Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 48 -

BISKOP MARTIN SE VERDERE WONDERLIKE ONTDEKKINGS OP SY SON. DIE REDE VIR DIE VERSKIL IN GESTALTE VAN DIE SONMENSE. LIEFDE EN WYSHEID AS DIE WARE MATE VAN DIE GEES. BISKOP MARTIN SE KLAGTE OOR DIE AARDE EN SY INWONERS.

Biskop Martin draai weer om na die son en kyk na die skouspel en wonders op sy blink oppervlak. Na `n uitgerekte ondersoek, praat hy weer: "Kyk, nog steeds dieselfde son, maar heel ander mense. Hulle is ook baie mooi, maar hulle skoonheid is draaglik, soortgelyk aan dié gesien op die ander planete, selfs soos die inwoners van ons aarde. Ek sien nou verskillende gordels om die son, parallel aan mekaar en binne elk van hierdie gordels sien ek mense, sommige groot, sommige kleiner, sommige baie klein en - wat is dit? - daar in die vêrte kan ek `n reuse-menseras sien! Hulle is so groot dat die ander soos parasiete in hul hare kan lewe soos die wat bekend is aan ons! Meester, vergewe my, my ietwat vieslike opmerking! Ek besef dit is verkeerd hier in die teenwoordigheid van die Verhewe, maar dit het uitgegly terwyl ek besig was om hierdie reuse te oordink. Alhoewel ek reeds `n paar baie groot mense op die ander planete soos Jupiter, Saturnus, Uranus en Myron gesien het, wie veel groter was as die inwoners van my aarde, - in vergelyking met hierdie reuse, lyk ook hulle net soos die klein parasiete. Op die aarde sou `n reus soos hierdie uittoring bo die hoogste berge! Vertel my, my geliefde Meester Jesus, my Heer en Meester, waarom is hierdie mense so verskriklik groot. Ek was nie veronderstel om U `n klomp vrae te vra nie, maar aangesien ek nog nie enige gevra het nie, sal U my hierdie een vergewe?"

(Ek sê): " Luister dus aandagtig. Dink aan die verskillende kaliber wapens, van die ligste tot die swaarste van die leërs op aarde. Wat sou gebeur as jy die lading van `n baie swaar kaliber geweer in `n ligte kaliber sit? Dit sou dit in stukkies ruk, sou dit nie? Wat sou gebeur met `n planeet, as dit gevul word met die son se krag? Kyk, as die aarde vir net een minuut in die kragtige lig van die son gedompel word, sou dit oplos soos `n druppel water wat val op `n rooiwarm yster. Om in staat te wees om die groot krag wat daarin geplaas is, met sy volle aktiwiteit te hou, moet die son `n baie groot omvang hê met ooreenstemmende krag. As jy `n veer op `n eier sit, sal hy dit maklik hou, terwyl `n swaar gewig dit heeltemal sal vernietig. Kan `n reus die jas van `n kind dra? Natuurlik nie! Maar as hy sou probeer om dit te dra, sou dit natuurlik aan flarde geskeur word. So, in die hele skepping het alles hul eie maatstaf, die kleine, op sy manier, in al sy verhoudings en so die grote. Soos jy nou sien is daar wêrelde van verskillende groottes bedoel om ooreenstemmende krag te hou, dus is die geeste op hierdie wêrelde van verskillende kalibers en dus hul liggame van verskillende groottes. Nie dat die ware, egte kaliber van `n gees gemeet word aan sy grote nie, maar slegs aan sy liefde en wysheid, maar dit is nog oergeeste wat in hul vrye toestand `n hele sonnestelsel vul met hulle aktiwiteit. Aangesien hulle ook wil deelneem aan die saligheid van my koninkryk, moet hulle ook die pad van die vlees deurloop. Wanneer hulle hul fisiese liggame afgelê het, sal hulle, weens hul vriendelikheid en sagmoedigheid, dieselfde grootte as ons word, maar indien nodig, ook van hul voormalige grootte. Nou weet jy genoeg vir hierdie vlak in jou huidige toestand. Hou so aan kyk en praat oor jou waarnemings, sodat ons kan voortgaan na die elfde deur. Laat dit so wees!

