Biskop Martin - Die ontwikkeling van `n siel in die hiernamaals
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206.

- Hoofstuk 85 -

DIE DREIGENDE RAMP. DIE OU SLANG, DIE TWAALF ENGELE VAN OORDEEL EN DIE PUT. GROOTSE OORWINNING EN DIE PRAGTIGE PRYS.

(Biskop Martin): "Dit is waar, natuurlik jy is reg! Anderkant die skans kan ek nou twaalf groot geeste sien, elk met `n groot swaard in sy regterhand. Maar wat `n swaard! Met so `n swaard kan `n gees die hele aarde soos `n appel in twee deel! Maar dan, hierdie geeste is groot genoeg om die hele aarde te vermorsel tussen twee van hulle vingers! O aarde, o aarde, die skans word meer en meer woedend. Broer, dit lyk soos die laaste oordeel vir my! Maar nou sien ek dat die water in die beker `n bietjie gekalmeer het en die hele groep lê asof dood onder die oppervlak van die nog steeds kragtig stomende water. Daar kom geen geluid uit die beker nie. Slegs die twee boodskappers praat oor iets, maar ek kan nie hoor waaroor dit gaan nie. Een van hulle hou `n staf in sy hand, soortgelyk aan die een van Aaron. Nou lig hy dit op. Ek wonder wat sal daarvan kom? Ah, kyk gerus na die skans! Dit kom nader en groei groter en lig sy rug hier en daar tot verstommende hoogtes. Wat `n verskriklike gesig! Nou kan ek die gruwelike hoof van hierdie helse monster sien. O God, hoe afskuwelik is dit en dit kruip die hele tyd nader! Nou lig hy sy verskriklike kop, sy gapende kake wyd oop asof om die hele skepping in te sluk. Hy kom reguit na die beker toe. As hy die beker moet gryp, sou dit in een van sy hol tande inpas. Nou het alles in die beker heeltemal kalm geword. Maar die aaklige put op die terrein van die voormalige klooster spoeg digte rook uit en nou sien ek reeds vuur en vlamme. Die monster is nie meer as `n duisend voet weg van die beker af nie. Wat gaan gebeur? Die twaalf groot geeste hou hul swaarde omhoog en hul oë is vasgenael op die boodskapper met die staf in sy regterhand. Hierdie een wys nou vir die monster om terug te trek, maar hy neem geen notisie nie, maar bly naderkom aan die beker. O, dit lyk baie dreigend! Die boodskapper wys weer met die staf, maar tevergeefs. Wat `n vreeslike gesig is dit as die monster, onverstoord nader en nader kruip na die beker, die boodskapper wys weer met sy staf, maar weer tevergeefs. O, o, sy kop het die beker bereik en hy sit sy lang dubbel tong daarom. Maar die beker is onbeweeglik en ook niks binne in word geroer nie. Die enorme dier word meer aanvallend. Weereens lig die boodskapper sy staf en beduie aan die monster om terug te trek van die beker, maar dit gee nog steeds nie enige aandag nie. Nou doop die boodskapper sy staf in die beker en wys na die twaalf magtige geeste. Hulle slaan hard en kyk, die monster is verdeel in twaalf dele! O aarde, watter woede, wat `n gekrul! Die afsonderlike dele kronkel en kronkel, spring rond op die uitgestrekte vlakte, soos individuele berge en geleidelik rol dit nader aan die afskuwelike put. Ag, en die kop is die ergste van alles! Dit spring hemelhoog, spot die twaalf geeste met so `n onbeskryflike woede dat dit hulle sekerlik laat sidder. Maar nou dryf een van die boodskappers die kop met sy staf in die rigting van die put en God dank, binne in! Rook en vlamme skiet uit en, o, wat `n krakende geraas. Dit is verskriklik. Ook die ander elf dele word in die put gestoot deur `n onsigbare krag en die geknetter en rook en vlamme gee die indruk asof die hele aarde aan die brand is. Hierdie donderende lawaai is so verskriklik dat dit my byna sprakeloos laat. `n Mens sou die tong van `n vurige gerub nodig hê om in staat te wees om die verskrikkinge van hierdie woede komende uit die put te beskryf. Maar laat dit woed, Ek is net dankbaar dat hierdie afskuwelike gedierte nou in helse bewaring is. Dit lyk nie asof hierdie monster so maklik hier sal uitkom nie.

Die twee boodskappers is weer by die rand van die beker en ook die twaalf groot geeste kom nader. Maar hoe nader hulle kom, hoe kleiner word hulle. Is dit nie vreemd nie? Hulle was sulke kolossale reuse en nou is hulle skaars groter as die twee witgeklede boodskappers.

Hulle het nou die twee boodskappers bereik. Maar wat sien ek nou? Hulle buig baie diep, veral voor die een wat die Aaron staf hou. Dit moet tog beteken dat hy `n engel van die hoogste hemele is! Nou praat Hy met die twaalf: "Broers, tel op die beker en dra dit oor na die poort van die hel. Plaas dan die staander bo-op die poort om te voorkom dat die bose maklik kan uitkom om hierdie arme groep af te trek, vir wie se herlewing in My al die kragte van die hemel gebruik was. Laat dit so wees” Die twaalf, tel nou die beker op en dra dit versigtig na die put, waar hulle die staander daarbo plaas so dat daar nie meer rook kan uitkom nie. Die staander van die beker skyn dit lugdig te seël. Die hele omgewing lyk al baie vriendeliker! Ek sien iets anders, die hele groep in die water van die beker begin te roer. God dank dat hulle weer lewendig word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205