Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 76

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 76 -

HARTELOSE GESINDHEID VAN DIE DAMES VAN DIE HEILIGE HART TEENOOR HUL OUERS WAT VERLANG OM HULLE TE BESOEK. DIE TWEE MANNE MET WIT MANTELS TREE TUSSENBEIDE.

(Biskop Martin): "Nou sien ek hierdie vieslike flenter Dames van die Heilige Hart van Jesus (wat `n jammerte oor daardie wonderlike naam!) haastig teruggaan na hul klooster. Wat vermoed hulle nou? O, daar buite in die tuin sien ek `n aantal baie hartseer en miserabele ou manne en vroue kamp. Ek wonder wat hulle wil hê en wie hulle is?"

(Borem): "Hulle is die ouers van sommige van hierdie dames en hulle is op soek na hulp van hulle, want na baie gesoek en aandring is vir hulle gesê dat hulle geseënde dogters in hierdie hemelse klooster is en voortdurend bid vir hulle redding."

(Biskop Martin): "Ag wat `n situasie, ek is al klaar jammer vir daardie arme, welwillende, maar onkundige ouers. Daar is `n ou man wat reeds by die hek lui, maar niemand antwoord nie. Hy lui weer en `n derde keer, maar tevergeefs. Nou begin die ou mense te smeek, te bid en te rou. Hulle het selfs begin om daardie nonnies met luide gebede te aanbid. Dit gaan regtig te ver! Maar nog steeds vertoon nie een van die vroulike salamanders hulself nie. Nou kan ek hoor dat die ou mense hard huil en snik en hulle skree: "Ag julle, ons geliefde, heilige dogters, kyk genadiglik op julle arme ouers vanaf julle hemelse trone! Laat ons julle laagste dienaars wees! O, gee ons, ons versoek, julle heilige maagde en bruide van God!” Vriend, broer, ek het nooit verwag van mense, ek bedoel Rooms-Katolieke mense, om so dom te wees nie! Alhoewel ek self `n biskop was en die wêreld gedink het van `n paar vroom lykende dwaashede, sou ek nie met iets soos dit in my bisdom opgesit het nie. Ek is met my hele hart jammer vir hierdie arme mense, of liewer, geeste,! Ek is regtig nuuskierig om te sien wat nou gaan gebeur. Geeneen van die voorwerpe van aanbidding is sigbaar nie. Waarskynlik weet hulle nou hoe hulle lyk en is verskriklik skaam dat hulle ouers hulle so sien. Daarom sal al die pleidooie en gebede verniet wees. Luister na hoe die arme goed huil en treur!

A, kyk, `n nuwe verskynsel! In die baie vensters van die klooster verskyn weerligflitse en donderweer begin, maar nie baie hard nie. Dit moet `n klooster, huisteater donderweer wees, maar die beligting lyk baie soos die ware Jakob. Luister, die donderweer klink na werklike woorde. Waarlik, die donderweer praat nou duidelik! Dit sê: "Terug met julle, vervloekte geeste, gaan weg uit die heiligdom van God, of die grond sal oopgaan en julle sal deur die hel ingesluk word, omdat julle dit gewaag het om julle goddelose voete daarop te sit! Vlug vir ewig weg voor ons heilige teenwoordigheid! O, hoe gemeen is hulle! Hulle is byna van die duiwel self en skaam om hulle baie beter ouers te woord te staan, hulle jaag hulle weg met hierdie maskerade. En die arme goed verlaat nou hierdie plek, huilend en snikkend. Wat `n helse begin vir hierdie drama! Ek is nou angstig om die verdere ontwikkeling daarvan te sien.

Nie ver buite die tuin nie, na die suide, het die arme ouers `n swaar belaaide vrugteboom bereik. Hulle rus nou daaronder en kyk na die klooster, wat nog steeds `n valse hoop en troos vir hulle blyk te wees, alhoewel die karige, misleidende demonstrasie hulle daarvan moes oortuig het dat hulle niks te hoop het van hulle veronderstelde geseënde dogters nie, behalwe miskien `n erger demonstrasie. Ek wonder wat ons dames nou gaan doen? Flitse van weerlig is steeds afkomstig van die vensters van die klooster en `n swak donderweer is nog hoorbaar. Die ou mense onder die boom het nou die vrugte ontdek en sommige van hulle begin te eet en geniet dit werklik. Hulle pluk gretig meer vrugte en gee daarvan aan diegene wat nie die moed het om hul eie te pluk nie.

Maar nou kan ek sien dat daar iets soos `n megafoon uit een van die kloostervensters gestoot word. Dit is gerig op die boom waaronder ons ou mense sit om te rus en die 'hemelse' gesig van die klooster te geniet, of miskien vir `n ander rede. Ek wonder wat sal ontwikkel met hierdie megafoon, wat dalk `n soort van Pandora se boks is? O aarde, kyk daar! `n Groot aantal uile verskyn uit die megafoon, hulle vlieg reguit na die boom waaronder ons arme, bedriegde ou mense rus. Daardie uile is al klappende rondom die boom en duik af op die mense daaronder en die arme ou mense word baie bang. Nou kom daar vlamme vermeng met woorde uit die megafoon, in die rigting van die boom. Die woorde lyk soos gloeiende slange en dit lyk of hulle deur die vlamme gedra word en is vol baie vreesaanjaende dreigemente. Dit is iets heeltemal anders vir `n verandering! Dit is `n bekende feit dat woorde geskryf kan word deur sekere tekens genoem letters. Maar ek het nie geweet dat woorde ook deur middel van sulke gruwelike vorms uitgedruk kan word nie. Nou staan die ou mense op en vlug so vinnig as wat hulle kan, gevolg deur die uile. Hulle is op pad na `n stroom wat ek nou net opgemerk het. Daar kan ek twee mans met wit gewade sien, dieselfde wie die hartelose dames wou doodsteek. Hierdie manne nooi die vlugtende ou mense om na hulle te kom, terwyl die uile, toe hulle die manne sien, omdraai en haastig terugvlieg na die klooster, waar hulle soos weerlig in die megafoon inskiet. Ook die slangwoorde en die vlamme trek vinnig terug. Die ou mense versamel rondom die twee manne en dit lyk of hulle in die rigting van die klooster gaan. Dit word werklik baie opwindend en ek is nuuskierig om te weet wat volgende gaan gebeur."

(Borem):"Dierbare broer, bewaak jou hart teen buitensporige nuuskierigheid, wat altyd gepaard gaan met kwaadwillige plesier. Wees net `n wyse waarnemer tot voordeel van jou eie gees, vry van nuuskierigheid. Aangesien hierdie tonele `n helse element sal bevat, is dit baie belangrik dat ons baie matig moet wees. Bly nou kyk sonder nuuskierigheid en vertel my alles wat jy sien."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205