Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 79

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 79 -

DIE OU MAN SE WOEDE BETREFFENDE ROME EN GOD SE VERDRAAGSAAMHEID. GELYKENISSE OOR DIE HEER SE GEDULD.


(Biskop Martin): "Die ou man praat weer met die boodskapper en sê: "Ek verstaan nou wat jy my vertel het en twyfel nie dat jy reg is nie. Maar as dinge is soos wat jy beskryf, sou ek graag wou weet waarom die Meester Rome enigsins verdra. Want in hierdie geval is Rome `n gruwel en geheel nie `n kerk van die Meester nie. Waar is Petrus, die rots, oor wie die poorte van die hel nie die oorhand sal kry nie? Rome eis dit vir homself en die Pous, as die sogenaamde adjunk van Christus op aarde en sit na bewering op daardie rots, voortdurend geïnspireer deur die Heilige Gees. So `n bewering, moet `n gruwel voor God wees! Verduidelik aan my hoe dit moontlik is dat die Meester dit kan verdra. Hy moet `n duisend maniere hê om so `n boosheid te beheer "

(Die boodskapper): "Dit is waar, my vriend, die Meester kan absoluut alles doen wat Hy wil. Maar wat sou jy sê van `n vader van baie kinders, indien hy die wat Hom ongehoorsaam is, onmiddellik teregstel? Sou almal nie sê: "Wat `n skande. Ons het nog nooit so `n duiwel van `n pa gesien nie!” Wat sou jy sê van `n heerser wat sy onderdane onmiddellik laat doodmaak vir die nienakoming van sy wette? Sou jy nie sê: "Ag, kyk, wat `n verskriklike tiran, wat `n onmenslike monster! So `n onmenslike vader mag die kinders redelik suksesvol weerstaan en die onderdane van so `n tiran kan opstaan in rebellie en hom doodmaak. As die Almagtige Vader Sy kinders so behandel, wat sou jy dink van sulke optrede aan die kant van God?

As die Almagtige Vader sou doen aan sy magtelose skepsels wat bloeddorstige skurke een keer aan die mense in Frankryk gedoen het, sou dit nie onbeskryflik wreed wees nie? Die Meester is baie goed bewus wat `n hoer Rome is, net soos Hy alles geweet het oor die egbreekster, Maria Magdalena en die vrou van Samaria by Jakob se put. Maar dieselfde verdraagsaamheid wat Hy aan hierdie drie vroue gewys het, wys Hy ook aan Rome en Hy verwelkom almal van haar verlore seuns as hulle werklik bekeer is, hoeveel hulle ook al die hoer, Rome die hof gemaak het. Wat die rots van Petrus betref, wat heers oor die poorte van die hel, het die Meester ons na hierdie verwys in `n aantal van die tekste in Sy Evangelie. So, byvoorbeeld, sê dit: "Hy wat glo aan die Seun, het die ewige lewe." Sien, dit is reeds `n rots! Dit is ook geskryf: "Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie, dit is binne-in julle." Daar ook is die ware, onoorwinbare rots van Petrus opgerig! En weer is daar geskrywe: “Hy wat my gebooie het en dit bewaar, dit is hy wat my liefhet en hy wat My liefhet, hóm sal my Vader ook liefhê en Ek sal hom liefhê en sal Myself aan hom openbaar." Ook daar is Petrus, die onoorwinbare, in die hart van die mens, wat alleen die ware, lewende kerk van die Meester is, as Hy, deur die lewende geloof wat liefde is, kom woon in die hart van die mens. Nou weet jy oor Petrus en waar hy is. Hou hou dus op om vrae te vra oor dom onsinnige dinge van die wêreld, maar soek eers die ware koninkryk van God binne-in jou en sy geregtigheid en al die ander sal aan jou gegee word." Die ou man buig nou diep voor die boodskapper van die Meester en so doen al die ander. Maar die paddas is steeds paddas; hulle lyk net `n bietjie minder opgeblaas. Een van hulle het baie klein geword en kom nou nader aan die twee witgeklede mans. Hoe nader dit kom, hoe kleiner word dit. Dit blyk `n goeie teken te wees.

Terloops, ek moet eerlik met dankbaarheid teenoor die Meester bely dat ek baie geleer het uit hierdie toneel en ek is nou sonder twyfel aansienlik wyser as voorheen. Maar die toneel word steeds al die tyd meer interessant en vreemder. Ek moet sê dat die beskrywing van die Jesuïete in hierdie geval uitstekend is. Dit neem regtig meer as goddelike geduld om sulke tipes wat erger as Sodom en Gomorra is, nie te straf nie. Dit is ook maar goed dat ek op hierdie stadium nie toegerus is met die Meester se mag nie, of dinge sou regtig sleg gewees het vir hierdie verleiers van die wêreld! Dog, die Meester se wil geskied! "

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205