ek `n dwaas op die aarde was, en dit is tyd dat ek `n einde maak aan hierdie vrugtelose komedie! Op aarde was ek ten minste goed betaal, en dit was die moeite werd om dwaas te speel daar. Maar, soos my ervaring van miljoene jare nou geopenbaar het, is daar niks aan die hele ding nie, en ek sal afstand doen van al hierdie nonsens."

Kyk, nou gaan hy die plek verlaat, nadat die engel hom die gevoel gegee het asof die paar uur hier miljoene jare lank was. Hy staan nog steeds op een plek, en kyk bangerig rond om die beste weg te kies. In die weste lyk dit vir hom asof daar iets beweeg in die verte, en hy sê aan homself: "Wat is dit wat ek daar in die verte sien, vir die eerste keer sedert ek hier is vir `n paar miljoene jaar ? Dit is ontstellend, want miskien is `n soort oordeel in voorbereiding. Sal ek dit waag om in daardie rigting te loop? Dit mag dalk die einde van my wees! Maar dit kan ook my redding wees!

Maar vir een soos ek, wat miljoene jare op een plek gewortel spandeer het, maak dit nie regtig saak wat nou gebeur nie. Niks erger kan gebeur met `n eerlike man wat op een plek gewortel was, soos `n standbeeld vir miljoene jare nie - `n ware verdoemenis. Daarom sal ek nou vir myself sê baie geluk, en die kans waag! Die resultaat kan nie erger as die ewige dood wees, wat ek sal verwelkom. `n Ewige nie-bestaan is veel beter as om te bestaan soos huidiglik.

Nie meer aarsel nie! Laat gebeur wat wil! Nee! Dit is nog onbekende gebied vir my. Ek sal niks meer sê totdat ek weet waarop my voete staan nie. Die ding daar ver lyk of dit nou beweeg, amper soos `n klein boompie in die wind. Moed hou my voete, wat so lank nie gebruik was nie! Kom ons kyk of ons nog kan loop.

Ek was al eenkeer op aarde vertel dat `n gees, deur net te dink, homself reeds op die plek bevind waar hy wil gaan. Maar daar blyk iets verkeerd te wees met die spiritualiteit van my persoon, want ek het voete, hande, `n kop, oë, neus, mond - in kort, alles wat ek gehad het op aarde - selfs `n maag wat `n vas waardig aan `n kardinaal gehad het. As daar nie genoeg mos om my was, met baie dou nie, sou ek al gekrimp het tot die grootte van `n atoom. Miskien sal ek selfs iets beter vir my maag vind daar? Dus, weer, baie geluk! Ten minste sal daar `n verandering aan my huidige toestand kom. Daarom, in God se naam! "

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205