Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 54 -

BISKOP MARTIN SE MONOLOOG. KRITIEK OOR DIE KERKE. ONTDEKKING VAN ‘N NAMIDDAG TEEHOEKIE.

Na behoorlike studie van die geestelik artistieke aardbol vir twaalf aardse uur en toe niemand naby hom gekom het nie, begin Biskop Martin die volgende monoloog:

(Biskop Martin): "So, nou het ek nog `n goeie blik op die aarde gehad en moet sê dit is `n skande wat daar aangaan! Die bedrog, die misleiding, die kwaadwilligheid, die skandelike politiek en die onuitspreeklike gruwels wat oral gepleeg word! Dit oortref regtig alle begrip! As jy nader aan al hierdie gemeenheid op aarde kyk, lyk die lewe afskuwelik. Te midde van die grootste wonders van God, lyk dit of miljoene geen idee van Hom het nie en hul dade is so vreemd tirannies asof hulle verwag om vir ewig te lewe op `n wêreld waarop die seël van die dood oral gedruk is. Hoe merkwaardig is dit nie! En ek is nog steeds eerder `n dier, maar dit is regtig te gek! My Roomse kollegas sit in geheime vergaderings en die kerkrade ontmoet, maar die rede vir hierdie vergaderings is nie die Meester of die gees van die onderrig van die Evangelie nie, maar net lus vir mag, met skelm besprekings oor die skandelikste manier om dit te bereik.

Die Protestante probeer ook om die aarde te verower met suiwer redenasie en om nuwe wette te maak wat eerder in die guns van die wetgewer is as die mense. Ook die Anglikaanse Kerk probeer alles, deur die vuilste van middels, om die verspreiding van die leerstelling van gee onder sy lidmate te propageer. Maar die kerk self gee glad niks nie! In kort, toestande op die aarde is so dat dit selfs in die hel nie erger kan wees nie. Weg met jou, skaamtelose wêreld! Selfs om na jou te kyk maak `n mens boos, Hoeveel te meer moet dit die geval wees as mens `n Roomse biskop vir vyftig jaar lank was. Ek is werklik `n lae ploert van `n gees in hierdie illusie koninkryk van die hemele, maar wat kan ek doen? Miskien sal my boosheid verval na ongeveer tweeduisend jaar wanneer al die aardse in my verdamp het. O, wat `n dier is Ek nie!"

Na hierdie monoloog, is Biskop Martin weer stil en peins oor wat hy nou kan doen, maar is nie in staat om aan enigiets die moeite werd te dink nie. `n Hele rukkie gaan verby voordat hy onthou dat hy nog nie die pragtige galerye van sy huis geïnspekteer het nie. So begin hy soek na `n trap wat na hulle lei, maar sonder sukses, want dit is versteek. Hy gaan na buite, kyk rond, maar sien geen spoor van hulle bestaan nie. Hy vind dit heeltemal merkwaardig en onbegryplik dat sy huis binne uit `n baie groot saal bestaan, maar tog van buite lyk dit nie enigsins groter of meer indrukwekkend as `n klein kluisenaarshut op aarde nie. Hy wonder ook waarom hy geen spoor van die twaalf kabinette aan die buitekant van sy huis kan vind nie, terwyl hulle so `n belangrike rol speel aan die binnekant. Na `n geruime tyd buite sy huis en nie in staat om te vind waarna hy so gretig soek nie, begin ons biskop rondloop in sy klein tuintjie. Daar kry hy `n paar klein bessies, hy eet `n paar van hulle, omdat hy begin honger voel. Maar dit is nie veel na sy smaak nie, sodat hy nie veel daarvan eet nie. Vir `n ruk bly hy nog rondkyk, maar toe hy niks kan vind nie, gaan hy weer in die huis in en hy aanvaar die feit dat hy nie in staat is om die galerye te ondersoek nie. Binne ondersoek hy weer die wit tablet van alle kante, maar vind alles onveranderd: Aan die voorkant is dit nog steeds leeg en op die agterkant, teenoor die astronomiese meganisme, is daar nog steeds dieselfde Latynse frases, wat soos ons weet, van geen belang vir ons Biskop Martin is nie! Hy loop weer na een van die deure, die deur van die son. Hy maak dit oop en kyk na die baie ver son en aangesien hy niks anders kan sien nie, geniet hy ten minste die sonlig. So spandeer hy wat hy voel etlike ure en dan begin hy weer om met homself te praat.

