Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 56 -

MARTIN SE VERGEEFSE POGING OM TE SLAAP. HY WORD VERRAS DEUR 'N GROEP ELLENDIGE GEESTE, WIE HY BYSTAAN.

(Biskop Martin): "Wat sal ek nou doen? Waarheen kan ek gaan? Moet ek na die deur van Mars, Venus, of eerder dié van Saturnus, Uranus, of Miron (Neptunus), of dalk na die deur van die verskillende klein planete? Ek kan dalk iets erger in die gesig staar en wat dan? Daar is geen sprake van weerstand van my kant af nie, want ek het gebrek aan krag, sowel as wysheid. Ek moet in die toekoms eerder wegbly van al die deure af, so ek sal myself nou in `n hoek oprol soos `n krimpvarkie en probeer slaap. As dit faal, sal ek daar lê vir alle ewigheid, sonder om te beweeg. Ek sal niks eet nie, of met iemand praat nie, kom wat wil! In kort, ek sal dood wees vir almal, selfs die mooie Mercuriaan! Dus is dit tot siens! Omdat ek nie kan ophou om te bestaan nie, sal ek in my rus gaan, waaruit geen God in staat sal wees om my wakker te maak nie. Daar, sien ek reeds so `n hoek waar ek sal gaan lê en bly vir ewig en altyd, amen! " Biskop Martin loop oor na `n inham tussen twee kolomme wat die galery help steun. Hy kruip in, rol hom op en probeer om te slaap, maar natuurlik werk dit nie. Nadat hy daar gelê het vir sowat twee uur, soos dit vir hom voel, hoor hy `n groot oproer buite die huis, soos dié van `n storm, waarin dit klink of mensestemme na hulp roep.

(Toe hy dit hoor spring, Biskop Martin op en sê): "Ag, maar hierdie is anders! Ek kan dit nie ignoreer nie! In so `n geval kan ek nie voortgaan met my bedoelde ewige rus nie. Ek moet gou buite toe gaan! Daar is iemand in die moeilikheid en ek moet help." Met hierdie woorde haas hy na buite en sien, net buite sy tuinheining, `n menigte van skynbaar gejagte geeste op soek na hulp en veiligheid. Hy hardloop na die tuinhek, maak dit groot oop en skree:

(Biskop Martin): "Hiernatoe, hiernatoe, vriende en geliefde broers, hierdie is `n veilige plek! Hier sal julle veilig wees van vervolging! En as julle honger en dors is, sal ons die een of ander uitweg vind! Kom net in, almal van julle. Hoeveel van julle is daar?"

(Een, naaste aan Martin sê): "Ons is ongeveer `n duisend van die ellendigste, arm duiwels. Ons het ontsnap uit die hel en dwaal oor hierdie verskriklike eindelose woestyn al vir die helfte van `n ewigheid, nie in staat om skuiling te vind en `n bietjie rus nie. Glo my, dit is `n vreeslike lot om vir ewig gejag te word sonder om enige vrede of rus te kry! As jy, edel gees, `n hoek het waar ons veilig sal wees en `n bietjie kan rus, neem ons in en ons sal baie dankbaar wees."

(Biskop Martin): "Vriende, hier is die hek, kom almal van julle in! My huis lyk nie baie groot van buite nie, maar ek kan julle verseker dat daar baie plek is binne." Na hierdie woorde stroom die gejagtes in die tuin en van daar in die huis in, waar hulle verbaas is om die binnekant van sodanige heerlikheid en grootte te vind. Die eerste een omhels ons biskop en spreek namens almal van hulle: "Ag, jy geseënde vriend, hoe wonderlik is dit hier in jou huis! Vir biljoene aardse millennia, is dit die eerste lig wat ons sien. Sedert ons die aarde verlaat het, het ons oë nie `n enkele ligstraal gesien nie! O lig, lig, hoe glorieryk is jy! O vriend, moet ons nie wegstuur nie, maar laat ons vir altyd by jou bly."

(Biskop Martin): "Hoekom sal ek julle wegstuur as ek myself bly is om soveel geselskap te hê? Julle kan vir ewig hier bly, so maak julleself gemaklik. Ek besit nie veel in hierdie hemel nie, maar alles wat ek het, sal ek graag oorhandig aan julle, selfs as daar niks vir my oorbly nie! God dank dat ek eindelik geselskap gevind het! Dit is werklik baie genotvol. Ek sou julle eerder hê as die sogenaamde engele van God, wat in hulle saligheid in staat is om `n arm duiwel vir `n hele ewigheid te vergeet, nie in staat of nie bereid is om die gevoelens van so `n ongelukkige een te oorweeg nie. Ek kan julle dit sê: Die Meester alleen is goed, dit is `n feit! Maar die res van die hemelse gespuis kan vir ewig van my af wegbly, want hulle het `n intellektuele arrogansie wat stink vir `n eenvoudige, eerlike knaap soos ek en waarskynlik, soos julle almal is. Maar, soos reeds gesê, God, die Meester Jesus, is `n uitsondering! Hy is werklik goed - ja, baie goed!"

(`n Ander uit die duisend sê): "Ja, ja, jy is reg - Hy is werklik goed! Geseënd is Hy, as Hy enigsins bestaan! En vir die res van die hemelse gespuis, gee ons ook nie voor om nie, met die uitsondering van u, liewe vriend."

(Biskop Martin): "Liewe vriende, die hemel is nog nie vir my nie. Want ek is min of meer op dieselfde vlak as julle. Maar ons sal genoeg tyd in die ewigheid hê om ons situasie te bespreek, dus laat ons nou kyk vir iets om te eet. Daarna kan ons uiting gee aan ons gevoelens. Sommige van julle kom saam met my na hierdie kas, wat `n bietjie voorraad het vir die honger en die dorstiges."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205