Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 4 –

BISKOP MARTIN SE ERGERNIS BY DIE SIEN VAN `n LUTHERSE KERK. DIE ENGEL SE KOMMENTAAR. SY BEREIDHEID OM TE DIEN AS ‘N SKAAPWAGTER.

Hulle volg `n pad in `n suidelike rigting en kom op `n plaashuis af, aan die voorkant is daar `n klein, duidelike Lutherse kerk. Die biskop sien dit en kom tot stilstand en begin om herhaaldelik die kruisteken oor hom te maak: "Mea culpa, mea culpa, mea maxima culpa." Maar die engel vra hom: "Broer, wat is dit? Is daar iets wat jou pla? Hoekom loop jy nie verder nie?"

(Sê die biskop): "Sien jy nie die Lutherse kerk wat van die duiwel is nie? Hoe kan `n Christen te naby aan so `n d-- Ek sal eerder nie sê nie. Of is jy dalk `n duiwel in vermomming! O, o, as dit waar is, gee dan pad, jou afskuwelike monster! "

(Sê die engel): "Wil jy jou ervaring van die vyf- na tienmiljoen jaar herhaal, in `n selfs donkerder en meer verlate plek van die geesteswêreld? Indien jy dit verkies, laat my net weet. Kyk, jou ou biskopsgewaad is gereed vir jou! Maar hierdie keer, mag jy dalk tien keer so lank wag voordat iemand jou te hulp sal kom. Sien jy my nog altyd rondloop in `n biskop se gewaad? En jy het geglo dat die duiwel homself kan verbloem as `n engel van die lig, maar kon nooit verskyn in die vermomming van `n biskop wat gevul is met die Heilige Gees nie. As jy nie jou eie oortuigings wil veroordeel nie, hoe kan jy my dan vir `n duiwel aansien? (Die biskop val amper om, maar kruis homself en sê: "God help ons!”) (Die engel) “Maar as jy jou dogmatiese geloof veroordeel dat die rots van St Petrus onoorwinlik is deur die poorte van die hel, veroordeel jy alles wat Rome leer. En dan kan ek verstaan, as `n teenstander van Rome, dat hierdie klein gebou wat jy beskou as `n evangeliese kerk, jou ontstel. Kan jy nie sien dat jou houding op hierdie oomblik nie die minste tekens toon van morele of godsdienstige konsekwentheid nie? "

(Sê die biskop): "Ek is jammer om te sê dat jy heeltemal reg is, maar as jy `n ware biskop is, sal jy weet dat Rome eis absolute geloof en blinde gehoorsaamheid van elke ware gelowige. En waar die gedagte gevange gehou word in sterk kettings, hoe kan jy konsekwentheid verwag in gedagtes en dade? Ons sê, `n mens moet sorg neem om nie die essensie van godsdiens te deurgrond nie; om niks te weet, maar blindelings en vas te glo. Dit is beter vir hom om die hemel te betree as `n onnosele, as om hel toe te gaan as `n verligte persoon. God behoort gevrees te word as gevolg van die hel en geliefd vanweë die hemel. As dit die basis van ons onderrig is, hoe dan kan jy konsekwentheid van my kant af verwag?”

(Die engel): "Ongelukkig is ek maar al te goed bewus van die toestand van dinge met jou Babelse leringe, en dat dit duidelik in stryd is met die evangelie, waarin dit sê, “Oordeel nie, dat julle nie geoordeel word nie” Maar jy hou aan om almal te oordeel en te veroordeel wat nie buig onder Babelse septer nie. Vertel my, is julle werklik Christus se volgelinge as julle glad nie Sy sagte onderrig volg nie? Behels Sy onderrig nie die grootste en mees verhewe volgorde en konsekwentheid, soos dit die geval is in die hele skepping nie? Straal elke woord wat in die Evangelie opgeteken is, nie die Heilige Gees in sy volheid uit nie? Maar het julle nie altyd die Heilige Gees in woord en daad teëgestaan nie, heel bewustelik in stryd optree teen die Meester se suiwerste onderrig vol van die Heilige Gees, wat die laaste wat gelewer is aan die Apostels en dissipels om vir ewig te bly? Uit hierdie kan jy sien hoe vervloek die grond is waarop jy staan, hoe ryp vir die hel. Maar die Meester is bereid om genade te gee, en dit is die rede waarom Hy my gestuur het om jou te help red uit jou ou Babiloniese gevangeskap. Om hierdie rede wil die Meester hê dat jy vrede moet maak met jou grootste oorsaak vir kwelling, dit is, as jy wil gebruik maak van Sy genade. As jy egter verkies om vas te hou aan jou Babelse onderrig, sal jy jouself hel toe dryf, van waar jy nie veel kans sal hê om gered te word deur `n vriend van die Meester Jesus nie. "

(Sê die biskop): "Jy is reg, liewe vriend, en vir die eerste keer voel ek iets soos konsekwentheid opkom! Wees geduldig met my. Ek sal doen wat jy vra, in God se naam, maar praat nie met my oor die vreeslike hel nie! Laat ons gaan!"

(Die engel): "Vir die oomblik het ons ons bestemming bereik. Jy sal hierdie Lutherse boer en biskop, wat ek is, as `n skaapwagter dien. Getroue nakoming van jou pligte sal aan jou brood verskaf en geleidelike vooruitgang. Indien jy egter jou pligte in `n somber of geregtelike wyse doen, sal jy groot skade aan jouself doen en jou voeding en bevordering verminder. As jy `n getroue dienaar wil wees, vergeet dan van jou tydelike bestaan, maar weet dat jy met die laagste diens moet begin as jy wil vooruit kom. Moet een ding nie vergeet nie: Om hier vooruit te gaan beteken om terug te staan, wag om die laaste en die minste van almal te wees. Want niemand kan na die Meester kom, alvorens hy nie homself verneder tot die laagste moontlike graad nie. nou weet jy wat jy nodig het vir die huidige situasie, so volg my in hierdie huis in die regte gees." Die biskop volg hom sonder protes, oortuig dat sy gids dit goed bedoel met hom.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205