Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 203

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 203 -

DIE OORWINNAAR SE BELONING. HEMELSE HUWELIK AS OPPERSTE VOLMAAKTHEID VAN DIE GODDELIKE ORDE. OOR DIE AARD VAN DIE VROU. MARTIN SE GOEIE KEUSE EN ONDERWERPING AAN DIE MEESTER SE WIL. 'N WENK OOR DIE HEMELSE HUWELIK. MARTIN SE HEMELSE MISSIE AS ‘N VOLMAAKTE GEES.

(Ek sê): "En nou is daar iets anders, My liewe kinders. Martin, Borem en Chorel, kom nader aan My! Julle het daarin geslaag om deur al die moeilike toetse te kom en het uitgekom as oorwinnaars van `n baie heftige geveg. Julle het dus ten volle gekwalifiseer vir My koninkryk van al die hemele. Julle is nou geskoolde werkers in My wingerd en is geregtig op `n behoorlike vergoeding, wat julle nou sal ontvang. Ek weet en lees dit duidelik in julle harte dat Ek julle grootste beloning is en dat julle nooit ooit wens vir `n ander een nie, maar dit is net die gesindheid van julle harte wat julle werd maak en in staat stel om elke ander beloning te ontvang. My orde vereis julle hoogste volmaaktheid sodat julle in die toekoms kan leef en werk binne die hemelse huwelik. Daarom moet elkeen van julle `n vrou hê om in alle opsigte volmaak te wees, om julle wysheid vir die ewigheid te versterk en om die lig wat uit die vlam van die liefde in julle harte vloei, te ontvang. `n Vrou is so `n geestelike houer vir die ontvangs en bewaring van die lig uit julle harte. Terselfdertyd is sy `n dienaar in die hart se kombuis van die lewe, om die heilige vuur van die lewe wat Ek opgerig het in julle harte te voed. En daarom sal elkeen van julle nou `n vrou neem om ten volle mee te verenig vir ewig. Martin, Ek dink jy sal dit nie teenstaan nie?"

(, oorweldig deur vreugde): "O Meester, U ken my natuur die beste! Wat U my sal gee, sal my eindeloos gelukkig maak, is dit Chanchah of Gella of, indien moontlik, een van die sondogters. O, dit sal die hoogste saligheid wees!"

(Ek sê): "Dit word aan jou oorgelaat. Jy is vry en kan vrylik kies!"

(Martin): "O Meester, net U wil geskied!"

(Ek sê): "Wel neem dan die een langs jou."

(Martin, draai vrolik om en sy oë vang Marelisael, die eerste en die mooiste van die drie sondogters. Hy bring haar na My en vra): "Meester, is dit die regte een?"

(Ek sê): "Ja, dit is!" En Ek seën hom vir alle ewigheid. So is Martin nou vervolmaak. In die hoogste saligheid soen hy sy hemelse vrou en besef dat sy liefde op hierdie wyse vir altyd met wysheid verenig is. Hulle albei loof My uit een hart en een mond, want so word die afgesonderde Adam weer `n geïntegreerde man in die hemel, hoewel in die vorm van aparte, individuele salige wesens. Na Martin word Surahil vir Borem gegee, die tweede van die drie sondogters en Hanial word vir Chorel gegee, die derde. En beide Borem en Chorel is grensloos gelukkig.

(Martin, wat homself skaars kan inhou van saligheid en die hoogste vreugde, sê): "O Meester, U beste en mees heilige Vader, nou kan ek uitroep, soos Petrus eens op die berg Tabor:" Meester, dit is goed vir ons om hier te wees!" Maar laat slegs U wil geskied!"

(Ek sê): "My liewe, nou vervolmaakte Martin, het jy nooit op aarde die ou gesegde gehoor nie: "Hy wat liefhet, sal die bruid huis toe neem"? Dit sal ook die geval wees met julle. Aangesien ons nou orde gebring het in hierdie groot huis, sal ons weer teruggaan huis toe. Die pad wat ons sal neem sal in die toekoms oop bly vir My nuwe kinders van hierdie groot wêreld van lig en dit sal hulle neem in jou huis en Myne. En almal wat jy in jou huis geneem het, bly vir ewig joune en Myne. Want wat Myne is, is nou ook joune en wat joune is, is ook Myne vir ewig. Daarom sal jy vir ewig die bewaarengel van hierdie huis en sy gemeenskap bly, in My soos Ek in jou. Maar dit sal nie net die gemeenskap van hierdie aarde wees nie; die twaalf deure van jou huis sal jou lei na gemeenskappe van talle ander aardes waar jy bo mate saligheid sal vind. En nou `n ander woord aan die nuwe kinders van hierdie aarde, maar dit sal van jou kom."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205