Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 63 -

BISKOP MARTIN SE BESPREKING MET TWEE ANDER JESUÏTE EN TWEE LIGOURIANERS.

(Twee ander Jesuïete en twee Ligourianers gaan na Biskop Martin en sê): "Waarde en beste vriend, ons is dit heeltemal eens met die advies wat jy vir ons almal gegee het. Soos sake nou uitgekom het, het ons geen klagtes nie en indien ons `n klein werkie kan kry, sou ons baie tevrede wees met ons lot en sal niks beter wil hê vir die ewigheid nie. Maar as ons die ewigheid moet bestee sonder om iets te doen, sou ons totale uitwissing verkies bo `n lewe van niksdoen."

(Biskop Martin): "Vriende, kan julle lees wat geskryf is op hierdie ronde, wit tablet?"

(Een van die vier sê): "O ja, dit is iets heel onheilspellend: Dies irae, dies ilia! (Dag van die toorn, daardie dag!). Libera nos ab omni malo! (Red ons van alle kwaad!). Memento, homo, quia pulvis es et in pulverem reverteris! (Onthou, mens, dat jy stof is en sal terugkeer na stof!). Requiescant in pace! (Mag hulle rus in vrede!). Requiem aeternam dona eis, Domine, et lux Perpetua luceat eis! (Gee hulle, Meester, die ewige rus en mag die ewige lig skyn vir hulle!). Ex Profundis clamavi! (Ek het geroep uit die diepte!). Clamor meus ad te veniat!! (Mag my uitroepe julle bereik!). Vitam aeternam dona eis, domine, et sedere in sino Abrahami, et considere ad mensam illius, et comedere cum illo per omnia secuta seculorum, amen! (Gee hulle die ewige lewe, Meester, `n plek in die skoot van Abraham, laat hulle gaan sit aan sy tafel en saam met hom eet deur alle ewigheid, amen!).

Soos jy kan sien, kan ek dit nog lees, maar dit voel of ek duisende van miljoene jare gelede letters gesien het. Maar vertel my, wat van hierdie ou dogmatiese frases? Kan dit wees dat hulle hier in die geestewêreld toegepas word? Indien wel, is ons vooruitsigte vir die hele, lang ewigheid nie te goed nie! O, vriend, vertel ons hoe ons dit moet verstaan!"

(Biskop Martin): "Hoe anders moet dit verstaan word as wat dit geskryf is? Ek kan jou verseker, hierdie frases het geen ander betekenis as wat dit duidelik met hul woorde sê nie. Sê my, het jy ooit in die wêreld `n ander betekenis aan hierdie frases gegee as die een wat uitgedruk word deur hul woorde? As jy in die wêreld tevrede was met hulle, waar hulle vir jou geld ingebring het en `n verborge geestelike gesag, waarom sal hulle jou nou bekommer, wanneer hul mening prakties toegepas word op julle? Hoekom wil jy werk? Requiescant in pace; ergo requiescamus! (Mag hulle rus in vrede, daarom, laat ons rus!). Die rus in ewige vrede wat jy nou gevind het, almal van julle! Daar is ook lig hier, wat altyd deur die pragtige groot vensters inskyn. My huis is net soos die boesem van Abraham en die groot kas daar oorkant wat gevul is met goeie brood en wyn, is `n ware tafel van Abraham, waar almal van ons sal eet tot die dag van die oordeel en op daardie dag van toorn sal julle nie veroordeel word nie, selfs daarna nie vir ewig nie. Wat meer wil julle hê?"

(Een van die Ligourianers): "Jy is reg, vriend. Dit is waarskynlik wat ons moet verwag. Maar ek voel nog steeds dat dit verskriklik vervelig sal wees. Stel jou voor, om vir ewig niks te doen nie, sonder om enige verandering te verwag! Werklik vriend, dink aan die verveling in desiljoene aardse jare! O Meester, geen lewende wese sal in staat wees om dit te hou nie!"

(Biskop Martin): "Ja, maar wat is die nut van al jou redenasie? Weet julle nie dat dit geskryf is dat elkeen volgens sy oortuiging sal leef nie? Waarom het ons al die nonsens geglo as dit gebeur, dan geniet ons dit nie? As ons koppige esels was in die wêreld, moet ons nou met die verwesenliking van ons dwase geloof tevrede wees, of ons wil of nie. As ons in die wêreld `n wyser geloof gehad het, sou dit sonder twyfel baie beter vir ons hier gewees het. Maar almal van ons en ek is geen uitsondering nie, was net so gelukkig in die wêreld, as ons meer duisternis kon versprei. Daarom moet dit ons nie bekommer as ons hier begrawe is in ons eie sotheid nie, asof ons in die skoot van Abraham is. Is die wêreld nie vol ou esels, osse en hardekoppe, wat altyd babbel oor verligting nie? Selfs as hulle verligting en beter geestelike voedsel gegee word, het hulle dit geïgnoreer, bly by hul ou dwaasheid, voed op dieselfde ou kos en laat hulle oë fees op die skemerlig van hul beesstal, waar hulle die vieslike inhoud van hul geestelike mae kan herkou. Ons was ook soos esels, osse en hardekoppe! Daarom moet ons nie verbaas wees as die Meester baie ruim vir ons ou dierlike natuur voorsien nie. Diegene wat gelukkig was deur dwaasheid, laat hulle bly by wat hulle gelukkig maak! Diegene wat dit geniet om te slaap, kan hier na hartelus slaap! Diegene wat van ledigheid hou, laat hulle hier vir ewig rus! Vir diegene wat kos en drank geniet, daar is Abraham se tafel! Diegene wat hulle graag besig hou met maagde, hier neem die susters van liefdadigheid, die Opvoedkunde susters en die dames van die Heilige Hart! Ons het alles wat ons nodig het, Waaroor kla ons?"

(Hulle almal trek hul skouers op en sê): "Jy is natuurlik reg, maar ons wysheid veroordeel dit! Ons sou waarskynlik beter af wees as ons weer op die aarde kan leef soos paddas en na hartelus kwaak! Maar hierdie situasie kan nie nou verhelp word nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205