Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 70 -

TWEEDE TOETS VIR DIE JESUÏTE, MET INTERPRETASIE DEUR BOREM.

Biskop Martin begin weer kyk en sien `n karavaan pelgrims wat ons Jesuïete nader, met baie skatte en rykdom. Die Jesuïete sien dit, stop die karavaan en doen navraag oor sy bestemming en wat dit vervoer.

(Die karavaan): "Ons kom van die aarde af waar ons verskeie kloosters geplunder het, veral die rykes van die Jesuïete, wat die grootste rowers in die wêreld is. Om mense van hul dikwels swaar verdiende besittings te beroof deur middel van mooipraatjies, dwepery en skynheiligheid, sowel as vals konsepte van die hel en verdoemenis, is erger as openlike roof en diefstal. Elkeen het die reg om homself te verdedig teen rowers en diewe, maar slegs `n paar is in `n posisie om hulself te beskerm teen sulke Jesuïtiese, of ander monastieke rooftogte. Omdat al hul besittings onwettig is, is dit net regverdig dat ons daardie kloosters geplunder het. Nou moet ons, ons buit voor die troon van God dra, waar ons sal uitroep om wraak totdat die Meester ons versoek toestaan en hierdie bose en bedrieglike ras met al sy wortels vernietig." By die aanhoor hiervan, begin die Jesuïete met woede ontsteek.

(Biskop Martin, wat dit alles gesien het, sê aan Borem): "Broer dit lyk nou regtig sleg vir ons Jesuïete, of ten minste vir die dertig wat reeds by die vorige toets teenwoordig was. Ek sien ook die ander van hierdie orde, maar hulle bly apart van die dertig en hulle aparte groep lyk baie ligter."

(Borem): "Die ander is so goed as gered, net die dertig is nog wankelend. Kyk wat nou sal gebeur!"

(Biskop Martin kyk vir `n rukkie stil, dan sê hy): "Ag, ag, broer, om Gods Naam, ons moet iets doen! Hulle is volmaakte duiwels! Ek sou dit nooit gedink het van daardie orde nie! Luister, in geval jy die reaksie van die Jesuïete gemis het: Nadat die karavaan die vrae van die Jesuïete geantwoord het, het laasgenoemde in `n rooiwarm woede ontvlam en geskreeu: "Julle godsmoordenaars wat die tempel van God ontheilig! Julle het julleself in die hande van geregtige wraak oorgelewer, want ons is die Jesuïete wie julle beroof het en teen wie julle God se wraak wil afroep. Daar is geen twyfel dat God ons hier geplaas het, sodat ons julle kan oorlewer aan die verskriklike dieptes van die hel vir julle kerkskendery. Na die hel met julle duiwels, na die plek waar die baie bose duiwels is! Kom uit, Lucifer, Satan, Leviatan! Neem hierdie berugte ketters en gevolglik vervloekte duiwelse kwaaddoeners, martel hulle en gooi hulle waar die hel die warmste is!” Dit is regtig te veel, broer, wat hierdie manne wil doen aan daardie arme karavaan! Ek kan nie glo dat mense met sulke gedagtes ooit kan bekeer nie! Ag, kyk, drie afskuwelike gestaltes kom uit die dieptes. Hul verskriklike gapende monde, groot genoeg om `n hele huis in te sluk, spoeg vuur. Die karavaan word oorval deur `n verskriklike vrees toe hulle dit sien. Hulle sit die buit voor die Jesuïete neer en pleit om genade en vergifnis. Maar die Jesuïete toon geen genade nie, maar hulle skree in `n steeds toenemende woede: "Weg met julle! Daar is geen genade vir julle of vergifnis ooit nie! Die baie verskriklike marteling en ewige brandende vergeefse berou is julle lot en beloning vir julle dade in ewigheid! Gryp hulle, julle grootste en baie bose duiwels en beloon hulle vir ewig vir dit wat hulle aan ons gedoen het in die tydelike!" Die karavaan gaan voort om te pleit om genade, maar tevergeefs en die drie duiwels kom nader. Die Jesuïete verlustig hulle oor die bevreesde karavaan. Ag, hulle is werklik die grootste duiwels van die duiwels! Die drie duiwels neem hul tyd, oordink die verskriklike bevel van die Jesuïete. Maar daardie skurke het net een begeerte om hul arme slagoffers na die hel te stuur sonder genade of vergifnis. Kyk, nou praat die drie duiwels met hulle en sê dat hul uitspraak te streng en onregverdig is vir klein sondaars soos dié. Maar, die Jesuïete skree: "Ons oordeel is God se oordeel en dus regverdig! Dus weg met hulle, na die marteling!' Die duiwels skree terug: "Julle vra te veel! God het nooit uitspraak soos dit gegee nie! Ons sal doen wat julle wens, maar op julle eie risiko as julle versoek nie van God kom nie." O, broer luister, met `n verskriklike geskreeu van die ongelukkige karavaan' verdwyn hulle saam met die duiwels! Die Jesuïete bly, triomferend! Wat sê jy daarvan, broer? Is hulle nie perfekte duiwels nie?"

(Borem): "Moenie oor dit alles bekommerd wees nie, wat net soos reeds voorheen vermeld, `n beeld is wat homself manifesteer, danksy God se ingryping kan die afstanddoening van die bose dikwels bereik word deur die kwaad figuurlik uit die gedagte te werp en toon sy ware aard. Maar dit is `n soort van valse alarm, nie `n werklikheid nie. Daarom moet jy dit wat jy sien nie ter harte neem nie. Dit word alles uitgebring, danksy die Meester se groot liefde en hoogste wysheid en kan vergelyk word met die verskillende siektes van die mense op aarde. Alhoewel dit sleg vir die liggaam is, is dit tot groot voordeel vir die siel en soms selfs vir die liggaam, as dit veroorsaak dat sommige slegte stowwe uitgeskei word. So, hierdie manifestasies is kwale wat die siel saam gebring het en hulle moet met die hulp van geestelike medisyne uitgedryf word, net soos die fisiese uitgedryf word deur medisyne. Anders kan die siel nie weer gesond word, of sy gees ontwaak nie. Is dit nie `n feit op aarde dat, terwyl die liggaam siek is, sukkel die siel ook en is dormant? Sodra die liggaam sy gesondheid herwin, vind die siel weer geluk in die aktiwiteit. `n Soortgelyke proses is hier aan die gang. Al hierdie Jesuïete het baie siek siele. Deur die krag van die Woord van God, wat die enigste en baie kragtigste medisyne is, word die siekte uit hul siele gedwing. En wanneer hierdie operasie suksesvol afgehandel is, sal dit ons beurt wees om die genesing te versterk met die liefde van die Meester. Nou, liewe broer, miskien verstaan jy hierdie manifestasies nou baie beter en miskien sal hulle jou nie so diep skok nie, selfs as jy nog erger dinge as dit moet sien. Met elke siekte, is die laaste morbiede materie wat deur die medisyne uitgewerp word, die ergste, omdat dit die belangrikste siekteverwekker is. Dit geld ook hier. Daarom, moenie te veel bekommerd wees as jy die laagste euwels wat nou na vore kom uit die siele van die Jesuïete sien nie. Kyk nou as die derde bedryf `n aanvang neem, wat waarskynlik die laaste een is vir hierdie dertig Jesuïete. "


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205