Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 44

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 44 -

DIE SEWENDE KABINET.  OOR DIE AARD EN DOEL VAN URANUS EN SY INWONERS.  SKEPPING IN DIE MENS EN BUITE HOM IN SY KORRELASIE.

(Die Meester): "Ons het al klaar die sewende oop deur bereik. Ook hier vind jy `n nuwe hemelse wêreld, maar nie so groot en so mooi soos die vorige een nie. Maar in plaas daarvan, vind jy hier geboue van `n seldsame en skouspelagtige styl en `n groot aantal werke wat deur die inwoners van hierdie planeet gemaak is, wat jy noem Uranus. Jy kan ook `n groot aantal van die mees oorspronklike tuine met `n oorvloed van buitengewone ornamente sien. `n Groot skare van geeste, in volmaakte menslike vorm en goed geklee, kan op die wye gelyke paaie van dié tuine gesien word. Alle oë is op ons gerig, want hulle vermoed dat ek naby is, en so hulle toekomstige eienaar en meester. Deur hom hoop hulle om ten laaste volle saligheid te bereik, en dus ook hul volle sterkte en krag, soos belowe. In die agtergrond, blykbaar op `n aansienlike afstand, sien jy vyf kleiner ‘wêrelde’. Dit is satelliete van die planeet, en heel anders, maar nog steeds in volle harmonie darmee. Die geeste van hierdie planeet bevorder die groei van die mense - in die wêreld fisies en hier geestelik. Egter net so ver dit gaan oor die ontwikkeling van die eksterne vorm in die mens se fisiese, sowel as in sy geestelike groei, mag hierdie planeet hom beïnvloed. Natuurlik moet die kapasiteit om te groei in die mens bestaan, of hy kan glad nie groei nie, dus ook hierdie geeste in `n ooreenstemmende sin, moet teenwoordig wees in die mens, in sy potensiale ontwikkelingsentrum. Daarom, alles wat jy hier sien, is binne en nie buite jou nie. Natuurlik bestaan hierdie planeet, met alles daarop, in werklikheid iewers buite jou, maar dit sal jy nog vir `n hele ruk nie kan sien nie.

Wanneer jy volle volwassenheid bereik het in die ewige lewe, dan sal jy ook in staat wees om die groot skeppings buite jou te sien, net soos Ek dit self sien. Dit is noodsaaklik, want as Ek my volmaakte kinders met die onderhoud en voogdyskap van `n hele wêreld vertrou, moet hulle in staat wees om daardie wêreld in al sy detail te sien, want `n blinde man kan nie `n skaapwagter wees nie. Maar jy sal egter nog vir `n lang tyd nie gereed wees daarvoor nie, en daarom moet jy tevrede wees met dit wat jy nou sien, wat `n ooreenstemmende lewende beeld van die werklikheid binne-in jou is, wat die indruk gee asof dit buite jou is.  

In hierdie innerlike oorweging, moet jy groei en jou gees moet volwasse word en sy kapasiteit vir liefde vir My verhoog en gevolglik ook vir al jou broers en susters. Slegs dan sal jou liefde die seën word wat ek jou belowe het - toe jy amper oorweldig was deur jou liefde vir die pragtige Mercuriaan. Hierdie seën sal dan vir ewig hou en sal `n ware brug in die eindelose groot realiteit wees, en op sy pilare sal jy in alle volheid verstaan waar jy is, wie jy is, en waarvandaan jy gekom het.

Nou weet jy alles wat nodig is vir jou om te weet wat agter hierdie deur is. Hierdie kennis het jy van My en uit My self gekry, Oordink dit alles! Nou, volg My na die agtste deur. Daar sal ons met nog `n ander, vir jou, heeltemal nuwe wêreld en sy interessante inwoners kennis maak. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205