Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

-Hoofstuk 69 -

NOG ‘N WONDERWERK VIR BISKOP MARTIN. 'N TOETS VIR DIE MINORIETE EN DIE JESUÏETE.

(Biskop Martin): "Nou is ek self nuuskierig om te weet hoe en wanneer die groep van `n duisend geeste getoets sal word. Dit is onwaarskynlik om in hierdie huis te gebeur en in die oopte sal elkeen van hulle op `n ander plek moet wees. Ons is net twee en ek kan my self regtig nie indink hoe hierdie saak hanteer kan word nie. Ek dink nie dit is baie moeilik om in `n kudde van `n honderd skape die een verlore skaap van die nege-en-negentig te onderskei nie, maar hier is daar `n duisend so-te-sê heeltemal verlore skape en dus sal dit beteken om `n duisend verlore skape te volg. Luister vriend, dit sal `n uiters ongewone taak wees, op die stadium vir my onbegryplik."

(Borem): "Vriend en broer, moenie te veel vrae vra nie. Baie dinge wat in hierdie stadium onmoontlik vir jou lyk, is moontlik vir die Meester. Geeneen van hierdie geeste sal die huis verlaat nie, maar sal binne-in hulleself, oorgedra word na verskillende areas in al die detail wat ooreenstem met hul innerlike self. En as ons hul gebied betree, sal hulle ons sien en in staat wees om met ons te praat. Solank ons buite hul gebied is, sal hulle nie in staat wees om ons te sien nie, terwyl ons hulle voor ons sal hê, om deur te kyk na die agterkant van hul koppe, sal ons weet wat hulle doen en hoe hulle in ooreenstemming met die Meester se instruksies optree en of hulle op Sy weë wandel. Kyk, hulle is reeds in die sfere van hul innerlike waar hulle hoort. Hulle staan op dieselfde plek as voorheen en lyk asof hulle met mekaar praat, maar hulle doen nie, aangesien hulle mekaar nie kan sien nie, ook nie vir ons nie. Nou word hulle in gelid rangskik wat dit makliker maak vir ons om hulle dop te hou. Maar hulle is nie daarvan bewus nie, net soos iemand wat diep slaap nie bewus sou wees as hy met sy bed na `n ander kamer gedra word nie. Hulle staan reeds in gelid en ons kan die agterkant van elkeen se kop sien. Kom hier na hierdie Minoriet en kyk wat hy doen." Biskop Martin stap agter die Minoriet in en kyk deur die agterkant van sy kop, soos om deur `n vergrootglas te kyk. Hy sien `n skare van Evas. Die Minoriet laat hom egter nie ontstel deur hulle nie, maar leer hulle net, terwyl hy sy oë gevestig hou op `n helder ster wat opkom in die ewige ooste.

(Borem): "Hierdie een is reeds gered en saam met hom ook `n klomp ander. Maar laat ons voortgaan en kyk waarmee die Jesuïete besig is." Hulle albei beweeg agter die gelid van Jesuïete in en kyk na die agterkant van hul koppe. En wat sien hulle? Ongeveer dertig van hulle veg teen mekaar vir `n hele legioen hoere, begerig na hulle vlees. Die sterkeres gryp die meer wulpse hoere en los die ander vir die swakker Jesuïete. Laasgenoemde is baie geïrriteerd daaroor en begin te onttrek, met die voorneme om `n wraakaanval op die groep te loods en hul kollegas wreed te straf. En die swakker en minder wulpse hoere staan saam teen die ander, met die voorneme om hulle toe te takel en hulle te krap met hul skerp naels.

Biskop Martin hou hierdie toneel dop sonder `n woord, verbaas, maar ook heimlik geïrriteerd en weet nie wat om te sê nie.

(Borem het dit opgemerk en sê aan Martin): "Broer, wat dink jy van hierdie gesig?"

(Biskop Martin): "Ag, my liefste vriend en broer, regtig, ek sou dit nooit van hierdie hippokratiese uitvaagsels verwag het nie. Hulle gedra hulleself erger as wat jy sou verwag van honde en ape op die aarde. As ek jou krag en wysheid gehad het, met wat ek op die oomblik voel, sou ek `n miljoen weerligstrale tussen hierdie skare instuur. O, julle deur-en-deur uitvaagsels! Kyk, broer, daar is die skurk wat in Sjina vir verraad dood verbrand is tussen twee klipplate. Kyk hoe hy die pragtige Sjinese vrou martel - hoe hy die arme ding in stukke skeur soos `n aasvoël! Maar dit is verskriklik! Om Gods wil, ons mag dit nie toelaat nie!"

