Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 81

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 81 -

VERDWYNING VAN DIE PADDAS IN DIE SEE, EN DIE OUERS SE SOEKE. BOREM SE VERDUIDELIKING.


(Biskop Martin): "Kyk, die een padda is nou aan die voete van die twee in wit en lek hulle voete! Een van die manne sê aan die padda en wys na die see: "Kyk, daar is jou element! Die padda sit en kwaak verstaanbare woorde, wat blyk te sê: "O, u magtige boodskappers, ek besef dat hierdie verskriklike see my element is wat ek nou verdien as `n ewige straf. Maar ek waag om by u te pleit om barmhartig te wees en nie God se oordeel in al sy erns toe te pas nie. Maar nie my wil nie, maar u wil geskied!"

(Die een sê): "Ons twee het geen wil anders as dié van die Meester nie, wat ewig onveranderlik is. Ons het jou hierdie wil te kenne gegee en dit is nou vir jou om te gehoorsaam. Kyk, jou element is daar! "Ag, die padda begin nou jammerlik te kwaak, krimp ineen en kronkel en soebat die twee om ten minste haar toe te laat om op die droë grond te bly.

(Die een sê weer): "Solank as jy nie bereid is om die voorgeskrewe pad te loop nie, kan jy nie gehelp word nie. "Nou draai die padda baie beklaenswaardig in die rigting van die see en gooi haarself in. Sy verdwyn - die water lyk of dit haar vir ewig ingesluk het. O, die arme padda! Ek moet sê, broer Borem, dat ek daardie arme padda uit die diepte van my hart bejammer. Maar aangesien dit die Meester se wil is, is dit goed op hierdie manier. Maar steeds, ek is baie jammer vir die padda. Nou gaan die ou man na die strand en sê: "As my arme dogter nie genade by die Meester gevind het nie, wil ek dit ook nie hê nie en vir my liefde vir my arme dogter sal ek myself in die see gooi om haar lot van die ewige verdoemenis te deel! Met hierdie woorde gooi hy homself in die see, maar sink nie, aangesien dit nie sy element is nie. Dit is vreemd, hy loop op die water asof dit droë land is, treurend op soek na sy dogter. Ek wonder wat sal die gevolg van dit alles wees? Ah, kyk, die ander paddas word ook kleiner en kleiner. Hulle lek nou ook die voete van die twee mans in wit. Hoe vreemd, nadat hulle hulself so opgeblaas het tot sulke reuse groottes lyk hulle nou soos die kleinste paddas op aarde! Hulle moet `n uiters taai vel hê anders sou dit bars met daardie enorme opblaas. O aarde, indien een van hulle moes bars toe hulle so groot was, wat `n ontploffing sou dit wees! Dit sou die see vir die helfte van `n ewigheid teruggedryf het. As hulle iets op aarde kon uitvind met die elastisiteit van die vel van dié paddas, sou dit die einde van rubber beteken. Vergewe my, liewe broer, vir hierdie kommentaar van my, met `n humoristiese tint. Dit is nog `n ou gewoonte van my. Maar hierdie ding is as sulks uiters amusant, veral as ek dink aan al die plooie wat die vel van dié paddas moet wys na so `n inkrimping! Ek weet dat in die oë van die Meester en Sy engele al hierdie manifestasies van uiterste goddelike ywer is. Maar vir een soos ek, is hulle dikwels baie snaaks. So het die Meester, sonder twyfel nie gelag toe Hy die esel sy twee lang ore gegee het nie, maar soos ek is moet ek lag by die aanskoue so `n langoor filosoof, maar heeltemal bewus daarvan dat die esel sy lang ore net so nodig het as die voël sy skaars sigbares. Net soos op die aarde daar baie dinge is wat verspot lyk en dus snaaks, so is dit hier, met vele manifestasies. Nie almal vind dit snaaks nie, natuurlik nie, maar slegs mense soos myself. Mettertyd, as jy hier enigsins kan praat van tyd, sal ek dit waarskynlik nie meer amusant vind nie. Maar in my huidige toestand kan ek net nie die humoristiese aspek heeltemal ignoreer nie."

(Borem): "Dis maar niks, geliefde broer. Ek is ook nie nors nie en die Meester nog minder. Maar die bespotlike gelag moet heeltemal uit die hemel verban word, want dit is, net soos oormatige nuuskierigheid, wat sommige kwaadwillige plesier wegsteek. Maar in jou opmerking oor die elastisiteit van die vel van die paddas was daar geen kwaadwilligheid nie, slegs die ingebore gevatheid in jou gees. Uiteindelik sal jy glimlag oor jou flou grappe wanneer jy besef hoe betekenisloos dit is. Maar konsentreer nou weer op jou klein paddas en kyk wat gebeur met hulle."

