Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 65

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 65 -

BISKOP MARTIN VERLIG DIE GEESTELIK BLINDE JESUÏETE.

Nou neem Biskop Martin die Jesuïete terwyl hulle, hulle koppe krap en hul skouers optrek en hy praat baie reguit met hulle: "Hoekom keur julle dit af? Weet julle meer oor hierdie dinge as julle heel sinvolle metgeselle? Ek glo nie! Maar Ek weet wat julle wil doen en waarom julle nog onsekerheid het en ek sal julle sê wat dit is wat nog steeds julle oë met Moses se driedubbele bedekking toehou. Eerstens is daar nog julle oorspronklike koppigheid wat steeds julle verstand beheer en voorkom dat enige suiwerder lig in julle harte kom. Dan is daar julle vals oortuiging dat niks anders as die doop nodig is om `n Christen te wees nie. Die oomblik wat iemand gedoop is in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees, volgens julle verkeerde geloof, is `n Christen reeds gemaak. En ten slotte, in julle arrogansie en wellus vir mag, verbeel julle julself om die Meester se ware dissipels te wees, gevul met die Heilige Gees en toegerus met alle mag deur Hom om te doen wat julle wil. O, julle dwase! Waaraan kan julle dit bewys? Waar in die Skrif is daar `n teks wat julle dwaasheid regverdig? Glo julle die Meester het met julle antichriste gepraat toe Hy met Petrus en Sy ander dissipels gepraat het, toe Hy hulle uitgestuur het om die evangelie aan alle nasies te verkondig? Dit sê: "Ontvang julle die Heilige Gees: Wat julle ook al sal bind, of ontbind op die aarde, word gebind of ontbind in die hemel." Was julle al ooit in besit van die Heilige Gees? Kan die Heilige Gees ooit Homself weerspreek, of `n ewige wet verander? Of kan Hy wyser word en besef dat Sy oorspronklike wette onvolmaak is en moet deur beter wette vervang word? Het die Heilige Gees in die tyd van die dissipels geweet dat op `n later tyd verskillende tipes van monnike nodig sou wees om mense na die hemel te bring? "Dat hulle prente, oorblyfsels, tempels, klokke, fonte, wierook, ampsgewade, monnikskappe, kerke, kloosters, kelke, Monstranse, Latynse mis en `n duisend ander dwaashede benodig om die hemel te bereik? Hoe blind moes die Heilige Gees nie gewees het nie, dat Hy dit nie besef het reeds in die tyd van die dissipels hoe noodsaaklik dit alles was vir die mens se verlossing en dit nie onmiddellik ingestel het nie! Of sou die eerste Christene, insluitende Petrus en Paulus, eintlik almal van die duiwel wees, omdat hulle nie kerke, klokke, Latyns, mis, requiem, of wonderbaarlike beelde, selfs nie `n bekentenis, of die heilige olie salwings, sluiers, tapirs en so aan gehad het nie,? Kan julle regtig nie die dwaasheid daarvan sien nie? Deur ons gierigheid en wellus vir mag en sonder die minste evangeliese gesag en in stryd met die Woord van God en die leer van die dissipels, het ons, om so te sê, dade van aanbidding, wette en seremonies gemaak. Verstaan julle nie dat dit ons sondaars teen die Heilige Gees gemaak het nie, welke sondes soos geskryf, nie vergewe sal word nie, nie op aarde of in die hiernamaals nie? As julle eenmaal net oppervlakkig die suiwer Woord van die Meester met ons Rooms-Katolieke nonsens vergelyk, sal julle oë oopgemaak word en julle sal duidelik sien dat Rome niks anders as Babilon, die moeder van die hoere is, soos beskryf in Openbaring en gevolglik is ons, haar priesters, nie engele nie, maar duiwels in die ware sin van die woord. Daarom, liewe broers en susters, laat los al julle aardse nonsens en draai saam met my na die een God en Meester, Jesus Christus en almal van julle sal verlossing vind! Maar verstaan dit: Nie my arm goed bedoelde raad moet julle besluit bepaal nie, maar net jou eie wil en die stem van jou hart!" Nou is almal dit eens met Biskop Martin, behalwe die Dames van die Heilige Hart, wat sê: "Ons sal nie enige nuwe leer van jou aanvaar wat ons in die hel kan laat beland nie, maar ons sal getrou bly aan ons Roomse Moeder, totdat God self, of ten minste die geseënde maagd Maria, ons vertel wat om te doen. "

(Biskop Martin): "Dit ly geen twyfel nie, die Meester sal julle nonnies voorkeurbehandeling gee! As julle nie die evangelie julle leidende beginsel in die ewigheid maak nie, kan julle vashou aan julle dwaasheid en vir ewig voed op die vet van julle geliefde Roomse moeder! En die Meester se Wysheid sal daarvoor sorg dat julle nie te vet word, of te mooi nie! Want Hy het nogal `n effektiewe super homeopatiese dieet vir sulke dwase geeste, wat vir `n klein ewigheid kan aanhou, soos ek uit ervaring weet. Dus laat ons hierdie dwase dames in hul geloof los en in die Naam van die Meester, draai onsself na `n beter lig!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205