Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 23 -

BISKOP MARTIN SE EERSTE DAAD VAN LIEFDE TEENOOR DIE ARM NUWE AANKOMELINGE.


(Biskop Martin): "Ek sien `n aantal vodde geklede mense baie stadig aangehink kom. Dit lyk of hulle geen skuiling het nie. Waarskynlik is hulle ook honger en ellendig. Vriend, bejammer daardie swerwers. Laat my toe om na hulle te gaan en hulle hiernatoe te bring en aan hulle skuiling te gee en na hulle om te sien so goed as wat ek kan. Alhoewel hierdie kamers vuil is, sal dit vir hulle beter wees as dié ruwe, bevrore paaie wat in die bekende rigting lei waar, soos ek weet, die toestande erger is."

(Ek sê): "Dit is alles reg! Gaan en doen wat jou hart sê. Maar moenie ontmoedig word wanneer jy uitvind dat die reisigers Lutherane is nie!"

(Biskop Martin): "Ek hou nie baie van die idee nie. Maar dan, gee ek nie regtig om of hulle Luthers, Moslem, Joods, of Sjinees is nie! Elke mens wat hulp nodig het, moet dit kry!"

Biskop Martin steeds in sy boere klere, gaan vinnig agter die reisigers aan, skree op hulle om vir hom te wag. Dit doen hulle, om te hoor wat hy van hulle wil hê. Hulle het so pas in die geestewêreld aangekom van die aarde af, en hulle weet nie wat om te doen nie.

Toe hy die groep bereik, praat hy met hulle met `n baie vriendelike stem: "Liewe vriende, waarheen is julle op pad? Om hemelsnaam, draai terug en volg my, of julle sal almal vergaan! Die pad wat julle volg lei doodreguit na `n afgrond wat julle vir ewig sal insluk! Ek was egter vir `n rukkie in hierdie gebied, saam met twee liewe vriende en dus in staat om julle te waarsku. Kyk in die suidelike rigting en julle sal `n paleis daar sien. Hoewel sy binnekant by verre nie so goed lyk soos aan die buitekant nie, sal dit skuiling en `n stuk brood verskaf, wat in elk geval verkiesliker is as om voort te gaan op julle gevaarlike pad. Daarom, moenie huiwer nie, maar keer terug saam met my en, so waar as God, julle sal nie spyt wees nie!"

Een van die swerwers spreek: “Goed ons sal jou volg, maar moet ons nie na `n Katolieke huis neem nie! Daar sal ons nie bly nie, want ons vind niks so vieslik as Rooms-Katolisisme nie, die Pous, sy biskoppe, en die mees bose kloosterlewe van die Roomse hoere!"

(Biskop Martin): "Onsin! Pous, biskop, monnik, Luther, Calvyn, Mohammed, Moses, Brahma, Zoroaster - dit tel alles net op die dom aarde, hier in die geestewêreld, het al hierdie aardse verskille ophou bestaan. Hier is daar net een ding wat tel, en dit is LIEFDE! Dit alleen kan ons help om vorentoe te kom, alle ander is slegs van geringe betekenis. Op die aarde was ek `n Roomse biskop, en baie trots daarop, maar toe ek hier aangekom het, het ek gou geleer dat dit geen verskil hoegenaamd maak wat mens op die aarde was nie. Al wat tel, is wat mens gedoen het.

Daarom vergeet van Luther of Calvyn, maar volg my! Julle sal nie spyt wees nie! Maar as julle egter nie daarvan hou soos dit hier is nie, kan julle nog steeds voortgaan op hierdie pad."

(Die leier van die groep): "Jy lyk nogal na `n goeie man, en dus sal ons jou volg na jou huis toe. Maar een ding moet ons jou vooraf vra - dat daar geen besprekings oor godsdiens sal wees nie, want ons verfoei enigiets wat 'godsdiens' genoem word!"

(Biskop Martin): "Soos julle wil! Bespreek wat julle ookal wil! Ek hoop dat ons mekaar beter sal leer ken en dat julle nooit enigiets sal vind oor my persoon wat dalk aanstoot kan gee nie. Laat ons onsself gaan tuismaak in die huis wat myne is en ook my vriende s’n." Biskop Martin lei die pad, en die hele groep van dertig volg hom. Hy lei hulle reguit in die paleis, waar Ek en Petrus wag en spreek My vreugdevol aan:

(Biskop Martin): "Kyk, my beste vriend en broer in die Meester, ek het hulle almal veilig hiernatoe gebring. Sal julle goed genoeg wees en my wys waar ons hulle kan laat bly. En dan moet ek jou vra vir `n paar stukke brood, want hulle sal sonder twyfel baie honger wees."

(Ek sê): "Die deur daar na die ooste lei na `n groot en goed gemeubileerde kamer. Daar sal hulle alles kry wat hulle nodig het. Maar jy moet onmiddellik terugkom, want daar is `n belangrike taak wat vir ons wag wat nie vertraag kan word nie."

Biskop Martin doen soos Ek gesê het, en die groep is baie tevrede met die goedtoegeruste vertrek. Dan kom die biskop terug en vra waar die nuwe taak gevind kan word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205