Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 51

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 51 -

'N KYKIE DEUR DIE TWAALFDE DEUR NA DIE KLEINSTE SONNESTELSEL. MARTIN KRY 'N IDEE VAN GOD SE GROOTHEID EN GENADE. DIE MENSLIKE VORM AS 'N EWIGE EENVORMIGE FUNDAMENTELE VORM.

(Die Meester): "Ons het die twaalfde deur bereik en net soos die voriges is dit reeds oop. Stap tot op die drumpel en praat dan oor wat jy sien."

(Biskop Martin doen soos gesê. Na `n stilte van verbasing, sê hy): "O God, o God, hoe eindeloos is dit! In uitgestrekte afstande sien ek ontelbare skitterende sonne en wêrelde swerm soos eendagsvlieë `n paar uur voor sononder op `n somerdag. Ek wonder hoeveel desiljoene daar kan wees? En hoeveel ewighede nodig sou wees om hulle tot `n mate te leer ken? O God, o Meester, hoe langer ek kyk, hoe meer van hulle kan ek onderskei. Hoe kan dit moontlik wees vir U om oor hierdie onbeperkte massa van sonne en wêrelde toesig te hou, te lei en in stand te hou? Dit is geweldig! Die klein maan alleen sou my besig genoeg hou tot in ewigheid! En U, o Meester, speel net met al die ontelbare desiljoene sonne en wêrelde; U reguleer en onderhou hulle en kyk selfs na die heel kleinste van al hierdie wêrelde asof dit die enigste ding in die hele oneindigheid is. O, Meester, hoe kan U dit doen?"

(Ek sê): "Geen geskape gees kan dit ten volle verstaan hoe Ek dit maklik kan doen nie. Maar die ewigheid sal jou baie meer dinge leer wat jy nie op hierdie stadium kan verstaan nie. Daarom moet jy nie enige verdere navrae maak nie! As Ek aan jou die omvang van My almagtige Liefde en Wysheid openbaar, sal jy nie kan leef nie, want die diepte van My Godheid is onpeilbaar vir enige geskape gees! "Wat jy hier sien is die kleinste sonnestelsel, wat jy dikwels op aarde op helder nagte gesien het. Moenie dink dat dit die enigste een is wat die eindelose oneindige ruimte vul nie. Daar is geen einde aan soortgelyke, sowel as eindeloos groter, ryker en meer wonderliker sonnestelsels, want My skepping is onbeperk! Weer en weer, sal jy anders en meer wonderlike rangskikkings vind en vir ewig nuwe vorme van onvoorstelbare grootsheid en heerlikheid. Die enigste konstante en eenvormige vorm, is die van die mens. Die talle inwoners van die verskillende wêrelde verskil slegs in grootte en die graad van hul liefde, wysheid en skoonheid, maar al hierdie grade is steeds gegrond op die onveranderlike menslike vorm, wat in My eie beeld is. Die wysste is die mooiste en hulle wat gevul is met liefde is die mees delikaatste en heerlikste. Maar op hierdie stadium sal jy nog nie in staat wees om selfs die minste skoonheid in die menslike vorm van die mees onbeduidende van die wêrelde wat jy nou net gesien het, te verdra nie. Daarom moet jy tevrede wees om hierdie sonne en wêrelde van `n aansienlike afstand af te bekyk. Wanneer jou gees meer volwasse is, kan jy baie nader kyk na die wonders van my skepping. Maar voordat dit die geval is, sal jy selfverloëning moet beoefen, veral in die begeerlikheid van die vlees, wat nog baie sterk in jou is. Solank as wat jy nie ontslae raak daarvan nie, sal jy nie toegelaat word om al hierdie skoonheid, wat nog onverstaanbaar vir jou is, te besigtig nie, of jy kan My maklik vergeet. Om My te vergeet, beteken om die lewe en sy hemelse vryheid te verloor en om jouself bloot te stel aan oordeel, dood en hel, waarvan geen gees veilig is wat nog nie ten volle wedergebore in My Gees is nie. Nou is jy bekend met jou woning. Ek self het jou oral gelei op die drumpel van die ewige lewe en nou moet jy self loop as jy ware vryheid wil bereik. Ek sal jou nou weer sigbaar verlaat, maar Ek sal jou `n ander metgesel stuur wat jou sal leer om my wil op die wit tablet te herken. Oordink getrou alles wat jy gesien en gehoor het; wees kalm en redelik en jy sal gou verdere vooruitgang maak. Laat dit so wees!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205