(Borem): "Vriend, dit is net die begin. Ons mag nie inmeng nie. Die situasie sal binnekort omgekeer word. Kyk, die Sjinese vrou ontsnap en sal gou hulp kry. Dan sal sy verskriklike wraak neem op die wrede Jesuïet. Kyk, sy staan en skree voor `n grot en daaruit stroom `n groot menigte baie gruwelike monsters. Hulle versprei en omsingel die groep Jesuïete aan alle kante. Hulle is nog onbewus van wat op hulle wag. Nou is hulle almal omring deur die monsters. Die Sjinese vrou, haar vel aan repe geskeur en met `n septer in haar hand, benader die groep Jesuïete wat nog steeds besig is met die naakte hoere. Nou kyk hierna en vertel my wat jy sien."

(Biskop Martin kyk vir `n kort tydjie, spring dan terug en sê, diep geroer): "Hoe vreeslik, o hoe vreeslik! Die Sjinese vrou, in `n rooiwarm woede, stap voor ons Jesuïet in en dit lyk of sy sê, "Ken jy my, jou ellendeling?” Die Jesuïete lyk kwaad en koppig en sê, "Ja, jou ellendeling! My vloek sal vir ewig op jou rus!” Hy beveel sy kollegas om die vrou weer te gryp en haar aan stukke te skeur. Maar op hierdie oomblik skreeu sy, "Terug met julle, julle vervloekte misleiers van die hele wêreld! Julle maat is vol! Nou is my wraak op julle!” Na haar woorde sien ek `n hele legioen groot, afskuwelike monsters hulleself op ons Jesuïete gooi en hulle aan klein stukkies skeur! Die Sjinese vrou neem die hoof van ons Jesuïet, die een wat haar oorspronklik aangeval het en smyt dit in `n afgrond, van waar `n vlam opspring. Nou smyt sy die ander oorblyfsels van hom agterna. Ag, as dit nie die werklike hel is nie, kan ek my nie `n leliker prentjie as dit voorstel nie! Moet ons nie dalk in hierdie geval ingryp nie?"

(Borem): "O nee! Die Meester sal dit Self hanteer! Ons is in elk geval te swak daarvoor! Maar terwyl hulle nog in gelid voor ons staan, is hulle nie verewig verlore nie. Net as sommige van hulle sou verdwyn uit hierdie ry, sou dit beteken dat ons niks verder met hulle te doen het nie. Maar een ding kan ek vir jou sê: Hulle is nie ver van die hel af nie. Alles wat jy nou net gesien het, is wat plaasvind in die gedagtes van hierdie geeste en nie in werklikheid nie. maar om as gedagtes soos hierdie te geword het, is die werklikheid nie ver weg nie. Jy het nou gesien wat in die harte van hierdie manne is. Dank die Meester dat ons dit alles veilig kan sien, figuurlik en dramaties. Nou weet ons hoe hierdie wesens is en ons sal sien of hulle gaan let op al die waarskuwings wat hulle ontvang het en hul aard en gesindheid verander na aanleiding van hierdie demonstrasie wat in hulle verstand ingeplaas is as `n soort van teenwraak deur die Meester self. Om aan stukke geskeur te word deur die monsters verteenwoordig `n groot vernedering, wat hulle tot hul sinne behoort te bring. Binnekort sal ons hulle weer as heel wesens sien en dan sal ons uitvind watse indruk hierdie demonstrasie op hulle gemaak het. Kyk, die hele Jesuïet skare klim nou uit die afgrond, waar die Sjinese vrou die een verskeurde man ingesmyt het!"

(Biskop Martin kyk na die toneel en sê): "Dit is waar, hulle kom almal weer in een stuk terug. Ek wonder wat sal hulle nou doen?" Aa, hulle houding blyk te verbeter het. Miskien kan hulle tog gered word; sommige lyk of hulle begin bid, te oordeel aan die uitdrukking op hul gesigte. Ek sal met my hele hart bly wees as hulle almal ten goede verander!"

(Borem): "Wat vir die mens onmoontlik lyk, kan deur God bereik word. Die eerste toets het min of meer gunstige resultate. Nou sal die ander volg en ons sal dan sien of hulle sal slaag. Ek kan jou verseker dat die volgende toets baie harder as die eerste sal wees. Kyk nou, die tweede bedryf begin onmiddellik! "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205