Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 49 -

‘N SIG VAN DIE MAAN DEUR DIE ELFDE DEUR. BISKOP MARTIN EN DIE MAAN FILOSOOF.

(Die Meester): "Kyk, ons is by die elfde deur. Kyk in en vertel my dan wat jy sien."

Biskop Martin kyk na binne vir `n rukkie en sê dan, ietwat suur: "Wat is hierdie mal wêreld van nonsens? Mense, effens groter as hase op die aarde en die landskap lyk soos `n mooi broeibak. Die bome word nie groter as enige braam of jenewerstruike op die aarde nie! Ten minste is die berge, wat baie hoog en steil is, noemenswaardig. Ek sien geen see nie, maar daar is mere, die grootste van hulle hou miskien tien duisend emmers water. O aarde, wat `n verskil tussen deur nommer tien en deur nommer elf! Maar wat is daardie dolleman daar met net een voet? Dit kan net `n dier wees, nie `n menslike wese nie. En nou kan ek `n hele trop eienaardige soort marmotte sien. In elk geval, dit is vreemd dat ek tot dusver nie enige diere gesien het nie. En in hierdie mal wêreld blyk daar meer diere te wees as menslike wesens. Is dit eintlik `n dierewêreld? Ja, dit kan wees, want daar sien ek nou `n groot kudde van `n soort skape. Jammer dat ek nie enige beeste of esels sien nie, om die geselskap van my eie soort te geniet! Daar is ook voëls; solank as wat daar nie te vrolike voëls onder hulle is nie! Daar, daar, ha ha, is dit nie snaaks nie? Hierdie mense is aanmekaar vasgegroei, die vroutjie sit soos `n bult op die skouers van die mannetjie. En daar is `n mannetjie besig om homself op te blaas soos `n boompadda en maak `n geluid met sy stywe maag soos `n Turkse regiment tromspeler op aarde. Dit is baie grappig en belaglik! Regtig, Meester, toe U hierdie klein wêreld gemaak het, het U waarskynlik nie te veel van U Almag en Wysheid gebruik nie, want in vergelyking met alles wat ek voorheen gesien het, is dit op geen manier verhewe nie. Nou moet ek om verskoning vra vir die aarde omdat ek so sleg daarvan gepraat het by deur nommer tien. Want in vergelyking met hierdie wêreld, is dit `n ware paradys, behalwe vir die mensdom. Sê my, o Heer, as U wil, wat word hierdie wêreld genoem? Dit kan nie moontlik binne die sonnestelsel van ons aarde wees nie."

(Ek sê): "O ja, dit is, want dit is die maan van julle aarde. En die mense het oorspronklik van die aarde afgekom, net soos die maan self. Dit was die mees ondergeskikte deel van die aarde, maar is nou veel beter as die hele aarde. Daarom het dit nou `n skool geword vir uiters-wêreldse siele. Want `n skamele klein wêreld met `n vrugbare gees is verkieslik bo `n vrugbare groot wêreld met `n baie geringe gees. Hoewel hierdie mense uiterlik miserabel lyk, sal dit jou nogal `n rukkie neem om geestelik so vrugbaar te groei soos wat hulle reeds vir `n lang tyd is. Maar om jou te oortuig van die wysheid van hierdie mense, sal `n paartjie jou benader en verskeie sake met jou bespreek. Daar is reeds een van hierdie abba-paartjies; vra hulle `n paar vrae en wees verseker dat hulle `n antwoord op alles sal hê. Laat dit so wees!"

(Biskop Martin): "O ja, daar is reeds `n paar wat ons nader met hul hele wêreld, wat blyk deur hulle gebruik te word as `n skip. Van nader beskou lyk hulle sonderling, veral die klein vroutjie. Dit lyk of ons onsigbaar is vir hulle, omdat hulle met verwagting rondkyk asof hulle iets voel, maar dit nie kan sien nie."

(Ek sê): "Jy moet eers nader aan hulle kom en in kontak met hul klein gebied maak, dan sal hulle bewus raak van jou. Die inwoners van al die mane van die planete het die eienskap dat hulle geeste van ander planete kan sien wanneer dit binne hul klein gebied kom. Dit is te danke aan die feit dat die mane die laagste en mees materialistiese vlak van die planete is, net soos die mis van die diere hulle laagste en mees materialistiese vlak is, maar dit is dikwels meer werd as die dier of mens self. Nou doen soos ek vir jou gesê het, sodat die egpaar in staat sal wees om jou te sien!"

