Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 80 -

GELYKENIS OOR DIE KORING EN DISTELS.  MARTIN SE LIEFDE VIR DIE HEER ONTWAAK.  VOORTSETTING VAN DIE TONEEL MET DIE DAMES VAN DIE HEILIGE HART.

(Borem): "Dit is reg! Die Meester se beste en wysste wil geskied! Klaarblyklik is die distels minderwaardig teen die koring, wat min of meer dieselfde oor die hele wêreld is. As jy egter al die verskillende soorte distels bestudeer, vind jy die heerlike pynappel, die medisinale aalwyn en die vyedistel in Afrika, wat ryk is aan suiker inhoud. Hoe dwaas sou dit dus wees om die hele distels genus te veroordeel sedert die natuur toon hoe dit verbeter kan word. Koring bly koring, maar `n distel, veredel, kan `n pynappel word. So het `n Petrus, `n Jakobus, `n Andrias en so aan, gebly wat hulle van die begin af was, `n suiwer koringkorrel in die Meester se skuur! Maar onder die koring was daar ook `n baie stekerige wilde distel. Sy naam was Saulus. En kyk, die Meester het `n pynappel uit hom gemaak, die lekkerste vrug op die aarde. En wat die Meester toe gedoen het, doen Hy nou nog en ons kan net uit die diepte van ons harte sê: "O Vader, laat U allerheiligste wil geskied!"

(Biskop Martin, gedryf na trane, sê): "Ja, my liewe broer, Sy heiligste wil geskied in ewigheid! As ek Hom nou hier gehad het, sou ek Hom teen my hart kon druk in my oorweldigende liefde. O, my goeie Meester Jesus kom na albei van ons!"

(Borem): "Broer, nou het jy jou voet op die regte pad gesit. Jy het nou begin om Christus na jou toe te trek en redding is nie ver vir jou nie. Jy sal gou leer wat dit beteken: "Geen oog het gesien, of oor gehoor, of in die hart van die mens opgekom, die dinge wat God vir hulle berei wat Hom liefhet nie." Niks anders tel by die Meester as net die liefde nie en hierdie liefde vir Hom het nou in jou hart ontwaak. As jy in hierdie liefde bly en dit toelaat om te groei, sal jy gou vind wat dit vir jou sal doen. Maar kyk nou na die tablet en sê my wat jy daar sien."

Biskop Martin kyk vinnig na die tablet en skrik toe hy sien dat dit helderder as die son skyn. In hierdie glans, lees hy die woorde: "Broer, wees vir `n kort rukkie geduldig en ek sal met julle wees." Verras en gelukkig, sê hy:

(Biskop Martin): "O broer, ek voel `n verrukking wat ek nie gedink het moontlik is nie! Wat sal gebeur as hierdie liefde wat ek voel vir die Meester Jesus, voortdurend in my hart bly groei? Ja my liefde vir die Meester Jesus oorweldig my reeds, wil my in Hom absorbeer met my hele wese! Geliefde Jesus, nou eers besef ek hoe volkome wys en goed U is! En hierdie besef, wat tot dusver net soos `n helder droom was, is nou `n sekerheid. Hoe sien ek nou uit na die koms van die Meester, Wie ons sonder twyfel sal help om ons steeds bra koppig lykende gaste! reg te kry"

(Borem): "Ja, broer, dit sal gebeur so gou as hierdie dames die grofste dele van hulle materialistiese aard afgegooi het. Daarom, ruk jouself nou reg en beskryf die toneel wat jy sien, wat selfs meer interessant en opvoedkundig sal wees as tevore."

Biskop Martin konsentreer weer op die agterkant van die kop van die Dame van die Heilige Hart en bevind dat niks tot dusver verander het, sedert die afleiding van die glanstablet en sy gesprek met Borem nie. Maar nou draai die ou man weer na een van die mans in wit en biskop Martin volg aandagtig wat bespreek word. Hy sê uiteindelik:

(Biskop Martin): "Nou kyk hierna! Die ou man is baie slim! Hy roep die twee boodskappers om hul vermoë te gebruik om ten minste sy dogter te bevry uit hierdie gruwelike toestand, sodat hy saam met haar kan hemel toe gaan, sonder enige verdere uitstel, want hy raak desperaat verveeld. Hy verstaan dat die twee handel in ooreenstemming met die regverdige wil van die Meester. Maar `n gevoel van flouheid en pure verveling is besig om oor hom te kom en hy wil hierdie plek graag so gou as moontlik verlaat. Die ou man is glad nie dom nie! Maar die twee wyse manne in wit lyk nie eens met hom nie en een van hulle sê: "Vriend, geduld is die hoofreël in die lewe en dit geld hier net soos in die wêreld. Alles het sy tyd en tot die mate wat jy in jou hart die liefde en ware geloof in die Meester lewend maak, sal jou bevryding uit hierdie wanhopige verknorsing bespoedig word.

Maar ons krag kan jou nie op enige manier help nie, want weet dat in hierdie wêreld niemand deur middel van valse-vrome meriete hemel toe sal gaan nie, of deur middel van direkte of indirekte genade van die Meester nie, maar alleen deur middel van sy eie liefde vir die Meester en die gevolglike genade van die Meester Jesus Christus, Wie die enigste Meester en God van hemel en aarde is. En weet dit: Daar is geen hemel buite jou nie. As jy hemel toe wil gaan, moet jy dit in jouself oopmaak. Want ware lewe moet vry wees en `n lewe onder dwang is nie lewe nie, maar die dood! As ons jou bevry deur ons mag, sou jy nie vry word nie, maar veroordeel; nie lewendig nie, maar heeltemal dood. Vertel ons, sou jy enige iets wen deur sulke swak steun?" Die ou mense redeneer nou oor hierdie woorde, maar dit lyk nie of hulle die volle betekenis verstaan nie."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205