Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 61 -

DIE DAMES VAN DIE HEILIGE HART PRAAT.  HULLE FISIESE FOUTE EN GEESTELIKE DWAASHEID.  MARTIN PROBEER OM HULLE REG TE HELP EN BERISPE HULLE.

Die Opvoedkunde susters onttrek, mompelend onder mekaar en die dames van die Heilige Hart tree vorentoe en praat as volg: "U edele, ons is dames van `n baie vooraanstaande damesorde in die wêreld, wat net dogters van baie ryk, vername en adellike families toelaat, waar hulle alles kan leer wat daar is om te leer in die wêreld!"

(Biskop Martin, aan homself): "Wat `n begin! Net wat die Meester die graagste wil hoor! Of wil Hy?"

(Dames van die Heilige Hart): "Ons het al die tale, musiek, dans, gimnastiek en verdediging geleer, soms ook perdry; ook teken, skilder en artistieke naaldwerk. Daarbenewens natuurlik ook al die wetenskappe soos aardrykskunde, wiskunde, fisika, astronomie, geskiedenis, die kuns van navigasie, hidroulika, meetkunde, trigonometrie, stereometrie, poësie in die edelste Europese tale en baie ander nuttige onderwerpe is geleer. Kortom, in ons orde word al die wetenskappe van die wêreld geleer, al die kunste word beoefen, natuurlik waar benodig en waarvoor betaal word. Die res van die tyd spandeer ons in gebed, sang, soms ook vas, met `n daaglikse mis en belydenis en die Nagmaal drie keer per week. Daar is swaar boetedoening vir oortreding teen die streng reëls van die orde en dit word amper strenger toegepas as die reëls self."

(Biskop Martin, aan homself): "Alhoewel ek self `n biskop was, was ek nog nooit in staat om die geheime van hierdie orde te ken tot die mate wat ek nou doen nie! Ag, hoe gelukkig moes daardie plek die Meester gemaak het!"

(Die Dames:) " Liewe, hoogeerwaarde vriend jy kan daaruit alles sien"

(Biskop Martin aan homself: "Dat julle absolute dom ganse is!")

(Die Dames:)"watse streng reëls ons orde het en watse grootsheid"

(Biskop Martin aan homself): "En dwaasheid"

(Die Dames:) "in die selfopoffering dit verg om nougeset al hierdie baie streng reëls na te kom; net ware reuse "

(Biskop Martin aan homself): "Van dwase"

(Die Dames:) "met geestelike krag is in staat om al hierdie streng reëls te hou. Maar ons het dit baie nougeset gehou soos ware heldinne van die hemel, oortuig dat die hemel vir ons verseker was!"

(Biskop Martin aan homself): "Dit verg `n baie sterk geloof!"

(Die Dames): "Wel, na `n paar miljoen jare van die aarde, vind jy ons nou so ellendig as toe ons die eerste keer hier aangekom het. Jou huis is die eerste mooi ding wat ons teëgekom het in hierdie wêreld. Sê vir ons, is dit goddelike geregtigheid?"

(Biskop Martin, aan homself): "Hier meer as enige ander plek met julle, julle dom ganse!"

(Die Dames): "Toe ons aan `n deur klop, met die woorde bo-aan:" Poort na die Hemel," in plaas van toegelaat word na `n wel verdiende hemel, het `n growwe en ongemanierde boer vent aan ons gesê: "Terug met julle, julle dwase maagde! Hoekom het julle nie julle lampe vooraf met olie gevul nie?"

(Biskop Martin, aan homself): "Reg genoeg! Ek sou amper geregtig wees om sulke gaste uit my huis te dryf!"

(Die Dames): "Toe verdwyn hierdie hek na die hemel en ons was skielik omring deur talle klein duiwels, soos `n skare van “will-o'-the-wisps”, dartelend rondom ons en het ons vir `n eindelose lang tyd wreed geterg, tot redelik onlangs toe ons die ander groep ontmoet in ons eindelose vlug. Liewe hoog aangeskrewe eerwaarde vriend, wat sê u oor dit alles? Wat kan ons doen om dalk ons toestand te verbeter? O, help ons met u raad!" 

(Biskop Martin, ironies): "Ag, ag, die Meester het julle `n onreg aangedoen, aangesien julle in streng ooreenstemming met die evangelie geleef het. Regtig, ek moet sê dat die Meester Jesus baie onregverdig is as Hy julle die hemel beloof het op die evangeliese streng reëls van julle orde en dit dan nie wou gee nie. Dit is regtig nie mooi van Hom om die hemel te weerhou van sulke sag en stil superslim dierbares nie! Tensy, miskien het julle in die geheim sodomie gepleeg? Of het julle dalk onder julle orde se duisende slim reëls, die Christelike beginsels van die liefde vir jou naaste verwaarloos? "

(`n Ander dame, wat voorgee om Frans te wees, verduidelik in `n belaglike deurmekaar taal, deurspek met die Franse woorde, dat hulle niks te doen gehad het met sodomie nie, maar het naasteliefde beoefen en was godsdienstig en kuis soos blomme. Wat anders wou die Meester Jesus Christus van hulle hê?)

(Biskop Martin): "Om hemelsnaam, hou op met hierdie lawwe taal! Jy is Duits! Kan jy nie jou eie taal praat in plaas van voorgee om te wees wat jy nie is nie? Glo jy dat jy ooit hemel toe sal gaan op hierdie manier? `n Dom gans soos jy sal `n ekstra lang tyd moet wag daarvoor! Selfs geeste van ander planete het in my taal tot my gespreek! Jou voorganger, wat in Lyons gebore is, het met my in goeie Duits gepraat en jy, verwaande gans, gee voor om nie in staat te wees om dit te praat nie!"

(Die dame): "Ag vriend ek het dit net gedoen om jou te beïndruk!"

(Biskop Martin): "Wat `n dom idee! Net soos die een wat maak dat julle die hemel van God verwag vir julle uiterste dwaasheid. Dink julle dat die Meester die hemel berei het vir dom ganse soos julle? O, daar is julle heeltemal verkeerd! Glo my, dit sal makliker wees vir al die esels en osse om in die hemel te kom as wat dit vir julle sal wees! Dit moet julle verstaan! Onttrek in die verste hoek en leer nederigheid! Eers dan kan julle kom en vra of daar dalk vir `n melkmeisie werk in die laagste hemele beskikbaar is, wat ek egter baie betwyfel! Gaan nou waarheen ek julle stuur! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205