Biskop Martin gehoorsaam en die egpaar sien hom, bewonder sy hoogte. Maar Martin begin onmiddellik die volgende gesprek met hulle: "Is julle die ware inwoners van hierdie klein wêreld, of is daar nog ander, groter as julle en miskien ook slimmer?"

(Die twee sê ): "Daar is net `n sekere aantal mense soos ons. Maar daar is baie ander wesens hier en op die ander kant van hierdie wêreld is daar boetelinge wat gereeld na hierdie kant kom om van die innerlike wysheid van ons te leer. Hierdie boetelinge kom gewoonlik uit `n ander wêreld, waarskynlik van die een wat jy vandaan kom. Hulle is hoog van statuur, maar hulle geestelikheid is baie klein. Jy is ook groot gebou, maar die menslike substansie in jou is skaars sigbaar. En wat doen jy, jou groot man, wat so baie lewe gegee is? Hoekom sorg jy so min daarvoor? Wanneer dit tyd is om te saai en maai vir sy tydelike lewe, werk die mens ywerig en oorwin alle hindernisse. Hy verdra hitte en koue, reën en storms. Hy spaar sy fisiese liggaam nie en waag dikwels sy lewe vir `n miserabele lewensbestaan. Maar hy doen min of niks om die ware innerlike lewe in stand te hou en te vervolmaak vir sy ware ewige, goddelike self nie. Wat dink jy van `n tuinier wat vrugtebome geplant het en sodra hulle begin te bloei en ontkiem, neem hy hierdie eerste spruitjies van die werklike vrugte, breek al die bloeisels en nuwe lote van die bome af en versier sy huis met hulle? So `n tuinier is natuurlik `n groot gek, want terwyl sy naaste vrugte vergader van sy bome, sal hy hongerly, aangesien daar geen vrugte aan sy eie bome is nie. Maar is enige mens nie `n nog groter gek indien hy al die vrugte van sy tydelike lewe geniet, wat niks anders as blomme en blare vir die innerlike ware lewe is nie? Deur hierdie onnatuurlike en onvolwasse genieting, het hy die ware vrugte wat moes kom, geruïneer naamlik die ware, ewige lewe van die gees.

En net uit die binneste saad van die ryp vrug kan die nuwe, ewige lewe ontwikkel, maar nie uit die blomme, of die blare nie! So is dit met elke mens: Sy liggaam, sy sintuie en sy rede is die blomme en blare. Uit hierdie ontwikkel `n volwasse gees en die behoorlike volwassenheid van die siel sal `n ryp saad hê. En hierdie saad is die onsterflike gees wat, wanneer heeltemal volwasse, alles sal deurdring met sy eie onsterflikheid, net soos bederfbare vlees, gesalf met bederf-weerstandige eteriese olies, ook onverganklik word. Kyk groot man, dit is ons wysheid! Om dit te bereik, volg ons die erkende orde van die hoogste Gees van God en dit maak ons ten volle wat ons is. Jy kan nou argumenteer met my as jy kan! Ek is bereid om met enigiets van jou uit te hou.

Ons biskop is nogal verleë en verbaas oor die enorme wysheid van die maanegpaar. Na `n hele ruk, sê hy: "Ek het nooit verwag dat julle maanmense sulke diepe wysheid besit nie! Wie het julle sulke wysheid geleer, wat onmoontlik nie sy oorsprong in julle het nie? Diere en plante ken hul natuurlike orde deur instink. Dit is in hulle geplaas en hulle moet dit onder dwang volg. Maar die mens, as `n vrye wese, moet hierdie kennis deur middel van buite onderrig ontvang, - dit ontvang soos `n leë houer. En die Woord van God se wysheid moet in sy hart geplaas word soos `n koringkorrel in die grond, om hom in staat te stel om homself te ken en gevolglik God en Sy orde. As `n mens nie enige instruksie ontvang nie, bly hy meer onkundig as `n dier en dommer as `n klip. Aangesien julle natuurlike mense is met die dieselfde goddelike regte as ons, moet julle op `n stadium deur God self onderrig gewees het, hetsy direk of indirek. Anders sal julle wysheid die grootste wonder wees wat ek tot dusver teëgekom het. God moes die eerste onderwyser van al die oermense gewees het, of alle mense sou ver onder dié vlak van diere in hul intelligensie gewees het. As A blind was wie kon lig aan B gegee het? En indien B ook blind was, wie kon lig aan C gegee het? Aangesien jy `n baie verligte man is, vertel my asseblief, hoe en wanneer die natuurlike goddelike lig na jou gekom het?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205