Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 64 -

EERLIK BELYDENIS VAN ‘N MINORIET. ROME AS DIE SKULDIGE. BEGIN VAN BEGRIP EN VERBETERING VAN DIE MINORIET.

(`n Minoriet kom vorentoe en sê): "Vriende, laat my `n paar woorde sê wat as dit van geen nut is nie, kan dit ten minste help om `n bietjie van die tyd van die ewigheid om te kry!"

(Al die geeste): "Goed! Ons sal bly wees om na jou te luister. Reeds in die wêreld was jy bekend as `n wyse, indringende redenaar. Gaan voort en spreek soveel as wat jy wil!"

(Die Minoriet): "Broers en vriende, in die wêreld het ons op `n manier twee evangelies gehad. Aan die een kant was daar die ou een deur Christus, die Meester en sommige van Sy dissipels en dan was daar die een van die Rooms-Katolieke Kerk, wat sê dat sy die enigste ware kerk is, omdat hulle geglo het en nog steeds glo, dat hulle die Heilige Stoel van Petrus geërf het en die sleutels hou vir die hemel sowel as vir die hel. Ons het `n eed geneem om getrou te wees aan hierdie kerk tot aan die einde van ons dae en alles te glo wat dit van ons vereis, om te glo, ongeag of dit in die Bybel geskryf is of nie! Ons het ook beloof om almal wat anders gedink of geglo het as ketters te sien en hulle te veroordeel. Ons het ons eed in detail gehou, selfs al was dit soms teen ons beter oordeel of gesonde verstand. Julle is almal bewus van die feit dat ons verbied was deur die kerk om die Bybel te lees, wat beskou was as `n dodelike sonde, behalwe op Sondae en dan slegs die baie verkorte Evangelies. Die res was net vir die teoloë toegelaat om te lees en te verstaan. In stede daarvan was daar vir ons die kerkvaders, die getydeboek, die legendes; ook die reëls van die orde, Ignatius van Loyola, die oorblyfsels, die beelde, die mis, die sakramente, die belydenis en ander dinge, baie wat ons nou openlik kan veroordeel as bose dwaasheid. Nou moet ons vra: Kan ons geblameer word vir ons optrede in stryd met die ware evangelie van Christus deur middel van die ordonnansie van die Rooms Kerk, wat ten minste toegelaat was deur God? In ooreenstemming met almal menslike en sekerlik ook die goddelike geregtigheid, die ware skuldige verantwoordelik gemaak moet word. En ons moet ingelig word oor watter houding ons moet aanneem vir ons ewige toekoms en hoe ons dit kan goedmaak wat ons onsself dalk verkeerd gedoen het."

(Die ander sê ): "Goed gesê! Ons het regtig jou toespraak geniet! Mag die skuldige verantwoordelik gemaak word! Die Heilige Stoel moet gestraf word en almal wat ons gedwing het tot optrede sonder dat ons tyd gehad het om dit te oordink en te verstaan, waarmee ons besig was en ons toestemming daarvoor gegee het, of anders! Ons was sonder ons toestemming gedoop en deur middel van hierdie voorbarige doop, was ons gedwing in die Roomse geloof, waardeur die kind in die baarmoeder reeds verantwoordelik is. Of is dit nie gek om `n pasgebore kind, deur middel van sekere verteenwoordigers, `n eed van trou te sweer sonder inagneming dat die kind, wanneer grootgeword het, nie eens mag wees met hierdie gelofte nie en gevolglik, in meineed gedwing word? Is dit nie totaal antichristelik nie? Christus self het gesê dat hy wat glo en hom laat doop gered sal word. Maar hoe kan `n persoon gedoop word voordat hy die Christelike geloof begryp en aanvaar het? Is die doop nie bedoel om `n lewende demonstrasie te wees dat iemand die Christelike geloof as sy enigste leidende beginsel in die lewe aanvaar het nie? En wat weet `n pasgebore kind van geloof, die Christelike geloof? Hoe meer jy daaroor dink, hoe meer besef jy die dwaasheid daarvan. Dit word beweer dat, as gevolg van die doop, vergewing van die oorspronklike sonde, sowel as al die sondes voor die doop, verkry kan word. Hoe absoluut dwaas is dit! Kan enige intelligente persoon `n kind veroordeel omdat sy ouers `n verstaanbare oortreding gepleeg het? En God, wie se wysheid die hoogste is, kinders van meer as die duisendste geslag verantwoordelik hou vir Adam se val? En vir enige sondes wat voor die doop gepleeg is, is dit redelik belaglik aangesien `n kind onmoontlik nie kan sondig in sy moeder se skoot nie! En watter sondes kan `n heiden hê wat so pas omgeskakel het na die Christendom, wat op sigself heidens genoeg is? Sy sonde sal teen sy heidense wette moet wees, omdat hy nog nie Christelike wette begryp nie, kan hy nie werklik teen hulle oortree nie. En die vergifnis van `n heiden se heidense sondes sou net die bevestiging van sy heidendom beteken. Dieselfde sou geld vir `n Jood, want om `n Jood te vergewe in die doop omdat hy vir so lank `n Jood was, sou die toppunt van dwaasheid wees!"

(Die Minoriet): "Vriend, ek is heeltemal met jou eens! Hierdie Roomse manier om Christene reeds in die baarmoeder te maak laat my nou dink aan die ou sprokies oor mense wat hulself aan die duiwel verkoop vir die laagste redes, mens is bykans verkoop aan die duiwel reeds in die moeder se skoot en word sy gevangene deur Rome! En hierdie antichristelike, die sogenaamde Eerste Christelike Kerk noem haarself die Moederkerk en haar hoof die Stedehouer van Christus; gevolglik plaasvervanger van God! Hoe vreemd - en tog waar - dat ons almal so verkeerd was en dit nie eers besef het dat ons sedert geboorte min of meer van die duiwel was nie! Die doop het ons bevry van die stomme oorspronklike sonde om ons kinders van God te maak. En watse mooi kinders van God was ons gewees! In plaas van uit die hel, was ons letterlik gedoop in die hel! En om seker te maak dat niemand ooit werklik bekeer en dink aan verbetering nie, was die bekentenis uitgevind om mens te paai vir alle dodelike sondes, waar ons priesters op totale vergifnis aanspraak kon maak. Hiermee was elke sondaar terug gegooi binne-in sy eie wasbak van ongeregtigheid, wat dit vir hom onmoontlik maak om ooit `n nuwe skepsel in Christus te word. O, broers, broers, dat God hierdie dinge toegelaat het om te gebeur, sal vir ons vir ewig `n onoplosbare raaisel bly! "Wees dan volmaak, soos jou Vader wat in die hemele volmaak is." Mooi volmaaktheid, inderdaad, as iemand `n dom hardekop moes wees en slegs nou, as `n gees, begin besef, te danke aan die hemelse lig, hoe verkeerd ons in die wêreld geleef het. Ons kan baie meer hieroor sê en sonder twyfel bewys dat die Heilige Stoel die skuldige is, ten volle verantwoordelik vir al ons foute. Maar, wat ons op hierdie stadium net ten dele verstaan, sien die Meester self duidelik in die helderste lig en Hy sal Hom ontferm oor ons, as ons almal wat betrokke was en nog steeds verantwoordelik is vir al ons duisternis, uit die diepte van ons harte vergewe. Dit is hoe ek daaroor voel. Wat is julle mening?" Al die ander, met die uitsondering van `n paar Jesuïete, is dit heeltemal eens met die spreker.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205