Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 58 -

SOMMIGE BESONDERHEDE OOR DIE GROEP VAN MANLIKE EN VROULIKE DIENSKNEGTE VAN ROME. 'N ROOMSE-SJINESE SENDELING.

(Een van die groep): "Liewe vriend en broer! Almal van ons het die aarde in die jaar 1846, na Christus se geboorte verlaat. Op die aarde het ons in verskillende lande geleef en slegs hier in die geestewêreld ontmoet. Ons was monnike van die orde van die Jesuïete, Ligourianers, Minoriete en Karmeliete. Ons is ongeveer agthonderd mans; en die tweehonderd vroue wat deels uit die ordes van die Susters van Liefdadigheid en deels van die orde van Opvoedkundige Susters en ook die Dames van die Gewyde Hart. Nou liewe vriend en broer, weet jy wanneer ons op aarde geleef het en wat ons was. Die res kan jy maklik voorstel: Al die dwase dinge wat ons moes verrig ter wille van Rome, wat ons die wêreld ingestuur het om vis te vang. En vir hierdie twyfelagtige eer, moes ons ons lewens gee, sommige in Asië, sommige in warm Afrika en Australië en die ander in Amerika. En toe ons hier in die geestewêreld aankom en verwag om die martelaarskroon van ewige heerlikheid te ontvang, het die werklike probleme begin. En ek het jou vertel dat jy die eerste mens was wat ons ontmoet het in hierdie woestyn na werklike, of net ervaar, triljoene jare. Is dit nie vreeslik om so `n beloning vir ons martelaarskap op aarde te ontvang nie? Die mense op aarde is groot esels, maar ons was die grootste - daar is geen twyfel daaroor nie! Natuurlik het ons niks geglo van die dinge wat ons met glibberige tonge geleer is nie, ons enigste motief was om die goudvis vir onsself en vir Rome te vang. Maar, desondanks het ons Christus verkondig en baie heidene tot die Christendom bekeer, waarvoor ons aan die einde gefolter is. Wat `n beloning wat ons daarvoor ontvang het, jy kan self sien: Die onbeskryflike ellende in hierdie wêreld. Ek moes veral ly. Ek was in Sjina waar, te danke aan my kennis van die taal, ek daarin geslaag het om baie winsgewende besigheid te doen. Met die hulp van `n pragtige Sjinese vrou het ek selfs toegang verkry tot die Keiser se hof. Daar het die vrou egter, wie ek ongelukkig in my vertroue geneem het, my aangekla by die hoogste gesag, met vermelding van bedrog en ander bose dinge, met inbegrip van hoogverraad. Ek was gevange geneem en tussen twee klipplate gesit, wat die Chinese toe begin verhit het en ek was stadig doodgebraai. Dit is sekerlik die pynlikste dood denkbaar en `n mens sou dink dat met so `n dood `n mens sou vergoed het vir al `n mens se dodelike sondes, maar luister hierna: Hierdie marteling is voortgesit selfs na my dood! Ja, ek moes nog dié twee gloeiende gesteentes wat ek reeds aan jou genoem het trotseer. Dit was die beloning wat ek tot dusver ontvang het vir al my pogings op aarde, wat nog mag volg, weet ek nie. Jy het nou `n goeie beeld van ons lewe en ons lot. In kort, ons is arme duiwels wie jy nou help. As daar `n God is, mag Hy jou beloon daarvoor!"

(Biskop Martin): "Nou weet ek meer oor julle as wat ek wou uitvind. Maar dit is alles reg, ons sal nog altyd goeie vriende bly. Nou, bring die nonne vir my, sodat ek kan hoor onder watter omstandighede hulle hier by jou aangesluit het."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205