(Biskop Martin): "Alhoewel die aarde oor die algemeen `n malhuis is, is dit nie so verspot soos hierdie sogenaamde hemelwêreld nie. Want wat op aarde is, is werklik en bly so, of ten minste verskyn weer as dieselfde ware ding. Die sterre in die hemel verander nooit nie en `n huis bly dieselfde tot dit afgebreek word en `n nuwe een in sy plek gebou word. Maar hier is alles soos `n lawwe droom: Jy sien iets en dan, wanneer jy dit weer wil sien, miskien uit `n ander hoek en as jy omdraai daarna, dan is daar geen spoor van wat jy oorspronklik gesien het vanaf die eerste posisie nie. Neem byvoorbeeld hierdie deur waardeur ek nou kyk oor `n afstand van miljoene kilometers. Waar is dit wanneer ek dit buite die huis soek? Nêrens is `n spoor daarvan sigbaar nie! Hier, onmiddellik na die deurraam, is daar `n oneindige donker blou leë ruimte in wie se diepte die liewe son skyn, nie groter as `n klein bord nie. Buite die huis, op hierdie selfde plek, is daar nie `n spoor van `n deur nie en ook nie die son wat dit betref nie! Wat kan dit beteken? Om dit te verstaan, moet `n mens klaarblyklik meer as `n basiese kennis hê of dalk selfs `n groter esel as ek wees, wat ten minste blyk te besef dat dit niks anders as illusie is nie. So sal die wetenskaplikes op aarde verbaas wees om te hoor dat jy hier kan woon in `n huisie wat baie kleiner is aan die buitekant, as aan die binnekant. O, wat `n toestand van dinge! En wat sal ek nou doen? Hier bly? Wat `n lastige situasie - alleen en niks om te eet nie! Is dit nie eienaardig dat selfs as `n gees in hierdie sogenaamde hemelse geesteswêreld, kan `n mens honger en dors ly? Maar dit is hoe dit is! Ek is honger en dors en het niks te eet of te drink nie en nog steeds is daar niks wat ek kan doen nie, maar hier bly, want in die klein tuin is daar ten minste `n aantal klein bessies as voedsel in `n noodgeval. Maar wag! Ek het nou net iets onthou! Deur hierdie sondeur is daar net `n groot leë ruimte. Wat sou gebeur as ek uitspring daarin, want daar is niks in enige rigting nie? As ek my kop by die deur uitsteek, sien ek glad nie die huis nie, nie `n spoor van `n muur, `n dak of `n fondament nie. Daar is net niks daar nie! Toe ek my kop na binne terugtrek, sien ek weer my saal, onveranderd.  Daarom kon ek onmoontlik nie my kop teen iets stamp nie, selfs al was daar iets, want ek is `n gees en as sodanig behoort ek lig genoeg te wees. So laat ek spring! Wie weet wat ek mag ervaar op so `n reis deur die lug? Nee stop! Ek onthou iets wat selfs nog beter is! Deur, deur nommer een het ek die bekende veld gesien. So hoekom moet ek in hierdie leë sonruimte inspring, terwyl ek kan gaan vir `n wandeling in daardie veld? Ek mag dalk selfs die mooie lammers ontmoet! Ja, dit is `n baie beter idee. So laat ek na deur nommer een gaan! Hier is ek, reeds by deur nommer een! Maar wat het gebeur met die veld? Dit het verdwyn en ek kan net `n digte grys mis sien. Kan dit wees dat die aardse herfs kenmerke soms hier in die wêreld van geeste ook verskyn? En hoekom nie? Daar is hemelse wolke, so hoekom nie ook hemelse mis nie? Ek sal egter nie buite die deur gaan nie, want wie weet wat of wie ek kan ontmoet in so `n mis? Ek wonder wat sou gebeur as ek `n ‘salto mortale’ probeer deur die deur van Mercurius? Ek mag dalk nader aan die planeet kom en miskien selfs die mooie Mercuriaan ontmoet wat, mag God my sondes vergewe, `n werklike dierlike passie in my losgemaak het. O, o, om net `n soentjie by haar te kry en `n bietjie haar boesem te voel! Wat `n goddelike vreugde sou dit wees! Ja, af tot by die deur van Mercurius, wat langs hierdie een moet wees! Hier is ek. Dit is die regte deur, maar dit is toe. Ek sal dit oopmaak, maar wat is dit? In plaas van die uitsig in die uitgestrekte gebied van Mercurius, sien ek niks anders as `n kas, goed toegerus met kos! Op die onderste rak sien ek nogal `n aantal wynbottels. As dinge so is, sal ek natuurlik hier bly. Vaarwel mooie Mercuriaan, vaarwel eindelose sonruimte - ek verkies by verre hierdie ryk tafel!

Dit verander werklik my hele houding! O, my geliefde Meester Jesus, vir hierdie moet ek U bedank! Nou is ons weer versoen, my liefste boekhandelaar! Kom na my dat ek jou kan omhels! Jy kom nie, maar dit maak nie saak nie, ek is nog steeds innig lief vir jou! En nou sal ek dadelik nagmaal hou, in die naam van die Meester!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205