Biskop Martin besigtig weer eens die liggevulde gebiede van die son en onderskei gou baie groot tempels en woonplekke, ook paaie en brûe van die sterkste ontwerp. Daar is majestueuse hoë berge, waarvan die hoofreeks rondom die son gaan, met aanduiding van die verskillende bande, elk met ander inwoners en verskillende maniere van lewe en gewoontes. Hy merk ook op dat twee gordels aan beide kante van die sentrale of die hoof-gordel, lyk baie na mekaar. Hy gee nog steeds voorkeur aan die mense van die sentrale gordel bo al die ander, aan wie se skoonheid hy nou ook meer gewoond geraak het, maar hulle moet nie te naby kom nie, veral die vroue, wat te aantreklik lyk. Selfs die mans maak hom opgewonde, want ook hulle is mooi en het figure van goedafgeronde sagtheid, wat op die aarde selfs nie in die mees aantreklikste vroulike figuur gevind word nie. Nadat hy vir `n rukkie rondgekyk het, merk hy `n gebou op in die middel van die sentrale gordel wat in sy heerlikheid en versiering, by verre uitblink bo alles wat ons Martin tot dusver gesien het. En hy sien mense rondom die gebou loop, van sulke skoonheid dat hy val, asof in `n beswyming en nie in staat om `n woord vir `n hele ruk te uiter nie.

Na `n rukkie steun Biskop Martin eerder as praat, ietwat onsamehangend: "My God en Meester, wie op aarde kon ooit iets soos hierdie voorstel? Die son is net bekend as `n blink ronde hemelse liggaam, maar wie kon dit op die oppervlak verwag? Wat is jy, aarde, in vergelyking met hierdie geseënde heerlikheid? Wat is jou wilde diere van mense in vergelyking met hierdie onbeskryflike pragtige wesens, vol van die hemelse heerlikheid, skoonheid en soetheid? Op aarde is, -hoe meer pragtig die paleise waarin mense woon, hoe sagter hul vel en hoe meer luuks hul klere, - hoe meer harteloos en duiwels is hulle! Hier is dit presies die teenoorgestelde. Ah, ah, dit is ongelooflik! Hier woon die wysste in ongunstige hutte in die berge, soos ek kan sien. Op die aarde is die wonings van die topherders van die Christendom, wat hulself baie slim verbeel, die grootste en rykste en mees luukse van alles en hul klere is van suiwer sy versier met goud en kosbare juwele. Hier is dit andersom! O, o en die mense op die aarde is veronderstel om kinders van God te wees! In vergelyking met hierdie suiwer kinders van die son, is hulle eerder kinders van Satan! Die Evangelie is nog nooit aan hierdie gepreek nie, maar hulle natuur is suiwer soos die evangelie self. Dit kon waarskynlik nie anders wees nie, of hierdie hemelse orde sou ondenkbaar wees. Ja, ja, hier sien ek `n lewende demonstrasie van die ware, mees perfekte, suiwer en korrek geïnterpreteerde Woord van God! Kyk na die lelies van die veld: hulle arbei nie en maai nie en selfs Salomo in sy heerlikheid was nie beklee soos die minste van hulle nie! Daar sien ek baie van hierdie lelies, hulle het geen ploeg, geen mes, geen skêr, geen weefraam en geen borduurwerk raam. Maar waar op die hele aarde kan `n prins of prinses gevind word wat gereed is om selfs een van hierdie hemelse lelies te nader? O, mensdom wat die aarde verduister en besoedel, wie is julle en wie is ek in vergelyking met hierdie sonrasse? O Meester, ons is nie beter as duiwels en die wêreld is die hel self in sy ergste vorm! Dit is waarskynlik ook die rede waarom die sterre so ver van die aarde af is: Om hulle te beskerm van besmetting. O God, U is heilig en mees verhewe! Maar in U toorn, moes U op `n keer gespoeg het en uit daardie vloek van U moes die aarde en sy skepsels ontstaan het, vergewe my Meester, hierdie opmerking, maar ek kon dit nie help in die sig van hierdie hemel nie. Die aarde en sy inwoners laat my nou sidder soos `n giftige en stinkende kadawer! Stuur my in die eindelose ruimte in, Meester, maar nooit weer terug na die aarde toe nie, want dit is vir my soos `n hel van alle helle en sy mense onverlosbare duiwels met hul hoofdoel om die paar engele onder hulle te vervolg. O Meester, o Meester, stuur `n behoorlike oordeel oor hierdie enigste vlek in U hele skepping. Hoe meer ek kyk na hierdie prag hier, hoe meer dink ek dat die aarde en die mensdom nie regtig U werk is nie, maar die werk van Satan, die hoof van alle demone. Daar is niks behalwe onsedelikheid, dood en verwoesting, waarvan U, o Meester, nooit die skepper kon wees nie! Ag, ag, hoe heerlik en wonderlik is dit hier waar die ewige orde van U Woord heers! En hoe ellendig en kwellend is dit op die aarde, `n vloek wat voortvloei uit U, want dit bly U orde opponeer! Meester, stuur U oordeel, vernietig dit vir ewig, want dit verdien nie U genade nie!"

(Ek sê): "Kalmeer jouself! Alhoewel jy die waarheid gepraat het, het jy nog nie die regte begrip nie. Laat ons nou voortgaan na die elfde deur, waar jy baie dinge duidelik sal sien en `n ander mening sal vorm. Daarom volg My. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205