(Biskop Martin): "Ja, jy is reg, ek kan dit alreeds sien. Hulle lek nog steeds die voete van die twee mans. Sommige kwaak vir hulle, maar ek kan niks verstaan nie. Waarskynlik vra hulle ook vir die twee boodskappers vir `n algemene amnestie, maar dit lyk nie of hulle instem nie, maar hou aan wys na die see. Die klein paddas begin om harder te kwaak, klim op die voete van die twee mans, maar tevergeefs. die manne dreig hulle en nou hop die paddas in die rigting van die see en gooi hulle ook in. Al die paddas het verdwyn. Slegs die ou mense staan nog steeds op die strand, starend in die dieptes, in die hoop om nog `n kykie van hulle dogters te kry. Maar hulle kan niks sien nie, net soos die eerste een, wat nog steeds op die water ronddwaal op soek na sy dogter. Hy roep na die ander en vertel hulle dat die water so solied soos rots is. Maar hulle voel nie om die hardheid van die water met hul voete te toets nie, in plaas daarvan keer hulle terug na die twee mans in wit. Hulle doen navraag oor die lot van hul dogters en of hulle nou vir ewig verlore is. Die twee manne in wit antwoord nie, maar loop ver weg uit op die see. Die ou mense is nou in wanhoop. Sommige probeer om op die water te loop soos vereis deur die een en dit werk. Nou hardloop hulle almal uit op die see, met die voorneme om die twee mans te volg, maar dit is nie so eenvoudig nie, want die oppervlak van die water blyk glibberig te wees en hulle val oor mekaar. Die eerste een, die een wat homself in die water wou werp, maak baie goeie vordering, maar nie die ander nie, wat bly val en amper nie van een plek af beweeg nie. Dit sal interessant wees om te weet wat gaan gebeur met hierdie dames, of die paddas! Ek dink nie hulle kan in die hel wees nie, omdat hulle nog steeds hier staan, maar die Meester sal weet en kan beter as ek sien watter helse-elemente hulle nog besit.

Vertel my, liewe broer, wat is die ware betekenis van dit alles, die paddavorm, die see, die verdwyning van die paddas in die see, die ou mense wat nie sink nie en die twee boodskappers wat so ver weggeloop het? Alhoewel ek dit gesien gebeur en `n paar dinge uit dit alles geleer het, kan ek nog steeds nie hierdie manifestasies korrek interpreteer nie. Wees so goed om vir my te vertel wat dit beteken."

(Borem): "Almal, veral vroulike wesens, wat geestelike lewens lei met bid en vas ter wille van die hemele, maar vir wie die wêreldse voordele nog steeds die belangrikste is, verskyn in hulle naakte natuurlike stof soos amfibieë wat in staat is om in twee elemente te lewe. Die see verteenwoordig hul natuurlike element, want gedurende hul lewe op aarde, het hulle meer op die hart gehad as die geestelike. Daarom moet hulle, hulle nou in hierdie element gooi om die dwaasheid van hulle wêreldse begeertes te besef. Daarbenewens verteenwoordig die see ook die opeenhoping van hul groot dwaasheid, want om dit te herken, moet hulle nou na die bodem daarvan duik. Die slangkoppe van hierdie paddas beteken hulle arrogansie en kwaadwilligheid en hulle agteraf, berekende gedagtes, terwyl die skerpioensterte hul dubbele aanval en verwonding van diegene vir wie hulle sleg toewens agter hulle rug. Is dit nou vir jou duidelik?" 

(Biskop Martin): "Ja, broer, ek verstaan dit. Ongelukkig het ek baie sulke skynheilig, ultra pousgesinde gekonkel op aarde gesien, maar as `n biskop moes ek oogluikend toelaat wat ek gesien het. En hoekom, weet jy sekerlik!"

(Borem): "Net te goed! Maar luister! Die ou mense, is nie te slim om mee te begin nie en die meeste van hulle was van edele afkoms en het nog nooit `n kans gehad vir die bereiking van `n ander lig as die priester waaronder hulle onderworpe was nie. In die lig hiervan, het hulle al die kerklike reëls en regulasies as waarlik hemels aanvaar en het hul dogters aan die geestelikes verkoop, tesame met `n groot bruidskat. Nou is hierdie ou mense nog veels te dom om in staat te wees om aan die onderkant van hul domheid te kom. Dit is waarom hulle daarbo rondloop en gly en val soos `n esel op die ys. Daar is net die een wat `n bietjie wyser is as die res. Is dit ook nou vir jou duidelik?"

(Biskop Martin): "O ja, liefste broer, maar al te duidelik! En wat `n dans het die adel nou!"

(Borem): "Waar! Maar bly aandagtig kyk na hierdie toneel. Die eerste stuk het geëindig en die tweede gaan nou begin. En jy sal verbaas wees wat jy nou gaan sien!"

(Biskop Martin): "Ek sien uit daarna en ek is seker dat ek in staat sal wees om die gebeure baie beter as voorheen te verstaan. Net een ding wat ek jou tevore gevra het, liewe broer en wat jy vergeet het om aan my te verduidelik: Die wegloop van die twee wyse manne."

(Borem): "O nee, hier word niks ooit vergeet nie! Maar die betekenis van hierdie en baie ander manifestasies sal jyself moet soek en vind, omdat jy oefening in suiwer hemelse sake nodig het. Probeer jou eie interpretasie en sien hoe ver jou wysheid reeds reik."

(Biskop Martin): "Ek sien wat jy bedoel! Omdat jy reeds die ander dinge aan my verduidelik het, voel ek dat hierdie interpretasie nie te moeilik kan wees nie. Ek dink as volg daaroor. Die twee wyse manne is soos hemelse-olie, terwyl hierdie ou dwase aristokrate soos olierige teer op aarde is, vuil en stinkende. Dat die olie uit die hemel dit nie kan vat om naby die plek te wees nie, is verstaanbaar. Wat dink jy, broer? Is ek reg?" 

(Borem): "Jy is nader aan die waarheid as wat jy op hierdie stadium kan vat. Maar jy sal uiteindelik al die dinge verstaan tot die wortel van wat jou begrip tot nog toe nog nie kan deurdring nie. So, moenie langer dink oor hierdie saak nie, maar bly kyk na die agterkant van die kop van die vrou. Jy sal spoedig die oplossing vir dit alles vind."

(Biskop Martin): "Ek kyk reeds, broer. Sover het niks verander nie. Maar... o ja, daar is reeds iets nuuts!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205