Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 202 -

GELUKKIGE TUISKOMS BY SHONEL SE HUIS. DIE MEESTER SE AANPRYSENDE WOORDE VAN WELKOM, HOOFSAAKLIK AAN MARTIN. SY GROOT BELOFTE: VAN OORDEEL TOT VERLOSSING.

Die terugreis is net so vinnig as wat die heenreis was en binne `n oomblik is die boodskappers terug by My in die huis van Shonel. Met hul terugkeer kom hulle na My vol van vreugde, liefde en dankbaarheid vir die krag, mag, liefde en baie geduld wat Ek aan hulle bewys het. Martin is die eerste om homself in sy brandende liefde aan My voete te gooi en hy begin My vuriglik loof.

(Maar Ek tel hom op en sê): "My geliefde seun en broer, jy het hierdie baie moeilike saak baie goed hanteer en is `n baie goeie voorloper vir My broer, Johannes. Wel gedaan, My Martin! In die begin was jy `n bietjie te vurig en het oordrewe gebruik gemaak van My krag aan jou verleen, maar toe jy deur broer Johannes gewaarsku is, het jy heeltemal in ooreenstemming met My mees regverdige orde gehandel en jouself so goed gedra dat jy iets met Satan behaal het wat niemand tot dusver nog ooit kon slaag om te bereik sonder oordeel nie. Tot dusver kon bykans alle boodskappers net iets met Satan bereik deur `n baie ernstige en tydelike oordeel, aangesien hulle nie in staat was om staande te bly teen die listigheid van sy woorde nie. maar met jou woorde het jy hom in so `n toestand gekry dat in sy geskil met Johannes, hy vrywillig moes oorgee, wat nog nooit vantevore gebeur het nie! Hy is nou vry en hoewel hy kan wegbeweeg, is hy nog steeds rustig op die aangewese plek, wat goed is. Hy het natuurlik nog baie legioene wat in sy naam boosheid doen, wat op aarde gelaat sal word, maar slegs vir `n kort tydjie. Dan sal die fontein begin om op te droog en gevolglik sal die bose verswak, hoewel dit nie heeltemal sal ophou nie. Maar dan sal die einde van alle kwaad nie ver weg wees nie. Die oordeel van alle kwaad sal deur middel van ons liefde geskied, wat alles sal boei en niks sal in staat wees om dit te weerstaan nie. Liefde se oordeel sal egter `n voortdurende een wees, vir ewig onveranderlik. Dit sal nie verdruk soos `n swaar las nie, maar net dié gevange hou wat nie bevry wil word nie. Voor hierdie oordeel begin, sal ons egter eers boodskappers uitstuur na al die sterrewêrelde, met uitnodigings na die Groot Fees. Almal wat hulle teëkom, sal genooi word en gelukkig is hulle wat dit nie weier nie, want hulle vreugde sal sonder einde wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205